Donald Trump loop voor

Foto: AP Photo/Paul Sancya

Foto: AP Photo/Paul Sancya

Die Amerikaanse verkiesing het in ʼn naelbytstryd begin ontaard nadat Donald Trump belangrike oorwinnings oor Hillary Clinton behaal het.

Trump het Florida verower en dit lyk asof hy dieselfde uitslag in Ohio gaan behaal. Florida en Ohio is van die deurslaggewende deelstate in die stryd om presidentskap. Clinton het volgens voorspellings oorwinnings in Virginia en Colorado behaal.

Die moontlikheid dat Trump president kan word lyk vanoggend nie meer so vergesog soos aanvanklik voorspel is nie. Verskeie belangrike deelstate moet egter nog verklaar word.

Hillary Clinton. Foto: AP Photo/John Locher

Hillary Clinton. Foto: AP Photo/John Locher

Clinton het intussen aan haar ondersteuners op Twitter gesê: “Wat ook al vanaand gebeur, dankie vir jul ondersteuning.”

Clinton het in die tradisioneel Demokratiese deelstate koning gekraai, terwyl Trump in die Republikeinse deelstate gewen het. Beheer oor die senaat is intussen ook op die spel.

Die wenner van die VSA se verkiesing word deur ʼn kieskollege aangewys. Elke staat kry ʼn aantal afgevaardigdes volgens die bevolkingsgestal van die staat, met ʼn minimum van drie stemme vir state soos Wyoming, Alaska en Noord-Dakota, wat baie klein bevolkings het. ʼn Kandidaat moet 270 stemme uit die kieskollege op hom verenig om te wen.

Trump het teen Woensdagoggend Suid-Afrikaanse tyd reeds 216 stemme op hom gevestig terwyl Clinton met ʼn kortkop agter is op 197.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

White trash ·

Assange meen dat Trump nie toegelaat sal word om te wen nie. Na die diaboliese “spirit cooking” debakel m.b.t.. Hillary is ek voluit in die Trump kamp.

Johan II ·

Eks met jou White trash…hoop maar hy is nie ook in die NWO se sak soos die res nie.

Anton Visser ·

Ek is ook white trach en steun Trump van die begin af 100%! Mag hy wen!

John ·

Ek weet darem nie, alles klink goed, maar hy is maar net n wit Malema

Therry ·

Piet man, jy slaan die spyker op die kop oor John! Waarom mag blankes nie so radikaal uitgesproke wees soos ander rasse en /of kulture nie?

John ·

Watter John is hierdie? Dis nie ek nie. Trump is ver van Malema. Hy het nie nodig om witmense te fusilleer nie. Hy is self wit en werk vir sy geld en eiendom. Die 2 oumense moet ouetehuis toe. Hulle het hul kans gehad en… kan iemand iets positiefs onthou van die Clintons?

Therry ·

Nee John daar was niks noemenswaardig goed wat hulle vir hul land gedoen het nie.

Jean ·

Ek is bly, hoekom moet ons altyd net die een kant van die storie kry? Hoekom word net sekere lewens in die wêreld geag belangrik te wees. Ek dink Amerikaners is soos Suid Afrikaners keelvol vir alles wat hulle moes sluk ter wille van politieke korrektheid. Troos julle daaraan hy kan nie slegter wees as ons eie President nie. Ek ondersteun hom nog die hele tyd, en ek voel ten minste neem hy standpunt in. In SA doen ons eie regering niks aan Malema wat openlik haatspraak teenoor minderheidsgroepe aanblaas nie, almal staan terug en privaatorganisasies moet hom aanvat, of politieke partye wat nie eers ‘feature’ nie. Waar is die opposisie, of stem hulle ook half en half saam met hom? Dit is wat my bang maak, ten minste hang Trump nie in die middel nie, hy het standpunt ingeneem, in SA is daar nog te veel draadsitters wat sit en kyk of Malema nou regtig gaan doen wat hy sê en hoop en bid maar dat hy nie ernstig is nie. Dit kos net een mens met ‘n klomp ondersteuners om ‘n land op te neuk. Trump kan nie ‘n slegter werk doen as Zuma nie.

