Dokters verwyder 27 kontaklense uit vrou se oog

Die kontaklense wat uit die vrou se oog verwyder is (Foto: Britse Mediese Joernaal)

Wat veronderstel was om ʼn doodgewone roetine katarak-operasie te wees, het nou die aandag van duisende sosialemediagebruikers getrek nadat dokters in Brittanje soveel as 27 kontaklense uit die regteroog van ʼn 67-jarige vrou verwyder het.

Volgens ʼn artikel wat Maandag in ʼn Britse mediese joernaal gepubliseer is, dra dié vrou al vir sowat 35 jaar kontaklense.

Dokters het in die artikel in Optometry Today gesê dié ophoping van kontaklense het veroorsaak dat die vrou se regteroog dieper in die oogkas as die linkeroog was en dat haar visie in dié oog ook slegter as in die linkeroog was.

Volgens die artikel het die dokters aanvanklik sowat 17 saamgesperste kontaklense, wat deur slym aanmekaar gehou is, uit haar oog gehaal.

ʼn Verdere tien kontaklense is later deur ʼn chirurg, wat van ʼn mikroskoop gebruik moes maak, ook uit haar oog verwyder.

Rupal Morjaria, ʼn spesialis in oogheelkunde, sê dié kontaklense moes na alle waarskynlikheid baie irritasie in haar oog veroorsaak het.

Morjaria sê die pasiënt het haar oogprobleme egter toegeskryf aan droë oë en kwale weens haar ouderdom.

“Ons het nog nie voorheen so iets teëgekom nie,” het Morjaria in die artikel opgemerk. “Ons was regtig verbaas dat die pasiënt dit nie agtergekom het nie.”

Morjaria het gewaarsku teen die gevare van kontaklense en gesê dit kan uiteindelik tot blindheid lei indien dit nie reg gebruik en skoon gehou word nie.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

M A ·

Hoe nou? Hier by ons kan jy hoogtens n jaar se voorraad kontaklense kry. Dan moet jy weer jou oë laat ondersoek vir die volgende sarsie. Hoe kon niemand sien dat daar nog ou kontaklense in die vrou se oog is nie? Wolhaarstorie?

Regtig!? ·

…my ma dra nog al die jarre kontaklense en was seker nog net 3x by n oogdokter…
Ek weet niks van hierdie goed nie, want ek self was nog nooit by oogarts.

Maar ek kan nie DINK hoe jy nie agterkom jy het reeds 1 of 2 of 10 lense in jou oog nie!

Boerebruinoog ·

Ek stem saam, jy gaan elke jaar vir n oog toets om nuwe kontaklense te kry, hoe de moses het n oogarts nooit die ander raak gesien nie – ek dink ook dis n Wolhaar storie?

Saartjie ·

Strooi storie – ek dra al 47 jaar kontaklense en daar is nie ‘n manier dat selfs een lens in my oog verlore kan raak nie. Buitendien word ek verplig om jaarliks my oë te laat nagaan voordat my oogkundige ‘n verdere jaar se lense sal voorskryf. Mens kan ook nie getoetste lense enige plek koop nie, dit moet by jou oogkundige wees en indien jy bv elders wil koop sal jou oogkundige eers gekontak word.

Willem ·

Nee, jy kan kontaklense bestel sonder om die oogtoets weer te doen. Dis beter dat jy die toets weer doen, maar jy hoef nie. Verder weet ek van baie mense waar ‘n lens verdwyn vir ‘n ruk en ‘n dag later kan die persoon dit uitkry. Hulle voel die ongemak maar kry dit nie uit nie

Johan. H. ·

Moenie dink ons glo als wat julle aan ons opdis nie, Dis onmoontlik,,,

Pieter ·

Tannie mens haal dit uit in die aand sit dit weer terug in die oggend dis eintlik hoe dit werk!!!

Lee ·

My dogter het lense wat sy mee slaap en als. Hou dit in oe vir ‘n maand en hoef nie uit te haal as sy slaap nie maar dit word elke maand verander. Weet regtig nie hoe hierdie vrou dit nie agtergekom het nie. Dit sal jou oog irriteer. Weird!

Cherokee ·

Lee, bad jou dogter daarmee? Nog nooit gehoor van contacts wat vir ‘n maand ingehou kan word nie. Ek het al meer as een keen vergeet om dit uit te haal voor ek gaan slaap en dit dan die volgende oggend agtergekom nàdat ek gestort het! Dit gebeur egter selde.

Leo ·

@Cherokee – jy moet dalk navraag by jou oogarts doen want mens kry wel sulke lense.
Ek stort, bad en swem met myne en haal hulle net 1 keer per maand uit.

Cherokee ·

Leo, ek kry nie my lense by ‘n oogarts nie maar by ‘n oogkundige. Dit is wel ‘n oogarts oftewel oogspesialis wat my verwys het na ‘n goeie oogkundige. Ek weet van geen oogspesialiste wat kontaklense verskaf nie. Dankie dat jy my vertel daarvan. Eerste keer wat ek daarvan hoor.

