Dommer is ons voorland, sê kenners

selfoon-selfoondata-slimfoon

Foto: Trofos/Pexels.com

Die “mense van vandag” is toe nié so slim soos hul ouers nie.

Dit is wat blyk uit ʼn navorsingsverslag wat vandeesweek gepubliseer is. Volgens dié studie het mense se intelligensiekwosiënt (IK) stadig maar seker die afgelope paar dekades begin afneem.

CNN berig die afname kan moontlik toegeskryf word aan omgewingsfaktore.

Noorweegse navorsers het die IK van Noorweegse mans wat tussen 1962 en 1991 gebore is geanaliseer en bevind dat die IK bykans drie punte per dekade styg vir dié wat tussen 1962 en 1975 gebore is. Daar is egter ʼn bestendige daling vir die wat ná 1975 gebore is.

Soortgelyke navorsing is in Denemarke, Brittanje, Frankryk, Nederland en Finland gedoen met soortgelyke resultate.

Ole Rogeberg, mede-outeur van die verslag en senior navorser by die Ragnar Frisch- sentrum vir ekonomiese navorsing in Noorweë, skryf die aanvanklike toename én die onlangse afname aan omgewingsfaktore toe.

“Om dit reguit te stel, dis nie ʼn geval dat dom mense meer kinders kry as slimmes nie. Dit het iets te doen met die omgewing want ons sien dieselfde verskille binne gesinne,” Rogeberg gesê.

Omgewingsfaktore kan veranderinge in die onderrigstelsel en mediaomgewing, voeding, minder lees en meer aanlyntyd insluit.

Stuart Ritchie, ʼn postdoktorale navorser aan die Universiteit van Edinburg wat nie betrokke was by dié studie nie, skryf die aanvanklike styging in IK toe aan die “Flynn-effek”, ʼn term wat die toename in intelligensievlakke in die 20ste eeu aandui, waarskynlik as gevolg van beter toegang tot onderrig.

Ritchie voer aan dat toegang tot onderrig waarskynlik die beslissendste faktor is om ongelykhede in intelligensievlakke mee te beskryf.

Robin Morris, ʼn professor in sielkunde aan Kings College in Londen, meen weer tradisionele intelligensie-maatstawwe, soos die IK-toets, is dalk nie meer so relevant in vandag se wêreld met sy vinnige pas en konstante tegnologiese verandering nie.

Die Noorweegse studie kan hier gesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Paul ·

Die IK en ander toetse mag dalk van dag nie relefant wees nie, maar verseker is die verstandelike vermoë nog meer relefant om die uitdagings van die moderne tegnologiese wêreld die hoof te bied. Is dit dan nie tot jou voordeel om te weet wat jou IK is nie?

Jan Seerot ·

Die Kruger-Dunning beginsels is van toepassing. Relevansie is vir seker belangrik.

Paul ·

Jan, nou wil ek graag weet, bestaan hierdie hulpmiddels nog vandag in ons skole, as die beginsels waarvan jy praat van toepassing is, druk die volstruis sy kop dan tot by die skouers in die grond?

Willem ·

Ek sien ook CR beduie in die dae dat werksondervinding is ‘n versperring vir indiensneming. So as ons IK deesdae maar eina is en ons het nie werksondervinding nie, wat dan?

Willem ·

Skuus, moet wees;”dan staan hulle grondonteiening ook voor”. Het geen benul wat hul date se gevolge sal wees nie. Zilts.

Koos de Meyer. ·

Ja hulle wil baie geld hê met geen ondervinding. As hulle volgens IK moet gaan weet ek nie so mooi nie. My IK sê vir my ek kan maar brand, plunder moord pleeg, verkrag, en wat nog alles. Ja swaer dis die werklikheid.

Gertryda ·

My IK is bitter laag……want ek verstaan niks wat deesdae in SA aangaan nie. En ek is in die diep 60’s

Gerhard ·

Oop grense en welsynstaat, dit is al. IK word nie beïnvloed deur onderrig nie.

