Drie artse deel Nobelprys vir Geneeskunde

Foto:AFP

Foto:AFP

Drie geneeshere van die VSA deel vanjaar se Nobelprys vir geneeskunde wat Maandag bekend gemaak is. Hulle is James Rothman, Randy Schekman en Duits-gebore gebore Thomas Südhof.

Die ander Nobelpryse word nou daagliks bekend gemaak, met die prys vir letterkunde wat Donderdag bekend gemaak word. Die letterkundeprys is gereeld omstrede en wek net soos die Nobel-vredesprys die meeste belangstelling

Die ander Nobelpryse is vir natuurkunde, skeikunde, en die ekonomie.

Die dokters sal saam ‘n prysgeld van sowat  miljoen dollar vir hul navorsing oor die vervoermeganismes in selle kry. Die oorhandiging vind in Desember plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.