Dolfyn vrek ná swemmers selfies neem

Die dolfyn word soos 'n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN

Die dolfyn word soos ‘n trofee aangestuur Foto: Hernan Coria, CEN

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel. 
ʼn Jong dolfyn het vermoedelik weens dehidrasie gevrek nadat hy soos ʼn trofee rondgedra en deur ʼn groep swemmers gevryf is voor hy agterweë op die sand gelaat is.

Die groep mense het in Santa Teresita, Argentinië, rondom die dolfyn saamgedrom om selfies te neem nadat die soogdier op die strand gevind is.

La Plata-dolfyne, ook bekend as Franciscana-dolfyne, kan tot 20 jaar oud word.

Die laaste foto’s van die dolfyn wys hoe die dier verlate op die strand lê.

Die natuurlewestigting in Argentinië het ʼn openbare kennisgewing uitgereik om die publiek bewus te maak van dié kwesbare spesie, wat slegs aan die kuslyn van Argentinië, Uruguay en Brasilië voorkom. “Die Franciscana, net soos enige ander spesie, kan nie lank buite die water bly nie. Die soogdier dehidreer buite die water en dan vrek hulle,” het die stigting gesê. “Die publiek word gemaan om dolfyne so vinnig as moontlik weer in die water terug te plaas indien hulle op die kus gevind word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Louise ·

Weereens ‘n bewys dat tegnologie en selfs die selfie nonsens, mense die IK van ‘n brood gee!

Conrad ·

Louise, ja, n selfie is baie belangriker vir mense met n IK van n brood as om die dolfyn eerder te red en hom terug te sit in die water. Ai, die mensdom en hul sefsugtigheid. So jammer.

Frannie ·

Wat de vet het deur hulle koppe gegaan. Ek kan nie glo daar is nie eens een mens met ‘n brein wat net ‘n stappie verder kon dink nie. Disgusting!

Retha ·

Arme dingetjie, sy lewe het skaars begin. Al daardie mense moet van dieremishandeling aangekla word.

judy ·

Die dierebeskerming moet elkeen op die fotos identifiseer en elkeen moet aangekla word vir dieremishandeling want dit is wat dit is . Dat mense so kan optree gaan my verstand tebowe . As ek sien hoe mense optree kry ek my diere net liewer

Therese ·

Daar kan skaars vir ‘n beter voorbeeld van die skaapagtige trop-mentaliteit van die mensdom gevra word as hierdie insident. Hoe uiters pateties is die verslawing aan selfone en obsessie met foto’s van hulself.

Angie ·

Gevrek se julle… Die mensdom is gervrek… Daar staan nie dom agter mens verniet nie… Ek hoop elke persoon in daai foto kry sy noodlot….

Nicolette ·

WREED VERBY….KLA DIE
HELE SPUL AAN VIR DIEREMISHANDELING…MENSE KAN PARTYKEER DIE KLUTS HEELTEMAL KWYTRAAK.

Lea ·

Dit moet mens eintlik nie eers meer verbaas nie – as mens kyk wat mense aan mekaar doen is dit seker nie snaaks dat hulle sulke goed aan onskuldige diere kan doen nie! Dis waar wat ‘n leser hierbo sê… ek word ook sommer nog liewer vir my honde!

Josua Keys ·

Mense, ek praat nie die daad goed nie maar wil die volgende uitlig, so ‘n klein dolfeintjie gaan jy nie maklik met die kaal hande vang nie tesy hy siek, beseer of reeds dood was en uitgespoel het op die strand op daardie stadium, as hy wel lewedig was ten tye met die selfie sessie stem ek saam die bogenoemde kommentare, ek self is ‘n natuur liefhebber en het al baie fotos geneem van visse wat ons gevang het en weer terug geplaas het in die water en almal het gelewe ek is ‘n voorstaander vir “Catch and release” daarom dink ek dit is moontlik dat die dolfyntjie reeds dood was, net die betrokke mense sal dit kan bevestig.

Meraai ·

Ek het nog altyd gevoel dat toe God gevoel het hy wou iets magies, pragtig en edel vir die oseaan maak, het hy op die dolfyn besluit.
Dit gaan my verstand te bowe dat ENIGE IEMAND hierdie wesens skade wil berokken. Op die selfie fotos’s is sy ogies oop en op die verlate foto is die ogies dof en asof daar ‘n vlies oor is.
Julian Lennon se liedjie beskryf hoe ek nou voel: “Saltwater wells in my eyes.”

Eliza-beth ·

Simpel verby. The more I deal with people the better I love my dogs… overgesetsynde ek verkies diere bo mense

Elbie ·

Walglik en barbaars! Dis nou die tipe goed waaroor mense wil spog! Daar moet drasties fout met so persoon wees. Ek sou myself geskaam het om in so selfie te wees!

SUSAN ·

Nooit besef die Argentyne is nie baie slim nie. Die arme dier.

Voorlaaier ·

Kan bly wees dit het ni in SA gebeur ni!! Sou verseker in my bakkie klim en gaan gatskop het !!

Eugene ·

Ek hoop hulle is nou “vreeslik” trots en tevrede met hulle flippen “selfies” (dalk eerder “selfish”)…
Seker “wonderlike” fotos en herinneringe om na te kyk en te weet dat jy deel is van die oorsaak dat ‘n onskuldige dier dood is…

Walglik!

Anna Kappat ·

Never underestimate the power of stupid people in large groups

neelsie ·

Lyk of Argentyne dieselfde mentaliteit het as sekere Suid Afrikaners,alles moet verwoes word.
Om van naar te word!!

Justa ·

Hierdie diere mishandeling is maar die punt van die ysberg. Dit is om van naar te word om te sien wat aan diere gedoen word. Ek hoop hulle sal eendag die mensdom kan vergewe hoe ons hulle behandel het.

m ·

So is die mensdom, vernietig alles. Wat presies het deur hierdie sotte se koppe gegaan.

Zbc ·

En dié mense kan nie eens die kommentaare hiér sien nie……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.