Dodetal styg in verwoestende veldbrande

Dele van Kalifornië loop feitlik jaarliks onder veldbrande deur, soos dié een in Julie verlede jaar. Foto: Facebook

Minstens nege mense is dood en meer as 150 000 ontwrig terwyl twee groot veldbrande in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië woed.

Vyf mense is dood in hul motor aangetref op ʼn dorp in die noorde van die staat wat heeltemal deur die sogenaamde Camp Fire in puin gelê is, berig die BBC.

Na die weste van die stad Los Angeles het die sogenaamde Woolsey Fire oor ʼn groot snelweg gespring en koers gekies na die kusgebiede, onder meer die dorp Malibu, waar sommige huise reeds in puin gelê is.

Albei brande versprei vinnig terwyl sterk wind hulle aanblaas.

Die brand by die dorp Paradise in die noorde is Donderdagoggend kort ná sonop aangemeld. Teen sononder het dit reeds 73 km2 verwoes en kon brandstryders dit geensins bedwing nie, berig Al Jazeera.

Midde-in die chaos kon beamptes nie sê presies hoeveel mense beseer is nie, maar onder hulle tel twee brandbestryders en ʼn hele aantal inwoners.

Brandbestryders het inwoners gehelp om hul woonplekke te ontruim terwyl ontruimingsentrums op nabygeleë dorpe ingerig is waarheen ontheemde inwoners van Paradise kon gaan.

Vlugtende mense het vertel hoe hulle uit hul huis gekom het, maar toe in verkeersopeenhopings vasgeval het terwyl die vlamme nader gekruip en tot ontploffings gelei het namate die brand alles in sy pad vernietig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Trump se standpunt jeens die aanvalsmagte vanuit die suide het moontlik hierdie vuur-en-vlam nagmerrie aangevuur. Die duisende Meksikane wat so lekker hier uitspan wil met alle mag die VSA oorspoel he sodat die gans wat die goue eier le, bygekom kan word min wetenende dat menige sulke neste vernietig word… insluitende jou eie.

Beulah ·

Jammer om jou bubble te bars maar dit is hewige droogte. Elke jaar se ding. Gelukkig is mnr Trump onskuldig op hierdie een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.