Loerie ·

Gaan kyk na ‘n onlangse foto van Bill Clinton. Sy siel het Aids.

Jan Els ·

Volgens Van Wyk van Landbouweekblad is Trump seker ook “white trash”.

Koos ·

Die keuse was tussen die beste van die slegste. Tragies dat die VSA politieke stelsel aanleiding gegee het tot ‘n keuse tussen hulle twee

Jopie ·

Toe Obama daar verkies was, het dit die hele sisteem ge-downgrade.

Lolla ·

Laaste verkiesing het Amerika hul eerste swart president gekry. As Trump wen, kry hulle hul eerste oranje president.

Susan@ ·

Trump vir triomveer!!! Reguit ja maar beter as om in die donker te konkel. You go Trump!!! ??

Therry ·

Susan, my opinie ook!?
Mag Trump die kans kry en dalk word wêreld geskiedenis gemaak onder sy regering

Marietjie ·

Ek hoop van harte Hillary Clinton wen !!! GO HILLARY !!!

Paula ·

Vroue wat vir Hillary stem net omdat sy ‘n vrou is, en nie eers moeite doen om te gaan kyk waarvoor sy staan nie, is onnosel verby.

Anne ·

Stem saam met jou. Trump is verseker ‘n beter kanidaat as Hillary

CAROL ·

JOHN – EK STEM SAAM – OUETEHUIS ROEP HULLE. MAAR EERDER VIR JON BON JOVI PRESIDENT (KYK HY KRY AL MY VOTES) LOL

A ·

Bon Jovi??? – hy was een van die sangers wat gehelp het om die wit regering in SA uit te kry? En het hy nie ‘n groot geraas gemaak oor sy aandeel in die skepping van die demokrasie in SA nie. En waar sit ons nou?

m ·

Sjoe weet nie so lekker van Trump nie. Lyk na n mens wat nie graag na ander luister nie en sy eie wil afdwing. n President moet verkieslik na almal se behoeftes kyk en luister. Dis ma soos in hierdie land, daar word net na een groep geluister en die res word ma uitgemoor vir die pret…….. Sterkte Amerika, ek dink julle probleme het begin….

Lila ·

A nee a man! Word wakker M! Hoe kan jy so nagatief wees!? Trump is konserwatief en staan op vir die dinge waarin hy glo! Hy hou niemand in die duister soos hier by ons! Onthou in die VSA het wit en swart mense gestem.. tot sommige swart mense hou van sy idees! Wat het Obama juis goed gedoen in sy tyd as president? Ook maar net die golf gery.. ek glo Amerika gaan nou selfs “Bigger and Better” wees as ooit van te vore.. en ek dink die res van die wêreld se probleme het nou begin… Mexico… ISIS… en moenie van ou Mugabe vergeet nie! Hy kom vir hom uitrook daar waar hy skuil sodat hy kan begin boet vir die volksmoord wat hy so aangeblaas het! Ek hoop Zuma en Malema is daarna op sy lysie!

Adolph Oosthuizen ·

Soos wat Hendrik en ander se sentiment in die kommentare is stem ek heelhartig saam. Die Amerikaners het die moed om te stem vir dit wat vir hulle die beste is, en voel vere vir polities korrekte optredes so eie aan Suid Afrika.
Liberaliste het dit reg gekry om sommiges in Suid Afrika te laat glo dat hoe slegter dit met ons gaan hoe gelukkiger moet ons wees omrede dit nie nog slegter gaan nie.

Johannes ·

Stem 100% saam Adolph. Ek wens ons kon dieselfde gedoen het in 1992… die liberaliste kon saam met die res van die wereld gaan bars het.

