Drie Japanners wen Nobelprys vir Fisika

'n Blou LED-liggie (argieffoto)

‘n Blou LED-liggie (argieffoto)

Drie navorsers wat in Japan gebore is, het Dinsdag die Nobelprys vir Fisika ontvang.

Isamu Akasaki (85), Hiroshi Amano (54) en Shuji Nakamura (60), wat jare gelede na Amerika verhuis het, het die LED-lampie ontdek wat gebruik word in die stryd teen aardverwarming.

“Hierdie jaar se Nobelpryswenners word beloon vir die uitvinding van ʼn nuwe energie-doeltreffende, omgewingsvriendelike ligbron, die blou lig-emmissie diode (LED),” het die jurie gesê. “Hul uitvinding is revolusionêr.”

Om die wit lig van die son te herskep, moet rooi, groen en blou gemeng word. Rooi en groen diodes is reeds vir ʼn geruime tyd beskikbaar, maar die blou LED het uiteindelik die pas aangegee. Dit het dertig jaar lank geduur om die blou LED te ontwerp.

LED-lampe gebruik nagenoeg 20 keer minder elektrisiteit as gewone gloeilampe en word ook in rekenaars, televisiestelle, horlosies en selfoonskerms gebruik.

Die trio deel ongeveer agt miljoen Sweedse krone (ongeveer R12.4 miljoen) wat op 10 Desember tydens die toekenningsgeleentheid aan hulle oorhandig sal word.

Peter Higgs van Brittanje en Francois Englert van België het verlede jaar die Nobelprys vir Fisika ontvang vir hul uitvinding van die Higgs Boson, wat massa verskaf aan elementêre partikels.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Sjoe is hul nie gelukkig nie, om net na geboorte so groot prys te kry…eish.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.