Frank ·

Ek het vir JARE kontaklense gedra wat ek maklik 2 – 3 maande permanent kon inlos sonder geringste irretasie. Iewers erens het daar na die jare egter verandering ingetree met nuwer kontaklense en dit my begin pla al het ek elke aand uitgehaal en skoongemaak tot ek mettertyd heeltemal opgehou het met kontaklense. (Net in oggend moes ek paar oogdruppels ingooi en dit was vergete tot volgende oggend)

Cherokee ·

VanAfrika, ek glo wat jy vertel. Dit is egter die eerste keer wat ek daarvan hoor. Ek raai dat dit sagte lense is en dìt sal die rede wees waarom ek nie daarvan weet nie want ek dra harde lense.
Ek sal nie oorskakel na sagte lense en is buitendien deur ‘n oogspesialis hard contacts voorgeskryf.

James ·

Dit is baie moontlik dat só iets kan gebeur. Sommige mense se oë is so droog dat die kontaklense maklik agtertoe beweeg en selfs agter die oogkas kan vashaak. Dit is nie baie gevoellig as só iets gebeur nie want hedendaagse kontaklense is baie dun en sag. ‘n Persoon met geheueprobleme kan maklik vergeet dat hul nie ‘n kontaklens uitgehaal het nie, of hul mag dalk verkeerdelik dink dat ‘n kontaklens uitgeval het.
Baie mense, veral diegene met droë oë, kry kontaklense wat daagliks met nuwes vervang moet word.

Cherokee ·

James, gaan vind meer uit oor kontaklense eer jy so iets kwytraak. Kontaklense kan nooit agter die oog inbeweeg nie en kontaklense word behandel met ‘n ‘wetting solution’ om droogheid te voorkom. Mense wat periodiek kontaklense vervang, gebruik sagte kontaklense. Daar is ‘n geweldige verskil tussen sagte en harde contacts en dieselfde stel harde kontaklense hou vir jare.

VanAfrika ·

James ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie, my kontak lens het al dubbel gevou in my oog en so gekrap dat ek dit moes uitkry, sit n molekule van n stoffie op daardie kontak lens en jy weet daarvan. Jou pupil is so sensitief jy kan nie aan dit vat met die blote vinger, daarom moet die kontak lens op die wit van jou oog gele word voor dit op jou pupil kan skuif en daar is GEEN manier dat die kontak lens agter jou oog kan inskuif nie. Vra vir die wat weet

Huh? ·

James, ek weet nou nie of jy dalk alle gevoel in JOU oë verloor het nie, maar jy praat nou totale SNERT!!! Die pyn en irritasie as ‘n kontaklens (selfs ‘n hedendagse moderne dun kontaklens) op jou oog agtertoe skuif is seker een van die lewe se grootste ongemaklikhede!!!! en ek is nie ‘n persoon wat eers sensitiewe oë het nie… Hulle moes dit mos opgetel het toe sy gegaan het vir die oogondersoek om die katarak-diagnose te maak? Nie eers teo sy onder die lem is nie?

Cherokee ·

Soos jy sê, dit is (liggestel) een van die grootste ongemaklikhede. Wat erger is, is dat dit minder as ‘n sekonde neem om die lense uit te haal of om dit in te sit maar as dit uit posisie geskuif het! Dan help my vrou my gewoonlik om dit weer reg te skuif.

JAMES ·

Sjoe, die mense raak sommer ongemanierd. Daar is al baie gevalle waar kontaklense weggeraak het in ‘n mense se oë. In sommige gevalle moes kontaklense na ‘n lang tydperk chirurgies werwyder word omdat dit vasgroei! Ek ken ‘n persoon wat opgehou het om kontaklense te dra en sowat ses maande nadat sy opgehou het met kontaklense dra, word sy een oggend wakker met ‘n lens in haar oog!

Niel ·

ek het vir so ‘n jaar of 3 kontaklense gedra maar toe opgehou daarmee. net die geringe “probleempies” is so ‘n ergenis. Maar tog het James wel ‘n punt beet @ mense wat vergeet dat hulle ‘n kontaklens ingehad het en so aan en dan nog een insit. Dan kry jy ook maar plekke waar jy wel oor die toonbanke lense kan koop as ek reg onthou – spesifiek die laer nommers. So die vrou wou seker dalk geld spaar en nie elke jaar ‘n oogarts gaan sien – veral as mens nie ‘n mediese fonds het. Ek moet nou eintlik al ‘n oogarts gesien het – dink ek het 2jaar laas een gesien, maar op die oomblik is my kontantvloei nou so dat ek maar bly uitstel. As ek reg is, kan verkeerd wees – kry mens ook maar daardie tipe mense wat nie pyn kan voel nie… maar ja, verder ‘n baie interresante artikel.

VanAfrika ·

Niel jy kan nie kontak lense oor die toonbank koop nie. Se vir my die plek se naam en ek gaan koop nou kontak lense oor die toonbank, ek is nou due vir n nuwe stel, laat weet my dan hoef ek nie oogarts toe te gaan nie

Iemand ·

Hier in S.A. kan jy ook net kontaklense koop verskillende kleure wat nie getoetse lense is nie miskien het die vrou dit gebruik.

