Dokters krap kop ná seun bebloed uit see kom

Sam Kanizay (Foto: Australia Pool via AP)

Dokters en mariene deskundiges van Melbourne in Australië krap behoorlik kop nadat ʼn 16-jarige seun deur onbekende see-organismes op sy bene “aangeval” is en in ʼn bebloede toestand na ʼn hospitaal gehaas moes word.

Sam Kanizay het aan The Guardian vertel hy het Saterdag ná ʼn sokkerwedstryd besluit om vinnig in die seewater by Brighton af te koel voor hy huis toe sou gaan. Minder as ’n halfuur later was Kanizay se onderbene in bloed bedek nadat klein organismes, soortgelyk aan bloedsuiers, aan sy bene geklou en hom stukkend gebyt het.

Jarrod Kanizay, die 16-jarige se pa, het aan Daily Mail gesê hy kon nie daarin slaag om die bloeding te stop nie, en het daarom met hom na ʼn hospitaal gehaas.

Kanizay het aan die hospitaal gesê hy het aanvanklik gedink hy het sy voet op ʼn klip gestamp, maar het gou besef dat dit nié die geval is nie omdat die bloeding op albei sy bene eweredig van sy enkel tot sy tone versprei het.

“Daar was plasse bloed op die vloer by die hospitaal. Toe die personeel sy bene skoonvee sodat hulle na die bytmerke kon kyk, het dit net aanhou bloei. Die mediese personeel het egter nie geweet hoe om die bytmerke te behandel nie, omdat hulle nie kon uitpluis presies wat die oorsaak van die merke en die omvangryke bloeding was nie,” het Jarrod gesê.

Volgens hom het sy seun se bene honderde klein gaatjies gehad wat deurentyd aanhou bloei het.

“Die mediese personeel was gefassineer deur die voorval, maar kon steeds nie met ʼn antwoord vorendag kom nie. Niemand kan vir ons sê watter organismes dit is of waar hulle vandaan kom nie.”

Sam Kanizay (Foto: Australia Pool via AP)

Alistair Poore, ʼn marinebioloog aan die Universiteit van New South Wales, het aan dié webwerf vertel hy het nog nooit in sy loopbaan iets soortgelyks teëgekom nie. Hy sê die bytmerke is waarskynlik deur seeluise veroorsaak, maar dat só ’n voorval nog nooit volgens sy kennis aangemeld is nie.

Jarrod het Sondag ná die voorval ʼn net met aas in dieselfde water by Brighton gaan gooi in die hoop om sommige van die organismes in die net te vang. Volgens hom het dieselfde organismes “soos bloedsuiers” aan die vleis geklou en “al die bloed uit die vleis gesuig”.

“Dit is organismes soortgelyk aan miet. Dit moet dieselfde diertjies wees wat ook aan sy bene geklou en dit stukkend gebyt het. Wat duidelik is, is dat dié organismes aan vleis klou en die bloed uitsuig,” het hy gesê.

Die organismes word tans in ʼn laboratorium in Melbourne ondersoek.

Sam is Sondagaand vir ʼn tweede aand in die hospitaal gehou vir observasie, maar sal na alle verwagting Maandagmiddag ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Theresa B ·

Goeie genade – dis nou scary!! (Iets uit ‘n rillerfliek)

madels ·

ja wraggies, dis baie scary!!! Klink soos n storie uit n riller!

Jan Karsten ·

Weet nie wat hom gebyt het nie, maar sulke goed het ‘n gif wat bloed verdun sodat dit maklik uitgesuig kan word. Vermoed dit is hoekom dit nie ophou bloei nie.

gawie ·

Daar moet min dinge so skrikwekkend wees soos ‘n wond wat net nie wil ophou bloei nie. Ek bedoel , wat kan jy nou eintlik daaraan doen as jy nie naby ‘n hospitaal is nie.

Ricky ·

Met die aard vewarming..gaan daar nog baie dinge gebeur..steurings gaan tot diep in die see…en wie is die oorsaak..ons mense self..ons gierigheid en aansien en wat GOD se skepping soveel skade berokken het..hier kom nog baie dinge…bly op jul kniee ♡

Dean ·

Stem saam..Mens mors nie met God se skepping nie..ons is bywoners hier.Goed gestel Ricky.

.... ·

Maak oop julle oë !!!

Aardverwarming is ń klug, & was nog nooit werklik wetenskaplik bewys nie.

As julle dink Zuma & die Bell Pottinger kabaal was iets om julle oor te bekommer, dink weer.

Gaan luister na Edward Snowden op YouTube.

Vra hoekom dinge plaasvind, dink vir julself.

Dinge Groter as “Aardverwarming”:

Oorlog in Sirië – Amerikaners weer besig om ń wettige regering om ver te probeer gooi. President Assad staan sterk met Rusland aan sy kant. Assad & Putin weet beide die leē $ is soos die verbode vrug van ouds.
ISIS – Waar kom terroriste vandaan? Hoekom sommer net so drasties, sonder waarskuwing aanval? Die antwoorde met CIA letterheads is daar ook op internet. USA!
Breinspoel – Dis groter as wat meeste mense besef, kyk na die basiese werking van enige tegnologie, sosiale media sal jou vyand word.
Jy word nooit vertel dat die Internet nooit vergeet nie !!!!! Die internet ken jou, hy weet waarvan jy hou ! Gaan kyk hoe jou selfoon eintlik jou “stalker” is. Gaan kyk waar eindig die wereld se internet data op, alles wat jy deur die internet deel.

Jy kla oor aardverwarming, ander maak gereed vir oorlog teen die eintlike agressors, USA net hulle ja …

Rusland se President is ń nasionalis, hy staan vir sy mense !!!! Gaan kyk hoe het Vladmir Putin daardie land uit sak en as gered! Besoek gerus russia insider se YouTube kanaal!
VSA …. Dink vir jouself.

dovaz ·

Het die berig vanoggend op die international news channel gesien. Die ou se voete het gelyk of dit nie vel aan gehad het nie. Net a bloed spul. Die vloer was a dam bloed. Het regtig baie erg gelyk en pynlik.

Jakoba ·

…..waar val jy uit. Van ñ interessante seediertjie/gogga tot Putin….Wat het dit nou met mekaar uit te waai?

MM, vertel ons asseblief meer as die navorsing ivm die “seegogga” iets oplewer.

Hoop die seun herstel gou.

Petrus ·

Mense ek glo in die see is daar baie goed wat ons as mense nie van weet nie.
Die mense moet nie krap waar dit nie juik nie. Presies N jaar na die voorval sal die seun weer dit beleef. Want selfs n skulp as jy jou sny in die see bly hy vir 6 jaar lank op daai selfde plek op die selfde tyd weer oopgaan.
Maar ek sal ook graag wil weet presies wat hom gebyt het en wAarom .

Anoniem ·

Ek hoop die nuwe soort goggomobielies word na die seun vernoem.

SARIE VAN HEERDEN ·

In Garsfontein, Pretoria, is ‘n Sjinese dagspa waarheen ons was, jou voete word in louwarm water geweek waarin daar honderde klein vissies iswat die velletjies van jou voete af eet. Ek het geen verskil aan my voete gevoel nie maar dit was ‘n “anderse” soort verjaardagpresent vir my. Is dit nie soiets maar net meer “makgemaak” vir “huishoudelike” gebruik nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.