Donald Trump: ‘Ek sal julle nie in die steek laat’

Trump saam met sy vrou Melania en hul seun Barron na sy oorwinningstoespraak. Foto: AP Photo/John Locher

Trump saam met sy vrou Melania en hul seun Barron na sy oorwinningstoespraak. Foto: AP Photo/John Locher

Donald Trump het, kort nadat hy tot 45ste president van Amerika verkies is, ʼn oorwinningstoespraak gelewer.

Trump het, omring deur sy gesin en verkiesingspan, gesê dit is tyd dat Amerikaners saamkom as een verenigde volk. “Ek sal ʼn president wees vir alle Amerikaners. Ek sal uitreik na diegene wat my nie ondersteun het nie. Ons moet almal die land verenig.”

Hy het gesê as almal saamwerk, kan hulle begin om die land te herbou. “Miljoene mense sal werk wanneer ons die VSA begin herbou. Niks wat mense vir die toekoms wil hê, is buite hul bereik nie, ons sal nie langer vir niks minder as die beste skik nie.”

Volgens Trump sal Amerika “gemeenskaplike gronde” soek in sy verhouding met die internasionale gemeenskap en nie vyandigheid nie. Trump het sy ouers, familie en verkiesingspan bedank en gesê hy is baie gelukkig dat hy heelpad hul ondersteuning geniet het.

“Dit word as ʼn historiese gebeurtenis beskryf. Dit kan nie een wees as ek julle in die steek laat nie. Ek belowe ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek sien baie daarna uit om jul president te wees.”

Trump het gesê hul werk vir die verkiesingsveldtog is verby, maar dat die werk vir hul “beweging” nou eers begin. “Ons gaan dadelik aan die werk spring en hopelik doen ons ʼn werk wat julle sal trots maak op my as president. Dit is my eer. Ek is lief vir die land.”

Donald John Trump is op 14 Junie 1946 in New York gebore. Hy is een van vyf kinders. Trump het in sy jong loopbaan vinnig opgang gemaak as eiendomsmagnaat. Dit was egter sy sosiale lewe en egskeidings wat die nuus gehaal het.

Trump is in 2005 getroud met die model Melania Trump. Hy was twee keer vantevore getroud. Trump het vyf kinders, drie uit sy huwelik met Ivana Trump. Hy het ook ʼn dogter saam met die aktrise Marla Maples en ʼn seun saam met Melania.

Sy jarelange betrokkenheid by ʼn realiteitstelevisieprogram oor entrepreneurskap, The Apprentice, waarin hy week na week potensiële werksaansoekers afgedank het met die woorde “you’re fired”, was ’n reusesukses. Hy het in Junie 2015 aangekondig dat hy vir president sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Johan ·

Wys net God is in beheer. Ek het Julie al gekyk na die video op youtube “Trump chosen by God to stop America’s destruction” gaan kyk gerus. Die profesie is al 2011 deur ñ Engel aan die persoon gegee.

jaco ·

trump is natuurlik n evangeliese wedergebore christen…
In werklikheid is Trump deur 2 egskeidings en een van sy vorige vroue was met pornografie betrokke

Johann ·

At tog Johan! My genant! Glo jy regtig die absolute twak? As Clinton sou wen dan sou daar die toepaslike “profesie” vanuit YouTube op gegrawe word.

Pippa ·

Doen die moeite en gaan besigtig die bogenoemde video op youtube Johann….jy sal aangenaam verras wees

Ekskuus ·

Ekskuus Jaco? Hoe is daardie vir ‘n ‘evangelies wedergebore Christen’ jy oordeel Donald Trump oor twee egskeidings en omdat een van sy VORIGE VROUENS met pornografie deurmekaar was? Dan glo jy seker ook nie in die kruis en in vergifnis nie, en van wanneer af kan jy nie ‘n Christen wees as een van jou vorige vrouens met pornografie ‘deurmekaar’ was nie? Dit is hoekom mense hulleself distansieer van Christenskap, dit gaan net oor oordeel en veroordeel, geen liefde en vergifnis nie.

