Dodetal styg ná aardbewing in Japan

Een van die paaie wat beskadig is ná die aardbewing in Atsuma, Hokkaido (6 September 2018) Foto: Xinhua/Deng Min)

Die dodetal het gestyg ná ʼn aardbewing wat tot grondstortings in die noorde van Japan gelei het.

Minstens 30 persone is dood en minstens 400 het geringe beserings opgedoen ná ʼn aardbewing van 6.6, aldus die plaaslike regering van die noordelike Hokkaido-eiland. Ongeveer 40 000 reddingswerkers, snuffelhonde en 75 helikopters is steeds op soek na oorlewendes.

Kragvoorsiening na ongeveer 3 miljoen huise op Hokkaido is afgesny toe die aardbewing Donderdag ʼn aanleg, wat elektrisiteit aan die gebied verskaf, beskadig het. Eerste minister Shinzo Abe het gesê die kragvoorsiening is intussen grootliks herstel.

Die regering sal noodfondse beskikbaar maak om kos, water en brandstof vir kragopwekkers by hospitale te verskaf.

Internasionale vlugte by die hooflughawe in Sapporo het vandag weer bedrywighede hervat en sneltreindienste is Vrydag weer beskikbaar gemaak.

Die aardbewing is die jongste in ʼn reeks natuurlike rampe wat die land tref. Westelike dele van die land spook steeds om te herstel ná ʼn tifoon die land getref en minstens elf lewens geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Her ·

Kan iemand my se hoekom Afrika nie aardbewings kry nie? Vra maar net

SNEL ·

Her, ek is geen kenner, maar so ver ek weet is daar earthquake fault lines wat nie orals oor onder die aardkors hardloop nie, en dis net die plekke waar hulle hardloop wat so getref word. Hulle is ook verantwoordelik vir tsunami’s (dis net n aardbewing in die see en nie op land). Dis soos vulkane, dit is daar, maar dis nie oral nie. Google earthquake fault lines, glo jy sal al jou vrae daar beantwoord kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.