“Dooie” wat wakker geword het by begrafnisondernemer sterf

Porter and Sons-begrafnisondernemers

Porter and Sons-begrafnisondernemers

Walter “Snowball” Williams, ʼn boer van Mississippi wat drie weke gelede internasionale nuus gehaal het nadat hy by ʼn begrafnisondernemer “wakker geword” het, is verlede Donderdag in die ouderdom van 78 oorlede.

“Wel, hulle het hom weer omstreeks 04:15 kom haal,” het Williams se susterskind, Eddie Hester, aan WAPT gesê. “Ek dink hy’s hierdie keer weg.”

Maroela Media het vroeër berig Williams is in Februarie in ʼn hospitaal opgeneem weens hartversaking en is op 27 Februarie dood verklaar nadat verpleegsters en die lyksbesorger nie ʼn pols kon vind nie. Hy is na ʼn begrafnisondernemer oorgeplaas en het binne die lyksak begin beweeg. Hy is met ʼn ambulans weer na sy hospitaalbed geneem.

Williams, ʼn pa van 11 met ses agterkleinkinders, het gesê hy het net diep geslaap, maar gesinslede het gevoel daar is ʼn spesifieke rede waarom God vir hom die ekstra tyd gegun het.

“So baie mense is hierdeur geraak op verskillende wyses,” het Mary Williams, sy dogter, aan die Clarion-Ledger gesê. “Dit is ʼn getuienis wat langer sal leef as ons.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rentia ·

“Dit is ʼn getuienis wat langer sal leef as ons.”

Wat ‘n pragtige getuienis. Mag jul vader nou in vrede rus.

calvin ·

ek dink maar net dalk het hy net seker kom maak hy laat vrede agter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.