Johan ·

Kyk eers die video en lewer dan komentaar. Ons ken Trump op hoor sê. Wie van ons kan klippe gooi. God het ook slegte mense gebruik as julle die bybel ken.

AB ·

By God is niks onmoontlik nie en ek glo Johan Ek wil ook pleit kom ons pleit vir verlossing Ons is God se Isreal volk Ons moet net terug keer na morele waardes en Trump staan daarvoor en nie Nuwe SA se president nie

Jeanne ·

Dink ek moet my visums/groenkaart wat ookal gereed begin kry om Amerika toe te emigreer, ek dink dinge gaan nou daar begin gebeur. Hier gaan ons nie wen nie.

m ·

Ons hoop regtig daar kom n verskil. Die wereld is moeg vir oorlog en rassisme.

Rens Roodt ·

VADER IS OOK HIER IN BEHEER – DIT KAN HOM NET N SEKONDE NEEM OM ONS BLANKE BOEREVOLK TE KOM VERLOS – BLY OP JOU KNIEE

Pippa ·

Rens….jy slaan die spyker op sy kop…..die mens wik maar God beskik!

Pippa ·

Rens jy slaan die spyker op sy kop…die mens wik maar God beskik!

Liza ·

Ja Rens dit wat jy se is waar, ons moet net op ons kniee bly….. hoekom moet ons vlug …. ag nee wat… dit sal nie help nie…. Net ons God kan ons help…

Flooi van Vuuren ·

On met op ons kniee te bly gaan nie help nie, ons moet sodra ons klaar gebid het opstaan en die geleenthede wat God vir ons skep neem en gebruik en ons self verlos. Die Israeliete van ouds is nie uit egipte uit ‘gebeam’ nie, hulle moes self daaruit stap…

Deon ·

Trump …vir winde van verandering wat ook oor die suide van Afrika sal waai. Die betreurenswaardiges van gister is die leiers vandag. Daar is opwindende tye op hande waarby ook Afrikaners gaan baat.

JC ·

Ek stem saam Deon-winde van verandering!
Terug nou ou en getroue tradisionlee waardes en die omverwerping van die huidige diktatuut van die “demokratiese” onverdraagsame liberaal politiese korrekte siekheid!!

Herman Goosen ·

Beide candidate was baie kontroversieel, maar onthou net dat jy nie moet wonder waarom dit sleg gaan in jou land as jy onetiese mense as jou leier instem nie. Clinton is nes haar man baie onderduims en die Weste het nou ‘n sterk leier met harde duidelike “Die Weste kom eerste” beginsels nodig om weer die kwynende ekonomie aan die gang te kry eerder as om Polities korrek op sosiale vlak te wees. Trump is verder ook nie juis oorloglustig nie, en met die geweldige spanning tussen die Ooste en die Weste tans kan daar dalk hopelik verligting kom wat ‘n tweede koue oorlog kan voorkom.
Ek dink die beter kandidaat vir die huidige omstandighede was gekies.

Vic ·

Herman, hoe dink jy oor Trump se gedrag teenoor vroue – of is dit nie van belang nie?

Cherokee ·

Vic, jy oordryf. Ons almal sê soms dinge wat ons nie wil in beter geselskap laat hoor nie. Waarskynlik het Donald Trump ‘n paar onwelvoeglike stellings gemaak wat oordryf is deur oorvertellings en die media, maar as jy nou dink dat juis dit beteken dat Clinton die beter opsie sou wees, is jou redenasievermoë ernstig onder verdenking.

Fanie ·

Konserwatiewe Amerikaners by uitstek het besef hulle is self verantwoordelik vir hulle oorlewing. Die Libs kan nie ‘n duit omgee nie.

