Drie dood ná aanval in Nederland

Foto: (AP Photo/Peter Dejong)

Drie mense is dood en vyf gewond nadat ʼn aanvaller by ʼn tremstasie in Utrecht, Nederland, losgebrand het.

Die polisie het ná die aanval onmiddellik veiligheid by lughawens en sleutelgeboue opgeskerp. Die 37-jarige Gokmen Tanis, wat in Turkye gebore is, word intussen in verband met die aanval gesoek.

Jan van Zanen, burgemeester van Utrecht, het gesê drie van die beseerdes is kritiek. Daar is aanvanklik berig nege mense is beseer, maar Van Zanen het bevestig dit is vyf mense. Volgens Van Zanen hou die aanval moontlik met terreur verband. Hy het gesê die moontlikheid word ook ondersoek dat daar meer as een aanvaller betrokke was.

Mark Rutte, Nederland se eerste minister, het gesê die aanval word met ongeloof en afgryse bejeën.

“Indien dit ʼn terreuraanval was, het ons net een antwoord: Ons nasie, demokrasie moet sterker wees as fanatisme en geweld.”

Die polisie soek na die man in verband met die aanval. Foto: (Police Utrecht via AP)

Koning Willem-Alexander van Nederland en koningin Máxima het die aanval ten sterkste veroordeel en hul medelye betoon met die slagoffers en hul families.

Die skietery het by ʼn besige aansluiting in ʼn woongebied plaasgevind. Beamptes van die teenterreur-eenheid het by ʼn woonstelblok naby die stasie bymekaargekom. Volgens Bernhard Jens, woordvoerder van die polisie, het die aanvaller glo met ʼn motor van die toneel gevlug.

ʼn Reusesoektog is intussen na die verdagte van stapel gestuur. Inwoners van Utrecht is aanvanklik ná die aanval aangeraai om nie hul huise te verlaat nie, maar die kennisgewing is later teruggetrek.

In Duitsland is veiligheid op die grens met Nederland opgeskerp.

Die aanval volg dae nadat 50 mense in twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, doodgeskiet is.

 

Foto: (AP Photo/Peter Dejong)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

En dan wil almal die land verlaat want dit is veiliger daar. Ha,ha. Hier ken ons die vyand en ons mense is “street smart”. Vertrou niemand. Ek bly net hier.

Blommie ·

Ja Anel, mag dalk so wees se die boer…
Maar daar gebeur iets eenkeer in n lang tydperk.
Hier by ons gebeur dit 100keer per dag orals in die land, dis waar daar sal altyd siek mense in ons midde wees, maar die punt bly staan dat nederland hulle misdaad en wette baie beter onder beheer het as wat SA in n leeftyd net oor kan droom.
So dus bly die keuse vir my 100% beter om die land te verlaat, ons kinders het nie n toekoms in die land nie. Ons model C skole gaan ge-integreer word en wat dink jy gaan oorbly 5jaar van nou. NE AS, afgebrand tot op die grond, want dis in ons gene en ons word so groot gemaak.

Co ·

Dag Anel,

Ek was bevoorreg om in meer as 60 lande te werk en ‘n totaal van 75 lande te besoek. Nerens, maar nerens, nie eens in Ibidan of Port Harcourt in Nigerie het ek so oor my skouer gekyk soos hier in SA nie! My werk het oa behels dat ek die strate van letterlik 100de stede, dorpe en “villages” moes deurstap en “satellite footprint evaluations” doen, met baie duur toerusting. Nooit is ek enigsinds versteur nie, maar hier in SA sal ek dit nooit gewaag het om in Mamelodi, Soweto of Gaguletu se strate te wandel nie!

Gaan binnekort weer vir ons dogter kuier in Nederland en om veilig die strate te bewandel!!

jaco ·

Waarom gaan bly Moslems in lande waar klomp goed teen hulle geloof is? “Sondes” soos eet van varkvleis, ongetroudes wat saamwoon, buitehuwelikse seks, gay huwelike is ALLES in Islam strafbaar met die dood, maar heel aanvaarbaar in Westerse lande. So dis mos nou onvermydelik dat Moslems wat na Westerse lande verhuis het, op ‘n dag gaan moeg word vir al dié “sondes” rondom hulle en dan hulle Moslem “reg” in eie hande neem en die “sondaars” rondom hulle gaan begin straf.

Hannetjie ·

Oral waar migrante hulle vestig, maak hul moeilikheid.Hul begin aandring op allerhande regte…ek se….hul moet terug na hul land van geboorte.

Werner ·

In Nederland mag jy nie eens n vuurwapen besit nie as die slagoffers ge wapen was was net die aanvaller dalk dood nou is hulle kanonvoer

E ·

Onlangs die Australiër wat Moslems in NZ doodskiet, nou ń ? wat die Duitsers skiet? Is hier dalk ń konneksie?

Ruben ·

Wel, dit het hulle nou van grense oopgooi. Angela Merkel gaan haar besluit om 800000,onskuldige vlugtelinge in Duitsland toe te laat, nog berou. Die ou klomp liberales moet my tog asb. nie weer veroordeel nie. Dit is tyd dat ons ons oë begin oopmaak en kennis neem van wat besig is om te gebeur.

MW ·

Stem Ruben Die groot stryd duur voort Die wat die goeie stryd moet stry raak ook net minder by die dag

Roger ·

Stiksienige Wes-Europeërs is besig om hul eie kultuur en veiligheid te vernietig deur elemente te akkommodeer wat klokslag bewys dat hul moeilikheidmakers is.

Jou vriendin ·

Sommer net n opmerking hier vanuit nederland, die gebeure van gister het te doen met die man se eks vriendin en skoonfamilie, hy wou sy eks in die tram skiet maar toe mis hy, waarskynlik het hy toe die res van die mense geskiet uit pure frustrasie, moenie van n mug n olifant maak nie, die nuus wereldwyd blaas alles so op uit pure sensasie, hier gaan dit net so, en juis omdat hier nooit iets gebeur nie, moet dit nou lyk as of iets gebeur het, gaan boek gerus n ticket , ek bly nou elf jaar hier nadat my man en seun daar vermoor is en ek vir half dood gelos is, kom bly hier, dis lekka xxxxx

skaap ·

Maak maar julle duere oop vir nog muslems Europa , julle het duidelik nog nie n les geleer nie ,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.