Dogtertjie sterf ná pa haar in kar los

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16 maande oue babadogtertjie van Florida in die VSA is dood nadat haar pa glo vergeet het om haar by dagsorg af te laai en in die motor gelos het.

CNN berig die polisie in Columbia het Dinsdag omstreeks 15:14 ʼn 911-oproep ontvang oor die babadogtertjie in die motor. Paramedici en beamptes het na die huis gehaas waar hulle haar dood in die motor aangetref het. Haar ouers is geëien as Young en Wendy Kwon, albei regsgeleerdes.

Volgens wetgewing in Florida is dit onwettig om ʼn kind jonger as ses jaar vir langer as 15 minute sonder toesig in ʼn motor te los. Dit is nog nie duidelik of die pa aangekla gaan word nie. “Hy is fantasties met kinders. Daar is absoluut geen manier dat dit enigiets anders as ’n afskuwelike ongeluk was nie,” het een van Kwon se kollegas gesê.

CNN berig ook dat ʼn pa van Massachusetts Woensdag 911 geskakel het nadat hy besef het dat hy sy eenjarige baba in ʼn motor by ʼn treinstasie agtergelaat het. Die baba was vir sowat 35 minute in die motor en is gered. Die pa is nog nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

debbie ·

dit gaan nog altyd my verstand te bowe dat ‘n ouer ‘n kind vergeet in die motor …. waar is hulle gedagtes…. dis total onaanvaarbaar vir my …..

Milan Bye ·

Ek sê glad nie dat dit reg is nie, maar in vandag se gejaagde lewe is so iets moontlik. Mense fokus so om werk toe te gaan om geld in te bring om vir hul families kos op die tafel te sit, dat hulle vergeet om tyd saam hul gesinne te spandeer. Alles is so gejaagd in die lewe en veroorsaak dat mens soms die belangrikste goed vergeet.

Jakoba ·

Dit slaan my dronk dat dit elke keer die pa is wat die kind in die motor vergeet. Lyk my daardie pa’s se lewens was net te lekker en het geen verantwoordelikeheid gehad tot hede nie. Die ma het maar soos gewoonlik alles gedoen en pappie het handjies gevou gesit. Nou word hy die werk gegee om die baba af te laai en hy vergeet skoon van die kind, maar glo my daardie “smart” foon word nie vergeet nie, o nee dit word onthou maar sy kind word vergeet.

Peet Schabort ·

Jy Jakoba is vinnig om te spekuleer. Daar is soveel druk hedendaags op mense dat bykans enigiets moontlik is. Ek glo nie dit was daaglikse roetine vir die pa’s en grootliks die oorsaak van dit wat gebeur het. Moenie van die hartseer en swakhede van ander ‘n sensasie maak. Hierdie was bloot ongelukke en nie nalatigheid of moedswilligheid.

Cathy ·

Nee jammer, Peet, maar dit is nalatigheid en klaar! As daar iemand anders saam met jou in die kar is, is jy tog deurentyd van hulle bewus, want terwyl jy bestuur is hulle lewens ook in jou hande. Wil jy vir my sê in die 5 sekondes van hy parkeer het tot hy uit die kar geklim het, het hy van sy KIND vergeet (let wel: nie sy beursie of sy sonbril of een of ander aardse besitting nie, sy vlees en bloed!)?

Peet Schabort ·

Cathy, ek weet van ‘n geval waar die man van die dorp af plaas toe gery het en terug op die plaas eers agtergekom het dat hy vroulief op die dorp VERGEET het!!!
Dit staan bekend as ‘die mag van die gewoonte’.
Duidelik dat hy as plaasboer gereeld alleen dorp toe gery het.

ladybug ·

Hoe vergeet mens van jou kind? Doen hy so min sy deel in die huis, dat toe hy die dag gevra word om die kind af te laai, hy haar vergeet? Sigarette, beursie, kar sleutel, foon word nie vergeet nie, maar ‘n kind wat op die ou end nou nog dood is ook!

jackeline erasmus ·

Dit help nie verwyte word rond gegooi.in vandag se lewe gaan alles net dol.niemand weet werklik wat met die pa aangegaan het daai dag.dit was n ongeluk.hy is ook nie gewoont om sy kind af te laai.ek gaan miskien ook nou uitgehaal word,maar dis reg.mans het geweldig stres om aan sy gesin als te gee wat hy kan en bekommerd te wees of daar nog n werk gaan wees of nie vir hom.ons mag nie oordeel.staan eerder die gesin by in hul smart en bid vir hulle waardeer hul hartseer gaan.sterkte aan die gesin.

Anel Viljoen ·

Hi Julle, so drie maande terug het ‘n dokter hier in NZ ook haar kind in die kar vergeet – by die hospitaal. Ja die kleintjie is ook dood. Mens noem dit “forgotten baby sindrome” en dit is ‘n werklikheid. Jammer dis nou in engels maar lees dit “‘Forgotten baby syndrome’, a term referring to a psychological state where parents forget their young kids or toddlers inside their vehicles and walk away. In general cases it is unintentional behaviour of parents with busy life schedules where they forget to either take their kids out of the vehicle or forget to drop them off. The results of ‘Forgotten Baby Syndrome’ are quite unfortunate where the child is either severely injured or dies due to entrapment in the car.”

Peet Schabort ·

Daar moet ‘n oplossing wees hiervoor.
Ek dink hier aan die sitplekgordel wat met ‘n sensor weet dat daar iemand sit op ‘n sitplek van ‘n voertuig en sodoende alarm maak wanneer die gordel nie vasgemaak is.
Indien ‘n karstoeltjie ook so toegerus word met ‘n alarm om te ‘weet’ van die baba en die deur(e) van ‘n voertuig daaraan gekoppel is dan kan daar mos nie fout kom. Sodra die deur oopgemaak word dan kom die alarm in werking.
Kom julle patentmanne, begin werk daaraan. (Onthou net my deel van die winste).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.