Adolph Oosthuizen ·

Dankie Johannes, hou net moed dinge sal wel beter gaan sodra nog meer mense genoeg van die pyn en verdriet wat ons tans beleef gehad het.

foxi ·

Eerste punt………waarom verneder julle julself so om uit te blaker WHITE TRASH!!!! Is dit nie genoeg om te weet ons word so genoem nie? Nee man…….kom by asb.

Tweede punt…….maak nie saak wie gaan wen nie…….nie een van hulle twee is opgewasse om n land te regeer nie! Hier is arrograsie wat hulself probeer verhoog om geeer te word. Jy kan jou naam met goue letters op jou stoel graveer…..maar dit sal jou nie in die Hemel bring nie.
Rooi en blou vlaggies word nou gewaai……maar in die dae wat kom…….sal daardie einste vlaggies halfpad waai.

Therry ·

Al enige verdere nuus? Hoe lank nog voordat finale uitslag bekend sal wees?

T ·

Weet nie so mooi, maar ‘n paar maande gelede het ek ‘n Amerikaner ontmoet. Vertel my hulle moet vir Trump stem (hulle wil nie). Hillary glo korrup verby. Dit lyk of dit maar orals is.

Ander Hendrik ·

Die Amerikaanse media het bitter hard probeer om opinie teen Trump te vorm, en die mense het deur hulle gesien.

Manie ·

Hy het klaar gewen. Bloedneus vir Afrika met sy korrupsie en Moslems met sy wêreld oorheersing

Sakkie van der Merwe ·

Republikeine het Huis van Verteenwoordigers asook die Senaat gewen. Die Trumpette gaan blaas.

Therry ·

Yeah! Hoe lank nog voor Trump finaal aangewys is as nuwe president?

Disselboom ·

Laat ons maar versigtig wees om te kies tussen mense wat maar nie een eintlik eers probeer om ‘n skoon beeld voor te hou nie. Maar dat dit lekker is om te sien dat Trump se vertoning in die presidentsverkiesing die tendens van Brexit voortsit, naamlik dat daar nuwe beweging in die wêreld kom wat dui op ‘n verskuiwing weg van die gedweë aanvaarding van die gemanipuleerde agenda, is ‘n feit. Versigtig wel wat dit alles kan inhou – laat ons bid dat owerhede en magte tot God se wet gedwing sal word ter wille van die rustige bestaan dat die kerk van Christus kan gedy.

Johannes ·

Ek hoop van harte so! Dalk begin mense se oë uiteindelik vir die realiteite oop gaan?

Cherokee ·

Baie duidelik het Trump die Suid Afrikaanse Staat ook reeds gewen.

Milan ·

Wat is die engelse term vir die woord troefkaart in die spel Brug? Trumps!

A ·

En daar wen Trump die presidensie. Nou kom daar ‘n ding…………..

LS ·

Trump is elected president of the United States!
09:31 AM – 9 November 2016

Denise ·

Al wat die mense nou kan doen is hom ondersteun en n kans gee hy is n baie goeie sake man en weet wat hy doen hulle moet dankbaar wees hy is vir die wit mense en dit se klaar baie!!!!!

Pieter ·

En sy eerste taak is om die naam te verander van “The United States of America” omdat dit te veel ink gebruik op hulle briefhoofde.
In die toekoms sal die plek net bekend staan as “The Trump Dump”

Jan Els ·

Dit was Obama Dump. Lekker kort want die ink was min. Trump sal beslis die klomp libtards in die VSA en Europa vasvat. Die libtards het amper die hele westerse wėreld vernietig.

Rein ·

Ek kan maar net hoop Trump hou vas aan Christelike waardes en Christelike identiteit. Vice president Pence se toespraak het begin met dank aan God. Trump het God NIE genoem nie. Almal se vriende het hy bedank vir hul dienste, behalwe God s’n.
Laat ons maar net bid vir verandering in die rigting wat God se goedkeuring het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.