Drie dae van rou in Pakistan na skoolaanval

'n Kerslig-nagwaak is vir die slagoffers gehou. Foto: MQM (Muttahida Quami Movement)/Facebook

‘n Kerslig-nagwaak is vir die slagoffers gehou. Foto: MQM (Muttahida Quami Movement)/Facebook

Pakistan het drie dae van rou aangekondig na Taliban-terrioriste Dinsdag ’n skool in Peshawar aangeval het. Minstens 132 kinders en nege personeellede is in die aanval dood, en meer as ’n honderd mense is gewond.

Die eerste begrafnisse het reeds Dinsdagnag begin, en word deur groot menigtes mense bygewoon. Die aanval word as die Taliban se bloedigste aanval ooit beskryf. Die sewe aanvallers is almal in die aanvalle dood.

Die skool word veral deur weermagpersoneel se kinders bygewoon. Die Taliban het die aanval beskryf as weerwraak op die weermag weens verskerpte aanvalle op die Taliban in die omgewing. Die Taliban het egter aangedui dat die selfmoord-aanvallers nie veronderstel was om kinders aan te val nie, en dat die spesifieke teiken as “misverstand” gekies is.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.