Dokter in hof wat glo onder vroue se rokke loer

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn Suid-Afrikaanse dokter wat as die hoof van die pediatriese noodgevalle- eenheid by ʼn hospitaal in Brisbane in Queensland, Australië, werk, is in hegtenis geneem nadat hy na bewering in ʼn winkelsentrum met sy selfoon video’s onder vroue se rokke gemaak het.

Mohamed Zaahid Pandie (44) is by die Prince Charles Hospital sonder betaling geskors ná sy inhegtenisneming op sewe aanklagte van opnames in oortreding van privaatheid. Volgens die Australiese media is Pandie ʼn bekende en hoogs gerespekteerde dokter in mediese kringe.

Pandie is vroeër vandeesmaand op borgtog vrygelaat. Die Courier Mail berig die oortredings het na bewering by die Garden City-winkelsentrum in Brisbane plaasgevind. Volgens 9News het Pandie die onvanpaste video’s op roltrappe en in klerewinkels in die sentrum gemaak.

ʼn Verslaggewer van 9News het Pandie buite ʼn polisiestasie ingewag waar hy as deel van sy borgtogvoorwaardes aangemeld het, maar hy het geweier om kommentaar te lewer.

The Australian berig die gesondheidsdepartement in die streek het bevestig dat Pandie geskors is hangende die ondersoek na hom. Afhangend van die uitkoms van die hofsaak kan hy moontlik ook van die mediese register in Australië geskrap word.

Volgens The Australian het Pandie se mediese loopbaan in Suid-Afrika begin voordat hy in 2001 saam met sy gesin na Australië verhuis het. Hy is die pa van vier kinders.

Pandie sal weer einde vandeesmaand in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

AmY ·

Jy sal gou agterkom dat Australië nie Suid-Afrika is nie. Daar word jy dadelik sonder betaling geskors.
Sies vir jou man!!! Jy gee SA dokters ‘n slegte naam.

Hendrik van George ·

Haha, goeie een. Hoop net hulle stuur Dr Pantie nie terug SA toe nie….

Willem de klerk ·

Skande..moet die kwalifikasies ook opvolg ..stuur tronk toe skrsp van rol en deporteer

Ella ·

Dis reg. Sleep ons naam nog meer deur die modder.
Tweede geval in n week in Australie – waarvan ons weet.
Skande Dr Pandie

Tammy ·

Shame, seker gedink hy is nog in Suid-Arika waar sulke dinge ongesiens kan verby glip. Ha ha lekker uitgevang!!!!

Skyspy007 ·

Toemaar Dr Panti, jy is meer is welkom in hierdie alreeds verrotte Suid Afrika. Hier sal jy NIKS oorkom nie en ook betaling ontvang. Alles is hier mos toelaatbaar, miskien kan jy net so ‘n ou omkoopgeldjie betaal dan praktiseer jy verder….

Johan H. ·

Aag mooie man ,Wys jou misdaad is in alle beroeppe,,, Hou hom daar asb ons het al teveel gemors hier. So nie almal wat hier weg hardloop is opsoek na beter omstandighede nie,,,

dejager ·

Daar is ń verskil tussen ń geleerdheid en ń opvoeding.
Te veel graduandi van getransformeerde mediese skole is van bedenklike morele materiaal.Ons gaan nog van baie skandes hoor.

Poot ·

@dejager
Raakgevat my maat. Beter kon ek dit nie stel nie. 10/10

Melanie ·

Ek stem 100% saam met dejager se kommentaar. Daar is ‘n baie groot verskil tussen geleerdheid en opvoeding. Die persoon sal sy optrede eendag aan sy kinders moet verduidelik. Hy het seker nie daaraan gedink nie.

Alida ·

Walglik! Bly hy is geskors sonder betaling. In SA sou bevordering gekry het indien hy die regte kleur was en net aangegaan het.

Jozi ·

Ek hoop nie die man het homself skuldig gemaak aan wangedrag met jong pasiente nie.
As hy sulke neigings het met vrouens …… laat mens wonder.
Hy het duidelik ‘n probleem.

Chris Ws ·

Gooi hom in die tronk Aussies!Ons wil hom nie terug he nie dankie!

hendrik ·

Hy is n dokter, het hy nie al genoeg onder vrouens se rokke gekyk nie?

marous ·

Hy moes so hard geklap word dat hy flou word van vrees selfs al sien hy net ‘n teken prentjie van ‘n rok …..

Vryhand ·

Hy doen sy ondersoeke van onder af..geen konsultasie fooi nie….selfoon is sy assistent..hoop hy word van mediese rol geskraap..

Navorsing ·

Miskien was die opnamens vir mediese navorsing. Ek hoor hy en Jurie E is duk pelle daar anderkant. Hoe se mens dankie vir dit ?

Naomi ·

Om Iemand anders nou hierby te betrek is bietjie onnodig, dink jy nie ook so nie Navorsing, dink gou weer… hmm ja, skuus JE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.