MCS ·

Was daar enige ander profesie oor SA behalwe siener V Rensburg. Want as daar nie was of nog gaan wees dan gaan SA nie so maklik transformeer soos die USA nie!

Die naam is Pompies.... Piet Pompies ·

Wat doer ver gebeur sal ons net baat as ons ook die houding ontwikkel: “Niks wat mense vir die toekoms wil hê, is buite hul bereik nie, ons sal nie langer vir …. minder as die beste skik nie.” (Donald Trump in sy oorwinningstoespraak). Afrikaners het al vele keer opgestaan, hul het net te veel ore uitgeleen aan die (nogal Afrikaanse) media wat ieder en elk verdag of bespotlik maak wanneer hulle volksgeoriënteerde stellings maak (Die veldtog teen Steve is ook ‘n maaksel van daardie selfde media).
Gaan Maroela media nou asseblief vir ons boere ‘n beter tydskrif as Landbou weekblad aanbied? Dis dringend noodsaaklik.

Kobus ·

Stem saam. Mense is moeg vir liberale. Liberalisme het te ver gegaan. Human Right is deel van die gemors. Hulle wil orals n eiertjie lê oor doodstraf, gays ens. Die mense is gatvol. Die media volg die tedens van die liberaliste. Probeer hul menings en sienings in ons keelgatte afdwing. Die mense het gepraat

Bessie ·

Vele gebede is verhoor. Ek stem: God is in beheer. Ons aanbid n grote God, alles is vir Hom moontlik, al het die media vir Clinton voorkeur gegee. Die media sal ook nou n ander deuntjie begin sing. Baie geluk Donald Trump en jammer Clinton, maar die beste ou het gewen, en jy was mos al in die Withuis. Dit het tyd geword vir nuwe bloed!!

Theuns ·

Ek was verkeerd en die wat gese het Trump gaan wen was reg. Die demokrasie het gewen. Maar nou begin die Trump Clan se bekommernisse. Vir die Trump mense wens ek voorspoed toe en dat ek weer verkeerd bewys sal word. Groete.

Kobus van der Watt ·

Siener was alweer verkeerd oor die swart touleiertjie Obama. Vergeet van Siener, dis iemand met ‘n politieke agenda se twak en versinsels.

Tokkie ·

Jy moet die res na die touleiertjie ook gaan lees en sy ander visioene bylees.

Joh. 3:16 ·

Aaaag my…. ek blaas sommer ‘n logieka senuwee oor hierdie bygelowigheid oor Siener Van Rensburg. My volk verafgod hom… terselfdertyd hoop hulle op uitkoms van die Drie-enige God. Julle moet besluit wie julle wil volg. Ek volg my Here Jesus Christus. Ek bid tot my God en de hel met Siener se pessimisme…

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg. Jy hoor (byna) geen van die Siener-aanhangers na enige profesie verwys wat geprofeteer deur profete van 2000 en 3000 jaar gelede maar hulle vertel net van Oom Siener se sieninge en dik sommer aan ook. Ek neig te dink die storie oor ‘ ń nag van lang messe’ wat ‘n groep destyds versprei het, het hulle ook voor die deur van Siener Van Rensburg probeer lê , met ander aanhangers wat sy boeke verslind wat gesê het hulle praat strooi.

Vivian ·

My hart is bly vir Amerika. God se goedheid vir hulle. HUL BETER DIT WAARDEER.

Waarheid ·

Dit is baie belangrik om in die spesifieke tyd waarin ons woon te kyk na Bible Prophecy. Met die vorige eerste verkiesing van Obama het God die waarskuwing gegee aan Sy kinders om te bid oor die verkiesing anders sou dit groot gevaar beteken vir hul land. Ons as kinders het nie gehoor gegee nie. Met hierdie verkiesing het die seun van Billy Graham verlede week ‘n beroep gedoen aan al die christene in USA om te gaan bid en vir God te vra vir wie hulle moet stem en te vas vir daardie Donderdag en te repent namens hul land. Ek dink nie ons besef hoe God se hand oor hierdie verkiesing is nie. God het deur Nehemiah se gebede in die Ou Testament Koning Artaxerxes se hart verander en versag en dit was deel van ons gebede vir die verkiesing.

