Dodetal styg steeds ná aardbewing in Italië

Reddingspogings in Amatrice in Italië (24 Augustus 2016). Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

Reddingspogings in Amatrice in Italië (24 Augustus 2016). Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

Die dodetal van die aardbewing wat Woensdag die sentrale gebied van Italië geskud het, het weer skerp gestyg.

CNN berig minstens 247 mense is reeds dood. Volgens die berig is 53 van die sterfgevalle in Amatrice aangemeld en minstens 100 mense in die dorp is beseer. Ander sterfgevalle is in Accumoli en Arquata del Tronto aangemeld. Meer as 1 000 mense is dakloos gelaat deur die aardbewing wat 6,1 geregistreer het.

Reddingswerkers is steeds besig om oorlewendes van onder die puin uit te haal en ʼn finale dodetal is nog nie bevestig nie. Volgens mediaberigte word die reddingspogings vertraag omdat baie dorpies net deur smal paaie bereik kan word en dit dus moeilik is vir reddingspanne om met swaar masjinerie daar uit te kom.

ʼn Tydelike mediese kamp word buite ʼn hospitaal in Amatrice in Italië opgerig (24 Augustus 2016). Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

ʼn Tydelike mediese kamp word buite ʼn hospitaal in Amatrice in Italië opgerig (24 Augustus 2016). Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

Pres. Jacob Zuma het Woensdag namens die Suid-Afrikaanse regering sy medelye aan Italië en sy mense betuig. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het in ʼn verklaring gesê enige Suid-Afrikaners in Italië of familielede in Suid-Afrika word versoek om die departement of die Suid-Afrikaanse ambassade in Rome te nader vir ondersteuning.

“Die mense van Suid-Afrika deel die pyn en verlies van geliefdes, huise en eiendomme. Ons gedagtes en gebede gaan aan die families wat hierdeur geraak is. Ons wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe,” het pres. Zuma gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Italië-aardbewing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakkalas ·

Dis tragies om te sien so baie mense het omgekom. Na al die verby is sal dit ideale kans wees vir hulle om die infrastrutuur op te knap vir masjienerie en reddingspanne om gou by redding situasies uit te kom want tyd in sulke gevalle is van uiterste belang.

humor ·

Baie beslis het so n omvangryke ramp sy hartseer en pynlike gevolge vir die mens en die land in totaal Die fals nood hier is egter weer onse nr 1 wat sy neus hierin steek. Vir my baie moeilik om te glo dat sy meegevoel n sweempie van opregtheid bevat. Hoeveel 1000 mense is reeds hier vermoor en word steeds daagliks vermoor en nooit is daar enige klyk van meegevoel nie. In plaas daarvan sing hy masjiengeweer- liedjies,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.