Dodetal styg ná skietery by moskees in Nieu-Seeland

Massa-skietery in Nieu-Seeland (Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Minstens 49 persone is dood tydens ʼn massaskietery by twee moskees vol aanbidders in Nieu-Seeland wat Vrydagoggend ʼn gebedsbyeenkoms bygewoon het.

Die eerste minister het dit as “een van Nieu-Seeland se donkerste dae” beskryf.

Een man is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Volgens owerhede was dit ʼn “noukeurig beplande rasse-aanval”. Polisiebeamptes het ook plofstoftoestelle in ʼn motor gevind.

Nog twee gewapende verdagtes is in aanhouding. Die polisie probeer bepaal hoe hulle met die voorval verbind word.

Eerste minister Jacinda Ardern het gesê die gebeure in Christchurch verteenwoordig “ʼn buitengewone en ongekende daad van geweld” en talle van die slagoffers is moontlik immigrante of vlugtelinge. “Dit is duidelik dat hierdie nou slegs as ʼn terreuraanval beskryf kan word,” het Ardern gesê.

Minstens 48 persone word by Christchurch-hospitaal behandel vir skietwonde. Beserings strek van gering tot kritiek.

Die polisie het ná die skietery drie mans en ʼn vrou in hegtenis geneem. Die polisie het later aangedui een van die inhegtenisnemings hou nie met die skietery verband nie.

Die nasionale lugredery Air New Zealand het minstens 17 vlugte van en na Christchurch gekanselleer.

ʼn Man, wat aanspreeklikheid aanvaar vir die skietery, het in ʼn 74 bladsy lange anti-immigrante manifes verduidelik wie hy is en die motief vir die aanval bekend gemaak. Hy het gesê hy is ʼn 28-jarige wit Australiër en ʼn rassis.

Scott Morrison, Australiese eerste minister, het bevestig een van die persone in aanhouding is in Australië gebore.

ʼn Video wat klaarblyklik regstreeks deur die skieter uitgesaai is, wys die aanval in grusame besonderhede. Die skieter spandeer meer as twee minute in die moskee terwyl hy op die aanbidders losbrand. Hy loop dan uit straat toe en begin op persone op die sypaadjie skiet. Kinders se geskree kan in die agtergrond gehoor word. Hy keer dan terug na sy motor om nog ʼn geweer te kry.

Hy loop terug na die moskee waar minstens 24 persone op die grond lê. Nadat hy weer na buite loop en ʼn vrou skiet, klim hy in sy motor waar die liedjie “Fire” deur die Engelse musiekgroep “The Crazy World of Arthur Brown” oor die luidsprekers gehoor kan word. Die sanger skree: “I am the god of hellfire!” Die skieter ry daarna weg en die uitsending sluit.

Minstens sewe persone is dood tydens ʼn tweede skietery by die Linwood-moskee ongeveer 5 km van die Al-Noor-moskee. Nog ʼn persoon is by Christchurch-hospitaal oorlede.

Die man wat verantwoordelikheid vir die skietery aanvaar het, het gesê hy het slegs na Nieu-Seeland gekom om die aanval te beplan en daarvoor voor te berei. Hy is nie ʼn lid van enige organisasie nie, maar gee skenkings aan en het interaksie met talle nasionalistiese groepe.

Hy het gesê die moskees in Christchurch en Linwood sal die teikens wees, asook ʼn derde moskee in Ashburton, as hy dit tot daar maak.

Die man voer aan hy het Nieu-Seeland gekies vanweë die ligging, om te wys dat selfs die mees verafgeleë dele van die wêreld “spring nie massa-immigrasie vry nie”.

Massaskietery in Nieu-Seeland is seldsaam. Voor Vrydag se aanval was die dodelikste skietery in moderne geskiedenis in 1990 in Aramoana, toe die skieter David Gray 13 persone doodgeskiet het ná ʼn onderonsie met ʼn buurman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

jaco ·

Almal is stil wanneer Christene in Moslemlande sleg behandel word. In Turkye, Egipte en Jordanië is hulle 2de klas burgers met minder regte as die Moslems. Daars ook baie diskriminasie teen hulle as dit kom by werkaansoeke en bevordering. In Irak is hulle na 2003 so sleg behandel dat 1 miljoen van hulle gevlug het. In Libië word Christene summier doodgemaak. En so kan ek aangaan en aangaan.
Die wêreld is stil oor dié goed.

Alice ·

Jaco stem absoluut 100% saam. Kry nuusbriewe van die organisasie Geopende Deure en sommige Christene word op die wreedste maniere moontlik vervolg en doodgemaak.

pb ·

Almal is nie stil daaroor nie?? Verstaan nie wat jy probeer se nie? Wat hier gebeur is so onaanvaarbaar soos die vervolging van christene…onskuldige mense het gesterf.