Waarheid ·

God kan dieselfde doen met Trump se hart en dit ter wille van God se kinders wat die minderheid is in daardie land. Die afgelope jaar het dit so verander in die USA dat jy nie meer die naam van Jesus mag noem nie. Kyk bietjie die nuus links wat ons in ons media nie sien nie oor wat presies daar aangaan en met Hillary nou nie as president nie is die kans groter dat die 3de wêreld oorlog teen Rusland vermy nog kan word. Dit wat in die Bybel staan sal woord vir woord nog bewaar word, God is net geduldig en gee ons nog kans, want Hy wil hê almal moet gered word. Ons moet nie die krag van God onderskat nie, Hy leef en is nog in beheer en is ‘n God van oneindige liefde vir almal. Kyk bietjie https://www.youtube.com/watch?v=YRp-P1uFjag Proverbs 21:1-2 The king’s heart is like channels of water in the hand of the LORD; He turns it wherever He wishes. Every man’s way is right in his own eyes, But the LORD weighs the hearts. To do righteousness and justice Is desired by the LORD more than sacrifice.…

Denise ·

Hoop als gan goed en dat die mense in vrede kan lewe !!! Ek stem nog steeds vir n president soos Rusland het!!!!

Valie ·

Ek wou nie eers ‘n mening waag nie, maar het tog gehoop vir Trump se oorwinning. Kyk na die tipe mens wat hy is: Obsessief en oorpresteerder.. Indien hierdie man besluit om die beste president ooit te word sal hy homself breek in daardie proses, en sal hy waarskynlik ‘n goeie kans hê om dit te word ook. Hy het die potensiaal, praat net soms bietjie te vinnig. Hy is nie polities korrek nie, maar ons ondervinding hier in SA wys duidelik dat politiese korrektheid NIE vrede en voorspoed waarborg nie, ook nie selfbeskerming nie. inteendeel… politiese korrektheid kan maklik so ver gevoer word dat dit ‘n selfvernietigende faktor word… Vra maar vir Europa met hulle immigrante probleem en polities korrekte standpunte.

Truth ·

Dit is baie belangrik om in die spesifieke tyd waarin ons woon te kyk na Bible Prophecy. Met die vorige eerste verkiesing van Obama het God die waarskuwing gegee aan Sy kinders om te bid oor die verkiesing anders sou dit groot gevaar beteken vir hul land. Ons as kinders het nie gehoor gegee nie. Met hierdie verkiesing het die seun van Billy Graham verlede week ‘n beroep gedoen aan al die christene in USA om te gaan bid en vir God te vra vir wie hulle moet stem en te vas vir daardie Donderdag en te repent namens hul land. Ek dink nie ons besef hoe God se hand oor hierdie verkiesing is nie. God het deur Nehemiah se gebede in die Ou Testament Koning Artaxerxes se hart verander en versag en dit was deel van ons gebede vir die verkiesing.

Truth ·

Dit is baie belangrik om in die spesifieke tyd waarin ons woon te kyk na Bible Prophecy. Met die vorige eerste verkiesing van Obama het God die waarskuwing gegee aan Sy kinders om te bid oor die verkiesing anders sou dit groot gevaar beteken vir hul land. Ons as kinders het nie gehoor gegee nie. Met hierdie verkiesing het die seun van Billy Graham verlede week ‘n beroep gedoen aan al die christene in USA om te gaan bid en vir God te vra vir wie hulle moet stem en te vas vir daardie Donderdag en te repent namens hul land. Ek dink nie ons besef hoe God se hand oor hierdie verkiesing is nie. God het deur Nehemiah se gebede in die Ou Testament Koning Artaxerxes se hart verander en versag en dit was deel van ons gebede vir die verkiesing.

