Dodetal styg in verwoestende brande

Foto: AP Photo: Thanassis Stavrakis

Italië en Roemenië gaan brandbestrydingsvliegtuie stuur om Griekeland te help om verwoestende veldbrande wat reeds die lewe van 74 mense geëis het in bedwang te probeer bring.

Macedonië, Kroasië, Turkye en Spanje het ook hulp aangebied. Die veldbrande wat aan Griekeland se kusgebiede woed het talle huise en motors in puin gelê.

Reddingswerkers het intussen liggame in die see gevind van mense wat van die vlamme probeer vlug het. Meer as 180 mense word in hospitale behandel.

Foto: AP Photo: Thanassis Stavrakis

Alexis Tsipras, eerste minister van Griekeland, het drie dae van rou afgekondig. Hy het gesê dit is ter nagedagtenis aan die mense wat hul lewens in die brande verloor het.

Pous Franciskus het intussen gesê hy bid vir Griekeland en hou brandbestryders en reddingswerkers in sy gedagtes.

Angela Merkel, die Duitse kanselier, het ook haar meegevoel betuig en gesê haar land sal bystand bied soos nodig.

Foto: AP Photo: Thanassis Stavrakis

Die twee grootste brande het Maandag naby Rafina, sowat 30 km oos van Athene, en naby Kineta, sowat 55 km wes van Athene, uitgebreek.

Pole het intussen gesê ʼn Poolse vrou en haar seun het verdrink toe die boot waarmee hulle die gebied verlaat het, omgeslaan het.

Die brande hou tans geen bedreiging vir Griekeland se bekende antieke monumente in nie. Die brande is die ergste in meer as tien jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Meegevoel met al die verliese, net God kan Julle troos en deur die ramp dra ! Ook in die dae, maande en Jare wat kom ???

Bome ·

Iets is nie pluis met hierdie ‘brande’ nie. Hoe is dit moontlik dat die karre op die fotos erg beskadig lyk, terwyl die geboue, en selfs bome en ‘n paal met elektriese drade nie verbrand het nie?? Dit lyk of die karre daar ‘neergesit’ is.

Jane ·

Dit is iets verskrikliks, net ‘n tegniese puntjie hoekom het so baie mense op die strande doodgebrand? Dalk kan iemand lig vir my daarop werp. As ek dink aan ons Kaapse of Durbanse strande is daar vir kilometers net sand na die laaste klein plantjies op die duine, hoe kom die vlamme tot by die see? Ek voel aaklig oor die dood van die mense . niemand verdien om dood te brand nie, sou net graag wou weet hoe kom die vlamme tot by die see van die land se kant af?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.