Drie joernaliste sneuwel in Rusland-Oekraïne-oorlog

Drie joernaliste is al tydens die Rusland-Oekraïne-oorlog dood (Foto: Twitter)

Drie joernaliste is in Oekraïne dood en meer as 30 ander gewond sedert Rusland dié land op 24 Februarie binnegeval het.

Lyudmyla Denisova, die menseregtehoof van die Oekraïense parlement, het bevestig minstens 35 joernaliste het ook slagoffers van Russiese magte geword, van wie drie omgekom het.

Maroela Media het vroeër berig die Amerikaanse verslaggewer Brent Renaud is Sondag in ʼn voorstad van Kiëf doodgeskiet.

Die Oekraïense joernalis Evgeny Sakun het gesterf tydens ʼn skietstaking op ʼn televisietoring in Kiëf en Vëfiktor Dudar, nog ʼn Oekraïner, het omgekom in gevegte naby die suidelike hawestad, Mykolaiv.

ʼn Aantal joernaliste, onder wie Britse, Deense en Switserse verslaggewers, is gewond deur skote wat “opsetlik deur die vyand afgevuur is”, het Denisova gesê.

Volgens Denisova probeer Rusland ook Oekraïne se oudiovisuele infrastruktuur vernietig, nadat skote op televisietorings in Kiëf, Lutsk en Rivne afgevuur is.

Russiese magte het Maandag die televisietoring buite Rivne getref, waarna nege mense gesterf en nog nege gewond is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Thom ·

Dit is wat gebeur wanneer ‘n mal mens aan die hoof van ‘ n staat soos Rusland staan !

Mickey ·

wat soek hulle daar, mense vlug uuit die land maar die versa gewers is soos honger Vultures . en waar het dit sy familie gelos. sonder n man sonder n pappa en vir wat was dit jou lewe werd.

absoluut ·

Enige werk is gebaseer op risikos en dan maak mens n waardering of dit die moeite werd is om in n lewensgevaarlike situasie te wees, om wat te bereik? Mens waag dalk jou lewe om n ander lewe te red maar nie om nuus te versprei nie

Herman ·

Mickey, daar moet te alle tye oral verslaggewers wees. Dit is hulle roeping. Dit sluit in verslaggewers van enige partye. As hulle nie daar is nie, kry ons nuus laat en heel waarskynlik vals en verdraaide weergawes van wat werklik gebeur het. Sodoende kan wandade onmiddelik blootgele word. ‘n Goeie voorbeeld is die gebeure wat plaasgevind het tydens die Anglo Boere-oorlog, waar eensydige vals berigte die wereld ingestuur is, terwyl ‘n volksmoord plaaslik uitgevoer is. Dit het tot gevolg gehad dat die oorlogsmisdadigers en moordenaars nooit vervolg is en aan die pen gery het nie. Verslaggewers werk ook volgens ‘n erekode en is verantwoordelik om akkurate, eerlike verslae te lewer. Hulle is daarom onderworpe aan internasionale reg. Net so is oorlog ook onderworpe aan internasionale ooreenkomste, beginsels en wette.

Keelvol ·

Herman, die media het nog altyd die waarheid verdraai om koerant verkope die hoogte in te laat skiet. Nog nooit het enige verslaggewer albei kante van n saak na gekyk en dan n onpartydige berig geskryf nie.

Die media gee baie vals berigte. Kyk maar na die sogenaamde Tembisa 10. Ek vertrou geen verslaggewer nie

marius ·

Skote wat opsetlik deur die vyand afgevuur is . Nog nooit gehoor van ‘n oorlog waar skote per ongeluk afgevuur is nie . Wereld het ‘n sirkus geraak .

Marthinus W ·

Op n stadium het die Suid-Afrikaanse joernalis Paula Slier n losprys op haar kop gehad in Oekraine, omdat sy dinge gesien en gerapporteer het wat Kief nie aangestaan het nie. [Ek neem aan dit behoort nog steeds geldig te wees, aangesien sy n jaar op drie gelede toegang geweier is om n joernalisteberaad by te woon.] Russiese joernaliste is ook die afgelope paar jaar dood, maar niemand noem dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.