“Dooie” word wakker by begrafnisondernemer

Porter and Sons-begrafnisondernemers

Porter and Sons-begrafnisondernemers

ʼn 78-jarige Amerikaner wat dood verklaar is, het wakker geword net voordat hy gebalsem kon word, het die Amerikaanse media Vrydag berig.

Walter Williams is Woensdagaand dood verklaar toe paramedici nie sy pols kon kry nie. Hy is na die Porter and Sons-begrafnisondernemers in Lexington, Mississippi, geneem. Hy het egter ʼn paar uur later, toe die personeel sy liggaam wou voorberei, in die lyksak beweeg.

“Om ʼn lang storie kort te maak, hy is nie dood nie,” het Byron Porter, begrafnisondernemer, aan die plaaslike televisiestasie WAPT gesê. Porter sê hy het nog nooit vantevore so iets gesien nie.

Martha Lewis, Williams se dogter, het gesê sy weet nie hoe lank haar pa nog gaan leef nie, maar hulle is baie dankbaar dat hy weer wakker is.

ʼn Plaaslike lykskouer het gesê dit is moontlik dat Williams se pasaangeër gestop het en toe weer begin werk het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PETRA MEYER ·

O-NEE !!!!! DIT IS DIE WONDERWERKE VAN JESUS !!!! MOENIE VRGEET VAN JESUS NIE !!!!! HY KAN ALLES DOEN EN HET DIT BEWYS IN DIE SKRIF !!!!!! WOW !!!!!! JESUS LEEF !!!!!

Slim Daan ·

Ontspan tog Petratjie. Jy loop die gevaar om die episode by AVBOB te herhaal. Die “inskop” vd impuls-elektrodes het stellig bygedra tot die Lazarus-effek.

wil net se ·

Slim daan…
Jesus het gekom vir mense soos jy ook. . . Ons lees daarvan in God se woord dat daar in die eind tyd sal spotters wees net soos in die dae van noag. Daar sal alewig mense wees wat vir Jesus uit die prentjie skyf en tog net ‘n logiese oplossing probeer vind vir wat gebeur het. Dit was God se wil dat die sogenaamde pasaangeeer moes inskop. Ek bid vir jou sodat die ver- blinde oogvelle van jou oe sal afval en jy net vir Jesus van nouaf sal sien in alles. Jou lewe gaan drasties verander so ook jou gemoed. Jy gaan vir eens die mooi raak sien – die Jesus in alles wat fantasties is. Prys die Here vir weereens nog ‘n wonderwerk.

wil net se ·

@ slim daan.
Het jy geweet dat die rede hoekom Jesus 3 dae te laat was vir Lazarus is nie omdat Hy nie almagtig genoeg was nie, maar juis sodat die wonderwerk soveel meer powerfull kan wees!(Die lyk het al geruik)
… So powerfull, dat tot jy daarvan weet! Bid nogsteeds ve jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.