Dogtertjie sterf ná pa haar in kar los

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16 maande oue babadogtertjie van Florida in die VSA is dood nadat haar pa glo vergeet het om haar by dagsorg af te laai en in die motor gelos het.

CNN berig die polisie in Columbia het Dinsdag omstreeks 15:14 ʼn 911-oproep ontvang oor die babadogtertjie in die motor. Paramedici en beamptes het na die huis gehaas waar hulle haar dood in die motor aangetref het. Haar ouers is geëien as Young en Wendy Kwon, albei regsgeleerdes.

Volgens wetgewing in Florida is dit onwettig om ʼn kind jonger as ses jaar vir langer as 15 minute sonder toesig in ʼn motor te los. Dit is nog nie duidelik of die pa aangekla gaan word nie. “Hy is fantasties met kinders. Daar is absoluut geen manier dat dit enigiets anders as ’n afskuwelike ongeluk was nie,” het een van Kwon se kollegas gesê.

CNN berig ook dat ʼn pa van Massachusetts Woensdag 911 geskakel het nadat hy besef het dat hy sy eenjarige baba in ʼn motor by ʼn treinstasie agtergelaat het. Die baba was vir sowat 35 minute in die motor en is gered. Die pa is nog nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
debbie

dit gaan nog altyd my verstand te bowe dat ‘n ouer ‘n kind vergeet in die motor …. waar is hulle gedagtes…. dis total onaanvaarbaar vir my …..

Jakoba

Dit slaan my dronk dat dit elke keer die pa is wat die kind in die motor vergeet. Lyk my daardie pa’s se lewens was net te lekker en het geen verantwoordelikeheid gehad tot hede nie. Die ma het maar soos gewoonlik alles gedoen en pappie het handjies gevou gesit. Nou word hy die werk gegee om die baba af te laai en hy vergeet skoon van die kind, maar glo my daardie “smart” foon word nie vergeet nie, o nee dit word onthou maar sy kind word vergeet.

ladybug

Hoe vergeet mens van jou kind? Doen hy so min sy deel in die huis, dat toe hy die dag gevra word om die kind af te laai, hy haar vergeet? Sigarette, beursie, kar sleutel, foon word nie vergeet nie, maar ‘n kind wat op die ou end nou nog dood is ook!

jackeline erasmus

Dit help nie verwyte word rond gegooi.in vandag se lewe gaan alles net dol.niemand weet werklik wat met die pa aangegaan het daai dag.dit was n ongeluk.hy is ook nie gewoont om sy kind af te laai.ek gaan miskien ook nou uitgehaal word,maar dis reg.mans het geweldig stres om aan sy gesin als te gee wat hy kan en bekommerd te wees of daar nog n werk gaan wees of nie vir hom.ons mag nie oordeel.staan eerder die gesin by in hul smart en bid vir hulle waardeer hul hartseer gaan.sterkte aan die gesin.

Anel Viljoen

Hi Julle, so drie maande terug het ‘n dokter hier in NZ ook haar kind in die kar vergeet – by die hospitaal. Ja die kleintjie is ook dood. Mens noem dit “forgotten baby sindrome” en dit is ‘n werklikheid. Jammer dis nou in engels maar lees dit “‘Forgotten baby syndrome’, a term referring to a psychological state where parents forget their young kids or toddlers inside their vehicles and walk away. In general cases it is unintentional behaviour of parents with busy life schedules where they forget to either take their kids out of the vehicle or forget to… Lees meer »