Dokters vrees vir lewe van ‘wêreld se vetste kind’

Arya Permana. Foto: Skermskoot/YouTube-video

Arya Permana. Foto: Skermskoot/YouTube-video

ʼn Tienjarige seun van Indonesië is op ʼn nooddieet gesit nadat dokters gewaarsku het sy gewig bedreig sy lewe.

Die Telegraph berig Arya Permana weeg 192 kg en kan nie loop of skool bywoon nie. Hy dra ʼn sarong aangesien sy ouers nie vir hom klere kan kry wat pas nie.

Arya sukkel kort-kort om asem te haal en slaap met sy kop teen ʼn muur om hom te help om asem te haal.

Hy is volgens berigte die wêreld se vetste kind en eet vyf groot maaltye per dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Francois ·

Hy laat my nogal dink aan baie mans wat ek ken op n kroegstoel – hulle drank word aangedra en hulle koppe moet Dan rus teen n muur om asem te skep – shame ek dink dis bitterlik wreed teen daai mens sy ouers moet aanspreeklik gehou word en red hom

Theresa M ·

Die arme kind, waardeur hy gaan en nie behoorlik kind kan wees nie. Sy ouers behoort hulle te skaam. Ek hoop hy kan gehelp word.

Gesiggie ·

Hoe onregverdig van die ouers om toe te laat dat die seun die gewig bereik het, ek is seker hul kon al lankal toegesien het dat iets omtrent sy gewig gedoen word, die arm kind suffer om so vet te wees is so ongesond… hoop daar is iemand wat tot sy redding kan kom, sodat hy teminste weer n normale lewe kan lei… en sy skool loopbaan kan voltooi….want vir nou is sy lewe hel….. Iemand red die kind asb…..

Ekke ·

Hy kan nie eers op ‘n eet staaking gaan nie, as hy wel sal hy dood gaan van ouderdom.

Giel ·

In vandag se tyd lyk dit of die meeste vrouens ook 5 maaltye per dag verorber.

Inge ·

Giel…jy het seker ‘n six pack om so aanmerking te kan maak of is jy soos ‘n paar manne wat ek ken wat met hulle boep pense sit en verwag hulle vrouens moet perdeby lyfies he? Lekker vlak.

Ruby ·

Hy kan net eet wat vir hom aandra word….ouers kom by! Hy is veronderstel om buite te hardloop en lag. Sjoe, kan die welsyn nie ingryp nie, die ouers en hy kort sielkundige hulp.

Vat daardie dingetjie uit sy hande en laat hom rol van die een muur tot die ander vir oefeninge.

E.K. ·

JA ouers, bly weg van die Kentuckys en McDonalds en al daai goed. Outydse boerekos bly die beste en oefening daarby. Die bloedjies moet minder rondkarwy word en meer STAP. En meo ttog nou nie kom met gevare en sulke goed, dan moet hul in groot groepe stap met pepersproei. Kinders is lui, net die wat goed presteer in sport neem deel aan dit en in my dae het omtrent almal deelgeneem, daar was soveel as SES netbalspanne toe ek st 6/7 was. Makiesakie of ons goed was of nie ons het gespeel, ons het gestap daar was LO in die skole…

Lida ·

Hy kan mos vir die operasie gaan wat verhoed dat hy so baie eet. Die mediese vooruitgaan is wonderlik en doen wonderwerke.

Minx ·

Mense ek het ‘n dogter gehad wat Prader-willy sindroom gehad het gaan lees meer oor die siekte dis ‘n chromesone afwyking lei die kind nie miskien aan so iets nie ouers moet beheer neem sy is oorlede aan afwyking in die hart en longe maar die sindroom maak dat hulle die heeltyd honger is lees gerus my dogter is laat gediagnoseer maar haar gewig en die feit dat mens dit moet beheer speel ‘ n groot deel daar is mense met die siekte wat baie oorgewig is.

Mrs Smith ·

My kind self het Prader-Willi.. en ja sy is ook oorgewig baie ook … soms wens ek mense kan dalk net dink voor hulle praat !

Theo ·

Ja, daar is gevalle waar siekte n rol speel, maar ek het al in n mall geloop of selfs langs n kar gestop en dan sal die oorgewig ma vir haar kind met n groot pak chips in die hand laat loop en die kind is ook al klaar net so rond en dan praat mens nie eers van die koeldrank nie. Party ma’s dink dis hoe hulle liefde bewys om n kind te “treat” met lekkers. Duidelik lê die kind ook met koeldrank in daai glase en nie water nie. Siekte is een ding en moet hanteer word met die grootste simpatie, maar die is niks anders as swak eetgewoontes nie, anders sou die dokters dit genoem het, maar hulle het gewaarsku dat die mannetjie se eetgewoontes moet verander, so duidelik is dit nie a.g.v. n siekte nie.

Tania ·

Agnee, wie doen dit aan hulle kind? Ek sien dit as mishandeling.

Theresa B ·

Goed gestel Inge. Wat doen daai ouers aan die arme kind. As hy lank genoeg lewe gaan hy die res van sy lewe sukkel en ‘n kompleks hê. Hy is maar 10. Nog nie eers kans gehad om kind te wees nie. Hoe wreed.

charlene ·

Ek is seker nou weer die tannie waarvan niemand gaan hou nie maar hier is dit die ouers se skuld! Daar is niks soos in NIKS fout om vet te wees nie, ek kan nie `n maer man verdra nie – hy moet lekker gebou wees… Maar daar is perke. Dis `n kind wat seker meer as enige iets gespot is, die arme kind en sy hart. `n mens se hart is ook maar net so sterk – die ouers moes lankal minder gemors kos gegee het en meer gesonde kosse. As die seun op die ouderdom van 17 `n hartaanval kry agv sy gewig is dit op sy ouers. As hy `n emotional eater is mos die ouers mos ook al lankal begin raad soek het. Kinders wat gespot word op skool dra dit sama hulle die res van hulle lewe, dit breek hulle baie erg af. Die ouers mos lankal hom op `n dieet geplaas het en saam hom begin oefen het.

Abel ·

Genade tog die arme kind, my hart gaan uit na hom en ek bid dat hy gou daai gewig sal afgooi en gesond sal word!!

Penellope Jones ·

Is hierdie seun ooit getoets vir die Prader-Willi-Sindroom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.