Edward ·

Dit is waar.
Maar dit wys ook net weer hoe min gewete het Moslem-lande vir wat hul doen.

Marita ·

Absoluut, Jaco. Dis werklik skokkend om op sosiale media te sien hoe geen anit-Moslemsentiment geduld word deur sogenaamde Christene nie. Geen traan of bitter min trane word op sosiale media gestort oor die daaglikse vervolging, marteling en doodmaak van Christene deur Moslems nie. Mense se ware kleure en sentimente kom al hoe sterker deur.

tg ·

hoekom verlaat die mense hul eie land en trek na n ander een met ander leefwyse

Willem ·

Vra vir al die Hollanders. Franse, Duitsers en ander Europeërs wat die afgelope 300 jaar Afrika toe getrek het. Jou voorouers was immigrante nes die ander mense wie ‘n heenkome elders soek.

linde kemp ·

jy vra hoekom ons ons land verlaat? omdat ons nie meer welkom daar is nie. omdat ons n veiliger bestaan vir ons kosbare kinders wil hê. omdat ons met oop deure kan slaap. omdat my seuntjie tot donker in d parkie kan speel saam met d hele buurt se kinders…. en dit sluit omtrent elke nasie onder die son in. omdat my dogter tot laat kan uitgaan saam met vriendinne en nie die risiko van verkragting loop nie. omdat ek my kennis wou verbreed oor ander nasies….en glo my, ek het al sóveel geleer …. omdat dit n heerlike avontuur is waar jy so baie van jouself leer. omdat alle mense regoor die wêreld eintlik maar inherent dieselfde is …hulle lag en huil oor dieselfde dinge, het lief op dieselfde manier en so verskil ons leefwyses eintlik minder van mekaar as wat jy sou dink. so ja- ek hoop dit antwoord jou vraag. en nee- ek is nie kwaad vir suid afrika of gevul met haat teenoor my mede-afrikaners nie. ek het nie ge”hensop” soos party van my geliefde landsgenote my graag toesnou nie. wat in gister in nz gebeur het is tragies en kan enige plek gebeur.

Doppies Caprivi ·

Tragiese gebeurtenis, maar skynheilige

Twyfel of Nieu-Seeland ooit hul aandeel in die gruweldade van die Anglo Boere-oorlog teenoor onskuldige Boere vrouens en kinders as “buitengewone en ongekende dade van geweld” beskou het en om verskoning gevra het daarvoor. Allermins. Hulle het monumente opgerig vir hul “dapper soldate” wat die Boere kom help uitdelg het om hul minerale rykdom te bekom en plase help afbrand en plunder, en vrouens en kinders in konsentrasiekampe ingedwing het waar hulle in hul duisende in walglike omstadighede soos diere in die veld omgekom het. Laat sak jul kop ook in skaamte daaroor NZ, en ween.

Tweetie ·

Orals verrys moskees soos paddastoele in die Westerse lande, wil sien wat gebeur as Christene kerke in hulle lande gaan begin bou.

Theuns ·

Hoekom ‘n moskee in ‘n plek met die naam Christchuch? In vele Moslem lande mag geen kerk gebou en aanbid word nie. Hoe lank sal die Vader die wêreldwye minagting teenoor Hom en vertrapping van sy kinders duld?

Co ·

Eerste ding wat by my ook opgekom het, waarom sal ‘n moslem na Christchurch verhuis? Is so goed ek verhuis na Mekka!

Maro ·

Dis baie tragies. Jammer vir al die onskuldige mense wat so ñ sinnelose dood gesterf het. Die wreedheid van d mensdom ken geen einde nie. Mag die skieter bitterswaar gestraf word.

Sanna ·

Dis nie rassisme nie. Dis geloofsonverdraagsaamheid. Met ‘n kopskuif kan als oorbrug word, dna kan nie herweef word nie.

Johanna Botha ·

En op eie bodem word daar 52 mense elke dag vermoor deur verskillende mense ?

Ook video gesien ·

Ek het ook die video gesien . . . . was tydens my diensplig jare ‘n paramedic en het baie skokkende tonele gesien . . . . MAAR;
Belowe jou, jy wil nie daai video sien nie

Melanie ·

Theuns die wêreld gaan ‘n baie donker tyd binne en ons kan nog veel erger dinge verwag. Volgens God se woord moet al hierdie dinge gebeur. En DAN kom die einde. God gee ons genoeg tyd om na Hom te draai.

Rooi ·

Hoekom? So sinneloos, die skuldiges het sekerlik geen aandag by huis gekry nie. Dis presies wat in SA gebeur. Al diegene van verskillende rasse wie so rassisties is kry heel moontlik geen aandag by die huis nie. Leer om weer jou medemens lief te hê en the world van be a better place.

