Dodetal styg skerp ná aardbewing

ʼn Reddingspan in Pidie Jaya-distrik in Indonesië soek na oorlewendes ná ʼn aardbewing dié gebied getref het. Die dodetal staan tans op 97, met meer as 600 beseerdes. Foto: Junaidi, Xinhua.

ʼn Reddingspan in Pidie Jaya-distrik in Indonesië soek na oorlewendes ná ʼn aardbewing dié gebied getref het. Foto: Junaidi, Xinhua.

Reddingswerkers deursoek nog die puin vir moontlike oorlewendes ná ʼn aardbewing Woensdagoggend in Aceh, Indonesië.

Minstens 97 persone is dood, insluitend jong kinders en 273 ernstig beseer, het genl.maj. Tatang Sulaiman, hoofbevelvoerder van Aceh-weermag.

Talle huise, winkels en moskees is beskadig ná die vlak aardbewing van 6.5.

Bykomende mediese personeel is na die streek gestuur ná die plaaslike Pidie Jaya-hospitaal ook in die aardbewing beskadig is. Die aardbewing het plaasgevind toe inwoners gereedgemaak het vir hul oggendgebede.

Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die nasionale raad vir rampbestuur, het in Jakarta gesê die dodetal kan moontlik verder styg. “Ons prioriteit is nou die soek- en reddingsoperasie. Ons moet vinnig beweeg om die mense te red.”

Geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie. Sutopo het gesê van die inwoners het reeds na hoër hoogtes beweeg om skuiling te soek. “Hulle is steeds getraumatiseer ná die groot aardbewing en tsoenami in 2004.” Meer as 80 000 persone is in 2004 dood toe ʼn tsoenami die gebied getref het.

Dit is Indonesië se tweede groot aardbewing vanjaar.

Lees alle vorige berigte oor Indonesië op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.