Die amptelike dodetal van die modderstorting in Washington, Amerika, het tot 28 gestyg.
“Altesaam 22 slagoffers is reeds uitgeken,” het die kantoor van die mediese ondersoeker in Snohomish gesê.
Die modderstorting het op 22 Maart in die plattelandse gebied, Snohomish, plaasgevind. Geen waarskuwings is voor die ramp uitgereik nie. Modder, bome en puin het ongeveer 24 huise platgevee en verskeie mense is kritiek beseer.
Lees ook:
Video: Baba ná modderstorting gered
Video: Gesin se hond oorleef modderstorting
Modderstorting: Dodetal kan skerp styg
Modderstorting eis minstens 16