Liza ·

James, ek het ook vir jare sagtes en toe hardes gedra en die sgtes het “agter” my oog ingeskuif en ek kon dit nie voel nie.Dan kan ek eweskielik nie sien nie en soek die lens en na ‘n lang soektog kom agter dis nog “agter my oog. So dis glad nie heeltemaal snert nie,ek het dieselfde ervaring gehad. Ons is seker maar uniek. Maar natuurlik 27 is ‘n heel ander storie.

Cherokee ·

Daar is geen opening wat sou toelaat dat dit agter jou oë inskuif nie.

VanAfrika ·

Ek stem weer, daar is nie n manier dat daardie kontak lens agter jou oog kan inskuif nie. En as jy nie jou kontak lens kan voel as hy van jou pupil afskuif nie, het jy oe van staal. skuif hy voel dit soos sand korrels in jou oe, net erger.

Elmarie Ward ·

Mag ek dom vraag vra? Kry mens multi focal contaklense? Ek haat my bril. En is ook alewig opsoek na hom.

Theresa ·

Ja Elmarie, daar is multi focal kontaklense. Die oogkundige het wel gesê sommige mense sukkel daarmee. Hulle gee darem eers ‘n toets stel. Dit het goed gewerk vir my, moes ongelukkig weer bril dra agv droë oë.

VanAfrika ·

Elmari, Theresa is reg, my vorige bestuurderes her multifocal kontak lense, maar sy sukkel met dit.

Elmarie Ward ·

Mag ek dom vraag vra? Kry mens multifical kontaklense? Ek haat my bril en is alewig opsoek na hom. Selfs al sit hy partykeer op my kop.

Cherokee ·

Elmarie, ek sien wat Theresa skryf maar sover my kennis strek, (en dit maak tog sin,) is die area op ‘n kontaklens te klein om dit veelfokus oftewel multi focal te maak. Juis daarvoor dra ek ‘n bril wat aangepas is by die kontaklense, om dit veelfokus (multi focal) te maak. Die groter oppervlak van ‘n bril se lens is nodig daarvoor.

jeanne ·

Cherokee, ek dink James gebruik dalk net die verkeerde bewoording, dit skuif nie medies gesp
roke agter jou oog in nie, slegs dieper in jou boonste ooglid in, dit is nogal ‘n sukkel om hom uit te kry, veral as jou oee moeg of droog is, glo my dit kan gebeur, dit krap ook nie so erg nie, voel soos ‘n hartjie in jou oog, as jy nie sensitiewe oee het nie, is dit glad nie so erg nie, gelukkig het ek dit agtergekom,

Cherokee ·

Ek stem saam Jeanne, dit moet wees wat hy bedoel. En ek dink veral sagte lense, kan seker klein rol en soort van wegraak!

Elaine ·

Kyk as ek een kontaklens agter my oog verloor en hom nie kan kry nie sal ek so panic. 27 kontaklense! 27! Is daar plek agter ‘n oog vir 27! Ek verstaan nie die storie nie. Sy gaan oogarts toe, se my kontaklens is missing agter my oog. Oogarts se, dont worry, sit maar net nog een in jou oog. Sien jou oor ‘n jaar, moenie worry om hom uit te haal nie. Like really!!

Ai! ·

Ai mense…ons ken nie die omstandighede nie. Dalk ly die ou dame aan dementia, Alzheimers of so tipe geheue probleem en kom nie agter sy het al kontaklens in nie. So moenie haar as “stupid”, onnoself of so afmaak nie. Niemand sal spris so-iets doen nie.

Elaine ·

Ai! Ek dink regtig nie die oogarts ly aan dementia nie. Dit is sy werk om te sien dat die kontaklense iewers agter die oë is. Dit is tog ‘n geleerde persoon wat so iets moet kan raaksien voordat die volgende voorskrif gegee word.

Sureta ·

Dit is wetgewing om jaarliks jou oë te laat toets om nuwe lense te kry. Die oogkundiges sal jou nog oorslaan na 18 maande maar niks langer nie. Die oogkundiges wat wel lense gee sonder ‘n toets kan in die pekel beland. Mens kry deesdae ‘n magdom kontak lense. Die wat jy daagliks moet vervang, dan die tradisionele lense wat jy elke aand uithaal en in die more terugsit en dan die maandelikse lense. Ek dra al 22 jaar kontak lense en die maandelikse lense vir omtrent 4 jaar. Ek stem, dis onmoontlik om 27 lense in jou oë te hê tensy jy dit met eens ingesit het. Maar dit sal so krap en ongemaklik wees dat jy dit dadelik sal uitpluk. Die lense kan wel onder die vel inskuif in jou oogbank maar dis eers irriterend en ondraaglik. Dink ook dis nou sommer sensasie soek hierdie.

Meraai ·

Jy kan dit enige plek koop!!! Gaan bietjie China Mall toe!!!!

Meraai ·

Jy kan kontak lense orals gekoop kry,of dit nou vir jou gemaak is of nie,gaan bietjie China Mall toe…………… jul sal geskok wees!!!!!!! oja moenie Boksburg se groot vlooimark ook vergeet nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.