Dodetal styg steeds ná Pakistan-selfmoordbom

'n Man dra 'n beseerde kind weg ná die aanval Foto: CNN

‘n Man dra ‘n beseerde kind weg ná die aanval Foto: CNN

Inwoners van Pakistan treur Maandag oor die slagoffers nadat ʼn Taliban-selfmoordbomplanter homself Sondag tussen ʼn skare in ʼn openbare park opgeblaas het.

Volgens beamptes staan die dodetal reeds op minstens 70 persone.

Maroela Media het vroeër berig die selfmoordbomplanter het homself in ʼn park in Punjab, Lahore opgeblaas. Dit is hoofsaaklik vroue en kinders wat gesterf het.

Meer as 340 persone is in die aanval beseer, het Deeba Shahnaz Akhtar, woordvoerder vir die reddingsdiens, gesê.

Die provinsiale regering het ʼn amptelike drie dag lange rouperiode afgekondig en die nasionale vlag hang halfstok.

Rana Mashood, provinsiale minister van opvoeding, het gesê opvoedingsinstansies is in die stad gesluit. Verskeie markte is ook gesluit en die paaie dwarsoor die stad was stil.

Die aanval het plaasgevind terwyl Christene in Pakistan Paasfees gevier het.

Jamaat-ul-Akhrar, ʼn splintergroep van die Taliban in Pakistan, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Hulle het bevestig lede van die Christelike gemeenskap was hul teiken.

Dis nog nie duidelik hoeveel Christene in die aanval gesterf het nie, het Haider Ashraf, woordvoerder van die polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.