DreamWorks aan NBC Universal verkoop

DreamWorks

DreamWorks

DreamWorks Animation, wat verantwoordelik is vir treffers soos Shrek, Madagascar en Kung Fu Panda, gaan deur NBC Universal oorgekoop word.

Die maatskappye het Donderdag bevestig DreamWorks word gewaardeer teen ongeveer $3,8 miljard, en NBC sal $41 per aandeel betaal aan DreamWorks Animation-aandeelhouers. Die maatskappy was ongeveer $2,3 miljard werd voor gerugte oor die ooreenkoms aan die lig gekom het.

“DreamWorks Animation is ʼn wonderlike toevoeging tot NBC Universal,” het Steve Burke, uitvoerende hoof van NBC Universal, ʼn filiaal van Comcast, gesê. “DreamWorks sal ons help om ons fliek-, televisie-, temaparke- en gebruikersprodukmark uit te brei. Die vooruitsigte vir ons toekoms is ongelooflik.”

DreamWorks is in 1994 deur regisseur Steven Spielberg, Walt Disney-veteraan Jeffrey Katzenberg en musikant David Geffen op die been gebring. DreamWorks Animation is in 2004 opgerig onder leiding van Katzenberg. DreamWorks is in 1996 aan Paramount Pictures verkoop.

Bekende karakters van DreamWorks Animation

Bekende karakters van DreamWorks Animation

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.