Karlien ·

Ons is amper almal immagrante.
So wat sê julle nou eintlik? Kom ons skiet alle immagrante dood want die wêreld is dan eintlik net gegee vir die paar miljoen Europieers en Moslems wat reg van die begin af nooit gemigreer het nie?

Rupert Ashford ·

Voel so bitter jammer vir die mense van Christchurch dat dit juis daar moet gebeur. Daar heers nogsteeds ‘n gees van verslaentheid en hartseer na die aardbewing nou byna 10 jaar gelede. Was laasjaar November daar en mens het net die gevoel gekry dit begin uiteindelik beter gaan. Nou dit….

Fonnie ·

Maak nie saak wat jou geloofsoortuiging is nie. Jy maak nie so nie. Dit is onaanvaarbaar. Die Woord leer ons ” Die oordeel kom jou/ons nie toe nie”. Ons mense se koppe is te vlak om te oordeel.

Pitbul ·

As jy na die video kyk van die slagting, kan jy sien die mannetjie het te veel video games gespeel. Ek verafsku sy dade…

Anel ·

Die man het nie ‘n sagte teiken geslaan nie. Hy het MANS geteiken. Mislems het geen gesag of respek vir vrouens nie. As hulle hulle bomme plant us dit tussen gewibe mense, vrouens en kinders. Ek verstaan hoe hy voel. Hy kry nie werk nie wanr uitlanders en veral moslems word voor getrek. Hulle kan hulle moskees elke 10 tree oprig want hy wil nie te vêr ry vir sy afgod nie. Hoekom bly hy nie in sy land nie? Ek kan nie aandring op ‘n kerk in sy land nie. Nog minder kan ek as christen met veiligheid na sy land toe gaan. Nie dat ek ooit belang stel nie. Hier in ons land word daar deesdae spesiaal “bidkamers” by die inkopiesentrums vir hulle ingerig dat hulle sommer hulle ding daar kan doen. Die spul is siek.
Nou word daar groot bohaai gemaak daaroor hier by ons, maar dieselfde gebeur elke dag met ons as blankes. Die wêreld het siek geword.

TN ·

Jy verstaan hoe hy voel ? En praat indirek sy verfoeilike optrede goed !? Geloof is die enkele grootste bedreiging vir wêreld-vrede wat daar is __ elke dowwe koppie glo dat sy ” pie in the sky ” die enigste een is . Geen ateïs of agnostiese persoon loop mense en vermoor omdat hulle anders dink nie en natuurlik , hulle neem SELF verantwoordelikheid vir hulle dade , geen mite gaan hulle vergewe nie en daar is nie genoeg maagde in die ” hemel ” om hulle te vergoed vir sulke wandade nie !

Wilmarie ·

Ek stem heeltemal saam met jou! Dit lyk wraggies of hy in n ‘game’ is wat hy speel. Die ‘recorder’ aan en als. Soos n playstation game.

Kobus ·

Ek lees die aanvaller se memorandum van 87 bladsye deur, vol teenstrydighede. Tipies aan ‘n geestesversteurde. Die NZ premiers vrou se reaksie is “Gun Control”. My vraag is wat as hierdie gebeurtenisse met die doel van globale Gun Control goed beplan en uitgevoer word. En die die aanvaller…onthou u die naam Dimitrio Tsavendas?

Marita ·

Kobus, ek stem saam. Dit gaan eintlik oor wapenbeheer. Daar is ‘n ander agenda. Mense moet gaan oplees oor MKUltra….

Willem ·

Iemand in SA se kop gaan hom presies op dieselfde manier los , ek vrees die dag as die verkeerde boer vermoor word of n verkeerde man se vrou voor hom verkrag word.

Annie Webb ·

Willem, jy sien die essensie van dié saak raak. Die linkse regerings dwing nou al jare lank die burgers in hulle lande om die stroom migrante uit Moslemlande te aanvaar. Die linkse media verswyg die daaglikse terreur en algemene misdadigheid van die migrante, grotendeels jong mans wat radikale Islam aanhang. Die oorgrote meerderheid burgers van dié lande wat so oorstroom word, aanvaar toestande gelate en verander maar hul voorheen vrye leefstyl na een van vrees en tuisbly, presies soos by ons. En dan haak iemand se kop uit en só iets verskrikliks gebeur. Die linkse media veroordeel graag en luidrugtig “wit nasionaliste”, maar is al jare lank tjoepstil oor die skrikbewind wat radikale Islam in Europa voer. Niemand is téén wettige immigrante waar ook al nie, maar die radikale Islamiete stroom Europa binne deur op valse voorwendsels om “asiel” aansoek te doen. Lauren Southern het so pas ‘n dokumentêre rolprent daaroor vrygestel.

andile ·

Dimtri was inderdaad geestesversteurd en het ons Volk groot skade aangedoen. Maar dan is daar die wat voel hy was bestuur. Terugkyk help nie, ons moet ons ingekeerde eiɘ steun en net op ons eiɘ, dan sal ons weer vryheid, veilgheid en selfrespek smaak.