Kobus ·

en TB Joshua het voorspel Clinton gaan wen. Die mense wat so agter die nigeriese profete aanhardloop, laat julle oë oopgaan.
Interessante opmerking wat iemand gemaak het. Vandag is 9/11

bendons ·

Geluk Trump. Sterkte met die taak. Dit is tot ons voordeel as voorbeeld dat ons hier ook geregtigheid kan laat seëvier.

Dan ·

Uiteindelik het ‘n segment van die VSA bevolking hulle verstand begin gebruik en vir Trump gestem. Die mense daar het begin besef hulle is besig om dieselfde paadjie te stap as wat hier by ons gebeur het. Dit is egter kommerwekkend dat soveel steeds vir Clinton gestem het. Hierdie is ‘n geweldige klap in die liberaliste se gesigte en hul het reeds soveel skade in die VSA aangerig dat ek nie seker is of Trump in vier jaar veel gaan kan uitrig om al daardie gemors weer te probeer herstel nie.

Andre ·

Sal Trump se administrasie weer sg. SA Vryheidsvegters as TERRORISTE klassifiseer en hulle visums weier as hulle die VSA wil besoek?
Andre

Johannes ·

Wat ‘n blye dag sal dit nie wees. Die realiteite aanspreek vir wat dit is.

Andre ·

Sal die nuwe Trump administrasie finansiële sanksies en ‘n reisverbod instel teen Jacob Zuma (en kie) en die Guptas?
Soos wat gedoen is met Robert Mugabe en sy kornuite?
Andre

Andre vander bank ·

Reeds 24 jaar in Amerika as n eertydse SA burger mag ek net byvoeg. Trump het al destyds sy besorgheid uitgespreek oor Suid Afrika. In n tweet dan ook gese, “South-Africa in absolute chaos, goverment very, very corrupt.”

Hendrik ·

Veels geluk Amerika. Julle nuwe president glo klimaatsverandering is n versinsel van China, glo dat inentings outisme veroorsaak en glo dat 50% van die wêreld se welvaart nog steeds nie genoeg vir die 1% rykste mense is nie – hy wil groter belastingkortings aan hulle gee!

chrisp ·

Dit is nou die tweede keer waar ek verkeerd was en beide kere was en is ek baie bly daaroor. Ek het die een nie sien kom nie en het geglo dat die liberale media die Amerikaanse bevolking weer sou “mezmeraais”. Ek dink dat die alternatiewe medie ‘n baie groot rol hierin gespeel het om die MSM(hoofstroom media) se openlike aanhang van Hellery uit te wys. Ek wonder of die liberale media oor die skok sal kom. Hulle weiering om feitlik te berug het die publiek baie skepties gemaak oor hul sienings.

Wat ‘n wonderlike dag vir die konserwatiewe wereld en Amerika. Mag dit ook so wees in Suid Afrika
Doen nou net wat jy belowe het.

LS ·

Team Trump !!! Whoop Whoop !!!
Well done – Congratulations President TRUMP !!!

Vic ·

A, nog n president wat glo vroue is daar vir sy plesier – behoort goed met ons eie president klaar te kom

chrisp ·

Vc.
Is jy ‘n liberaal?
Indien wel verstaan ek jou getokkel op een snaar.
Terwyl ons hierby is gaan lees gerus oor die stories van Hell ery se wegsteek en saamlieg oor die” verkragtings” beskuldigings van haar man. Hy sal selfs lees dat sy bewus was daarvan.Of dit waar is is ‘n ander saak.
Ek weet net die vrou gee my koue rillings.

marie visser ·

So dankbaar Trump het gewen. Kobus ek stem saam met jou m.b.t. alles wat jy oor liberalisme te sê het.. Ek self dink liberalisme is uit die hel.

