Dodetal styg toe Guatemala-vulkaan weer uitbars

Fuego-vulkaan in Guatemala (Foto: AP Photo/Moises Castillo)

Die Fuego-vulkaan in Guatemala het weer uitgebars.

Die nuwe uitbarsting het lawa aan die suidelike kant van die vulkaan uitgestoot, het Todo Noticias 23 en Guatevision berig. Ses gebiede is gevolglik ontruim.

Die dodetal het intussen met een gestyg na 70 persone. Die land se rampbestuuragentskap Conred het gesê daar is tans 2 625 persone in skuilings.

Slegs 17 van die oorledenes is tot dusver uitgeken, omdat die hitte van die vallende puin meeste liggame onherkenbaar gelaat het, aldus owerhede.

Die vulkaan is ongeveer 70 km suidwes van die stad Guatemala geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.