Human ·

Sommige kommentare op Maroela forum sal enige nugter denkende mens tot die besef laat kom dat hier baie geestesversteurde mense rondsluip en hulle bestaan is net oor eie ek.

Elsa ·

As iemand hier in SA se kop hom gaan verlaat oor ‘n plaasmoord of ‘n vrou wat verkrag is, wie wil hy dan gaan skiet Willem? ONSKULDIGE MENSE!! Dis sou vir my wonderlike nuus wees as die regte plaasmoordenaars en verkragters uitgeroei kon word, maar om wraak te gaan neem en onskuldige mense dood te maak, is ook heeltemal verkeerd. Ons het in elk geval nie die reg om wraak te neem nie, want in die Bybel sê God duidelik vir ons “My alleen kom die wraak toe”

Jack Klok ·

Mense moet besef dat Islam aan die opmars is. Islam het openlik verklaar dat hulle teen 2050 die hele Europa wil oorheers. Die groot stroom Moslems na westerse lande is nie om dowe neute nie. Dis deel van hulle invalsplan. Moslems is poligamiste en het oor die algemeen groot gesinne. Hulle bevolkings aanwas is 4 keer hoër as die van westerlinge. Moslems plaas ook gedurig druk op toegeeflike westerse lande om Moslems se leefwyse te akkommodeer. Moslems weier om te assimileer in die lande waarheen hulle sogenaamd gevlug het. Sodra daar genoeg Moslems in ‘n westerse land saamgetrek het eis hulle eie skole, afsonderlike behandeling vir mans en vroue, seuns en dogters ens. Hulle dring aan op hulle kleredrag en gebruikswyses. Dan begin hulle druk vir die toepassing van sharia wette.

Daar is nie ‘n woord soos Godsdiensvryheid in die Islam woordeskat nie. Islam het nog nooit geskroom om fisieke geweld teen nie-Moslems te gebruik om hulle geloof oral te vestig nie.

Verder is daar baie onverdraagsaamheid tussen Moslems en ander Moslems, bv tussen die Shiite, die Sunnis en die Wahabis. Hierdie onderlinge twis is die oorsaak vn meeste van die ellendes wat Moslems ondervind en die grootste enkele oorsaak van all die vlugtelinge.

Nou verwag die toegeeflike westerse liberales dat die westerse samelewings die las van Moslem broedertwis moet ondervang. Daar is 1400 miljoen Moslems wêreldwyd. Dis net nie moontlik nie.

Cornelia ·

Nee Human, dat die redes vir sulke voorvalle gerieflikheidshalwe deur “versteurde regerings” gepromofeer word, word net te vereenvoudig voor individuele versteurdheid gelê. Baie van die kommentare is geldige perspektiewe. Dat daar bose organisasies, ideologieë, magte en kragte wêreld regerings infiltreer, is geen geheim nie!! Regerings wil aktiewe oorloë vermy deur passiewe oorloë te ontketen. Om die oplossing vir spanning tussen uiteenlopende etnisiteite en hulle hele pakket, op die publieke samelewing af te dwing met talle “asblik terme” soos gedwonge transformasie, integrasie en doelbewus skuldgevoelens te kweek onder die vaandel van sg. Menseregte? Interessante ammunisie waarmee regerings oorlog voer ten koste van vrede. So verteenwoordig organisasies soos bv. die MRK en die regsbank in S.A. ‘n “partydige” ingesteldheid teenoor ware geregtigheid teenoor almal. Help hulle nie ‘n klimaat skep wat tot uitbarstings gaan lei nie? Oorlog versus oorlog? Of ons of julle? ‘n Mens betreur alle gruweldade, onreg, haat, vergelding, dade wat spreek van ongeloof en verdoemenis. Hoop jy bid ook vurig om die bekering van volke, manne, vroue en jongmense op ‘n daaglikse basis.

Human ·

Cornelia ek sal bid bid vir jou . As jy dink jy het alleen reg om mens te wees dan is dit reg so , maar onthou daar is miljarde ander wat ook so dink.

Ekke ·

Ek het nie probleem met ander godsdienste nie en die skietery is met een woord afskuwelik.
Maar ek kon help om te dink dat die Christene in die Moslemlande nie die godsdiensvryheid geniet soos die Moslems in die Weste nie.
Vragie : het enige sportspan van ‘n Moslem land ‘n minuut se stilte gehandhaaf toe kerke in Moslemlande aangeval is?
EK vra maar net.

Helena Sloane ·

Berig ook oor die Christene wat deur moeslims in die Fillipyne vermoor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.