Dreigemente op selfoon word ondersoek

Elna-Marie Abbott (Foto: Facebook via Elizma Theron)

Dreigende teksboodskappe van ʼn onbekende manspersoon is op Elna-Marie Abbott (29) se selfoon gevind.

Abbott, niggie van die sangeres Elizma Theron, se onthoofde liggaam is Vrydagoggend op ʼn treinspoor in Windhoek aangetref. Haar motor is later in die gebied van Ausspannplatz in ʼn parkeerterrein van Merensky Tower in Windhoek se middestad gevind, ongeveer 2 km van waar haar liggaam gevind is.

Zorena Jantze van die Namibiese koerant Informanté berig ʼn voorlopige ondersoek het bepaal dat Abbott haar motorsleutels by die ontvangs van die Merensky Towers ingehandig het. Sy het glo aan die ontvangsdame gesê ʼn man van Suid-Afrika sou later haar motor kom haal.

Speurders het haar motor deursoek. Verskeie persoonlike besittings, insluitend haar selfoon en drie sakke met klere en nagklere, boeke en grimering, is in die motor gevind.

Ondersoekbeamptes het aanvanklik gespekuleer dat sy dalk haar eie lewe geneem het, maar haar geliefdes weier om dit te aanvaar. Familielede wat met Informanté gesels het, het gesê hulle het ook gedink sy het dalk haar eie lewe geneem ná haar liggaam gevind is, maar die dreigende teksboodskappe op haar selfoon het daarna aan die lig gekom.

Die Namibiese koerant Republikein het intussen berig twee briewe, die een in Engels en die ander een in Afrikaans, is ook gevind met kontakbesonderhede van ʼn familielid by wie die persoon, wat haar voertuig in die parkeerterrein vind, die motorsleutel kan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

lion ·

Sy lyk na n sagte mensie..wat ookal gebeur het.. SAL NIE WEET NIE, SY IS DEFNITIEF N ENGEL WANT SY IS PRAGTIG.. EK GLO SO OOK BINNE KANTOE OOK MAG SY SAG RUS BY JESUS… STERKTE AAN DIE FAMILY EN VRIENDE.

Wenner ·

n Persoon wat selfmoord pleeg, kan nie sy eie kop van sy lyf af verwyder nie. Dis tog so duidelik soos daglig! Ek se al heeltyd, hier is meer aan die gang as wat hul wil te kenne gee. Ek is sooo Jammer vir haar familie

Al gesien ·

Dit is moontlik sou jy op die spoor lyn gaan le. Het dit al gesien en ek dink dit moet seker een van die mees angs bevange oomblikke wees om te le en hoor hoe jou dood nader rol. Ongeag wie wat…… Sterkte en simpatie met die familie

Kwagga ·

As jy op n treinspoor gaan le, is dit baie maklik moontlik. As sy vermoor is, was dit die moordenaar se plan om dit soos selfmoord te laat lyk.

Lynette ·

Werner. Glad nie ‘duidelik soos daglig’ soos jy beweer nie….jy het duidelik nie die saak mooi bedink nie.

Jeanne ·

Ek stem 100% saam jou.hoop hul kry die siek moordenaar.dink en bid vir haar familie en vriende.

Heksie ·

Sy is op ‘n treinspoor gevind … Dit sê vir my sy het op die treinspoor gaan lê en gewag vir die trein om haar te dood …

Elize ·

Liewe hemel. Hier is n familie in skok en rou en mense sien kans om te bespiegel oor moord of selfdood. Trein of nie trein nie. Aan die familie en vriende van die pragtige jong dame: Slaan jul betraande oë op na die Hemel, dit is waar jul hulp vandaan sal kom. God sal jul dra in hierdie ongelooflike hartseer en onsekere tyd.

Delia ·

Ek stem saam Elize. Besef mense nie dat familie dalk al die kommentaar kan lees nie. Bespiegelinge gaan nie die saak oplos. Ds die werk van die polisie. Laat eerder die familie weet dat n gemeenskap agter hulle staan.

Delia ·

Ek stem saam. Gee eerder woorde van ondersteuning aan familie

Arizona ·

Sjoe. Vorige berigte het aangedui daar is beserings aan haar liggaam wat nie ooreenstem as n trein oor jou ry nie. Ek bid die waarheid kom uit.

Daleen.Becker ·

Ek voel so jammer vir haar familie..maar is dit nie dat as sy op spoor sou le om selfmoord tepleeg.ander dele van haar ligaam ook deur trein beskadig sou wees…net net haar kop nie..ek dink hier le meer as selfmoord agter die storie…en hoe sou sy daar kom en haar motor 2km verder van daar gevind..maak net nie sin nie…hier sit iemand agter die moord..

Anoniem ·

Die skuldige sal gevang word, ons glo so ! ???
Patetiese lafaard !

Mariaan ·

Natuurlik sal mense bespiegel…dis nie te se ons voel nie hartseer vir die familie nie…ons wil net sien dat geregtigheid geskied…hier is beslis iets nue pluis nie!

Abe ·

Mariaan,
Natuurlik sal daar spekulasie wees. Mense wil agter die waarheid kom. Daarom is daar geleentheid vir kommentaar soos hierdie.

Elsa ·

My hart gaan uit na die familie en dis vir my tragies dat so ‘n pragtige kind moontlik wreed vermoor is. Gevoelloos soos dit mag klink, het ek net nadat haar liggaam gevind is, gelees dat haar kop ‘n hele entjie van haar lyf af gevind is, so die trein moes oor haar gery het ook. ‘n trein kan ongelukkig nie onmiddellik stop nie. Daar is toe duidelik genoem dat van die beserings aan haar liggaam, duidelik nie deur die trein veroorsaak is nie en daar is ook gesê dat die vermeende moordenaar haar liggaam op die treinspoor geplaas het om dit na selfmoord te laat lyk.

Abe ·

Dis n besondere skokkende en raaiselagtige geval. MM moet asb. Die lesers op die hoogte hou sodra nuwe inligting aan die lig kom.

Heksie ·

Ek het gehoor dat sy gevind is, maar nie die detail nie … dis skokkend

Se iets ·

Ek bly in Windhoek, sy het nie selfmoord gepleeg nie. Gaan lees die berigte die merke aan die nek dui aan vir moord en in die berig word daar gese daar is nie bloed op die treinspoor wat aandui vir selfmoord nie.
Voor julle begin net se wat julle wil, gaan lees asb voor julle iets noem.

lvh ·

As sy vermoor is, hoop ek hulle vind die persoon wat dit gedoen het. Al met al het sy ‘n verskriklike dood gesterf, of dit nou moord of selfmoord was.
Baie baie tragies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.