anna ·

wat n wonderlike man het gewen wens SA kry so wonderlike min woooo baie geluk Tromp

Elsabe ·

“Let everyone be subject to the governing authorities, for there is no authority except that which God has established. The authorities that exist have been established by God. ”
— Romans 13:1

Jesus answered [speaking to Pilate], “You would have no power over me if it were not given to you from above.”
— John 19:11

By me kings reign…
— Proverbs 8:15

…he removes kings, and sets up kings…
— Daniel 2:21

Then God removed Saul and made David their king…
— Acts 13:22

No one … can exalt themselves. It is God who judges: He brings one down, he exalts another.
— Psalms 75:6-7

…the Most High has power over human kingdoms. He gives them to whomever he wishes.
— Daniel 4:17

Disselboom ·

Ai Elsabe. Dalk goeie aanhalings uit die Bybel, maar ons het mos die wonderlike voorreg van ‘n Afrikaanse Bybelvertaling wat mens seker op ‘n mooi Afrikaanse forum soos Maroelamedia kan aanwend – juis te meer as dit gaan oor iets so innig as geloof en belydenis.

humor ·

Baie geluk aan die Amerikaanse volk. Dit gaan n felle stryd wees om die liberalerommelhoop op te ruim. Ons as gelowiges vertrou dat God dit verder sal voer en van Amerika n waardige land te maak. Hier by ons le dit nog baie ver in die toekoms in. As u wil weet hoe lyk die moderne Afrikaner kyk maar na Fiestafeeste. n morsige gebruik van ons Afrikaanse taal. Nerens in sig is daar n Afrikaanse advertensie of kennisgewing op die terein nie. Ek dink soms ons stryd om n waardige Afrikanervolk is byna onmoontlik. Hoop nie so nie!!!!!!!!

Stormrider ·

Ek is so opgewonde. Samuel L Jackson het gedreig hy gaan hiernatoe trek as Trump wen. Ons gaan vir hom ‘n rol op Isidingo reel

chrisp ·

HE HE HE.
Ja hy sal dit maklik kry hy sal tel as ‘n “agtergeblewene” dan is die BBEE of watookal se punte ook nog beter.

Lance ·

Die man praat baie reguit….. hy moet ook vesigtig wees want mens moet ook imosioneel intelegent kan wees om jou sin te kry en mense op n mooi manier kan oortuig

Veritas ·

Cherokee, jy moet leer om tussen die lyne te lees. Daar is geen spelfoute nie.

Esmay ·

Viva Trump. So bly hy is die nuwe president. Die laaste keer wat ek so opgewonde was was toe PW Botha my president was!!

gatiep ·

Geen mens sou dit wat Trump gedoen het vandag kon regkry sonder die hulp van die Here nie.
Selfs ons media hier was teen hom.Die ligte is nou aan Steve ons kan hulle sien jou kans is nou goed dat US sal luister na jou.

JOHAN BESTER ·

AAN DIE HERE AL DIE EER .Ek glo met my hele wese dat Hy dit so bewerk het.Ons is in die laaste oomblike voor Jesus so koms om sy bruid te kom haal.Hy wil graag almal daar he en daarom glo ek Hy het dit toegelaat sodat die wereld kan wakker skrik .Ek hoop en bid dat ons volk hier in SA swart en wit en al die ander sal wakker wordvoor GOD se trompet gaan blaas,
Nogal opvallend dat SA se afgod rugby ook nou val.
SA moet begin om God te soek en hulle tyd en geld op Sy saak spandeer en nie op rugbykaartjies nie dan het ek hoop vir ons land.
MNR TRUMP AS U AFRIKAANS KAN LEES BAIE GELUK EN HELP DIE WERELD EN VERAL VERROTTE SA EN AMERIKA OM WAKKER TE WORD.SEEN EN VOORSPOED.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.