Daan ·

Om te dink is harde werk, daarom doen so min mense dit
Speel liewer op jou foon en kyk TV, dit is baie lekkerder.
Gebruik sakrekenaar, baie makliker as om te dink om somme te maak om die antwoord te kry

Frans C ·

Die sg IK word gemeet deur IQ=MA/CA X 100 waar MA staan vir ‘Mental Age’ en CA vir
‘Chronical Age’.Dit was dan aanduidend van ‘the estimated rate of development’.

Die groot probleem was dus nog altyd dat die ‘mental age’ nie teen ‘n geordende spoed ontwikkel nie.Omgewingsfaktore lyk dan ‘n groot rol te speel asook lyk dit vir my verskillende waardesysteem.

Kenners wys dan ook daarop dat waardesysteme van ouer geslagte dikwels deur jonger geslagte ontgroei word.Wat dit dan ook al is, as ek eendag verdwaal in sê maar die Kalahari sal ek eerder gered word deur mense van die sg ‘Boesmangroep’ as ‘n professor in wysbegeerte, met ‘n IQ wat jou verstom.

Ja maar ·

Ja maar as jy ‘n toesighouer nodig het vir jou meestersgraad, sal jy seker die prof gaan vra en nie die woestynkenner nie. Mens moet maar appels met appels vergelyk ne

Grassie ·

Hulle moet liewers nie te veel bodder met IK toetse in ons land nie. Die waarheid gaan vir baie mense baie seer byt. Verder moet ek nou liewers swyg.

weterse ondergang ·

Dit is ‘n feit dat, in westerse samelewings deesdae, slimmer mense sosiaal gedruk word om minder kinders te he, en dit is die hoofskop om die weste te laat val.

Riena ·

Dit is waar. En as mens self slim genoeg is, kan jy dit raaksien en toepaslik reageer deur self meer kinders te kry wat natuurlikerwys die gemiddelde IK sal opstoot. Omring jouself deur slimmes!

Rupert Ashford ·

Julle praat van eerlikheid, mededeelsaamheid, harde werk, self dink en minder afhanklik wees van masjiene, waardes. Al hierdie dinge word ons Gen Ys en die wat na hulle kom geleer is nie meer belangrik nie. Almal is wenners, gelyke uitkomste ipv gelyke geleenthede. Dom word hulle verseker ook en veral as die ouers onbetrokke is en nie die gemors bietjie teenwerk nie.

Nel ·

Die toekomstige Antichris wil die mensdom dom hê sodat ons makliker beheerbaar kan wees.

Willem ·

Nel, nie dat die anrchiste minder dom is nie, dalk net slinkser, manipuleerders….

Rupert Ashford ·

Antichris is klaar hier en beheer ons reeds – kyk maar die fondamente van die “hot topics” van vandag – alles word beoordeel volgens “gevoel” en goeie ou common sense word afgemaak as rassisme, seksisme, agterlikheid ens. Let wel nog nie “Die Antichris” nie hoewel ek dink hy is nie ver nie.

Ella ·

As ek kyk na die spelfoute in die kommentaar dan hoef ons nie te wag nie. Dit het reeds gebeur word net erger.
Kinders sit met neuse in selfone en Ipads en kan nie eens meer n gesprek voer wat nog te se spel…

Bob-en-Jan ·

Sou ek enige verwysings gee oor IK wat te vinde is op Youtube dan sal hierdie kommentaar sneuwel. Tik maar self ‘IQ’ op Youtube en gaan kyk/luister wat gesê word. Dan sal ook verstaan word waarom ons is waar ons is en hoekom dit so is dat ons daar is.
Charles Bukowski het gesê ‘The problem with the world is that the intelligent people are full of doubts while the stupid ones are full of confidence.’
Daar is nog aanhalings wat ek liefs maar by sal verbyhou.
Dit is ‘n uiterste tragedie oor wat aan die gebeur is.

Nettie ·

Tjaag wat, as ek dinge nou so beskou ….. met dié wat SA se landsgrense so oop lê en elke Jan Rap en sy Maat sommermaar net so oor- en instap, is dit g’n wonder as die deursnee IK in SA met dawerende lawaai as hoe laer en laer en laer sak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.