‘Dolly’ maak haar finale buiging op 97

Carol Channing in 2007. Foto: ANA

Die lenige, lewenslustige Carol Channing wat Amerikaanse gehore in meer as 5 000 opvoerings van die musiekblyspel “Hello, Dolly” op Broadway vermaak het, is oorlede in die ouderdom van 97 jaar.

Haar woordvoerder, B. Harlan Boll, sê Channing het Dinsdag om 12:31 (plaaslike tyd) in Rancho Mirage in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië aan natuurlike oorsake gesterf. Volgens hom het sy twee keer die afgelope jaar ʼn beroerte gehad.

Benewens “Hello, Dolly” het Channing ook in ander Broadway-produksie gespeel, maar geeneen met ewe veel magnetisme nie. Sy het dikwels op televisie en in nagklubs verskyn en ʼn tyd lank saam met George Burns in Las Vegas en op ʼn landwye toe van Amerika opgetree.

Haar ekstragroot persoonlik was blykbaar te groot vir die silwerdoek; daarom het sy net enkele rolprente gemaak, waaronder “The First Traveling Saleslady” saam met Ginger Rogers en “Thoroughly Modern Millie: saam met Julie Andrews.

Ondanks klimmende jare het Channing tot in 1996, toe sy nagenoeg 75 jaar oud was, op landwye toere aanhou optree as Dolly. Tom Sales van die Washington Post het haar as “die negende wonder van die wêreld” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ander Annie ·

Ek groet ook met Hello Dolly. ‘n Legende en merkwaardige vrou. Sy het diep spore getrap in die musiek wêreld. Rus Sag Carol Channing en dankie vir al die plesier wat jy gebring het met Hello Dolly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.