Dodetal in Gasa styg

Foto: UNRWA/Facebook

Foto: UNRWA/Facebook

‘n Tienerseun en ‘n vrou is Sondag dood nadat Israel vir die sesde agtereenvolgende dag sy lugaanvalle op Gasa voortgesit het.

Die dodetal staan reeds op 166. Ashraf al-Qudra, woordvoerder van die nooddienste, sê een van die lugaanvalle was op ‘n huis in Jabaliya. ‘n 14-jarige seun het in dié aanval gesterf.

Kort hierna is ‘n vrou dood na ‘n lugaanval op ‘n vlugtelingkamp in die sentrale deel van Gasa. Inwoners van Qudra is intussen versoek om te vlug nadat die Israeli-weermag aangedui het dat hy aanvalle in die area gaan verskerp.

Meer as ‘n 1 000 mense is reeds gewond sedert die aanvalle begin het. Saterdag was intussen die bloedigste dag met minstens 56 mense wat gesterf het. Die grootste aanval was kort voor middernag in die Tuffah-distrik waarin 18 mense dood is.

Israel het Dinsdag met Operasie Beskermingsvoordeel begin in ‘n poging om Hamas se infrastruktuur te vernietig. Sedertdien het nagenoeg 660 vuurpyle in Israel getref terwyl sowat 173 onderskep is.

Lees ook:
Gasa-aanvalle: 121 sterf in vyf dae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B.J van Niekerk ·

Dit sou noggal lekker wees om geballanseerde beriggewing te kry en te hoor hoeveel Israeliese mans vrouens en kinders in die vuurpylaanvalle dood is…. Wag in spanning om te kyk of u aan hierdie versoek voldoen! :-D

Tokkie ·

@BJ van Niekerk – ons gaan lank wag want die wêreld is mos aan die sg onderdrukte Palestyne se kant, maar ek sal saam met jou in afwagting bly vir die antwoord op jou vraag.

Canned Phantom ·

Sedert 2005 vandat Israel uit Gaza onttrek het is daar reeds meer as 8000 vuurpyl aanvalle gedoen op Israel. In 2012 tussen 14 en 21 November alleen was daar 1506 aanvalle. (Bron http://www.idfblog.com ) Nêrens sien ek sterfte syfers nie, maar daar was baie skade aan geboue en ander eiendom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.