Drie mense oornag skatryk

Foto: www.latinpost.com

Foto: www.latinpost.com

Die Amerikaanse Powerball, ter waarde van $1,5 miljard (bykans R25 miljard), waarvan die trekking Woensdag was, is deur drie mense gewen.

Dit is die grootste boerpot nóg in Amerika.

NBC News berig die wenkaartjies is in Kalifornië, Florida en Tennessee gekoop.

Die wennommers was 4, 8, 19, 27 en 34, en die Powerball-nommer was 10.

Dit is die eerste keer, sedert die boerpot van $40 miljoen op 7 November begin oploop het, wat ʼn kaartjie verkoop word waarop al die nommers, waaronder ook die Powerball-nommer, verskyn.

Die boerpot het 20 keer oorgestaan omdat daar nie wenners was nie. Dit was verlede week aanvanklik $500 miljoen, Saterdag $900 miljoen, en uiteindelik $1,586 miljard.

NBC News berig jou kans om die boerpot te wen is 1 uit 2,292 miljoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wikus ·

As ek so ń meevallertjie kry betaal ek die helfte van my skuld en die res van die ouens moet maar nog ń bietjie wag.

charmaine ·

Ja huis en kar is die eerste goed op my lysie wat ek uitvee. En daarna word ek n ryk huisvrou! Sal net vakansie hou, veral by die see,let wel buite seisoen!!

Treurgrond ·

Like daai stellilng – sal net vakansie hou – veral by die see – LET WEL BUITE SEISOEN – ha ha ha

Karolis ·

Ek sal heel eerste vir my ‘n skoon onderbroek moet gaan koop…….

Treurgrond ·

Stem saam met die stelling dis die eerste noodsaaklike ding wat gekoop moet word ha ha ha ha

CF ·

Ek sal geen famielie help nie.net vriende,en eie bloed famielie.

Treurgrond ·

Heel eerstens ‘n skoon “pansy” – en dan mmmmmmm laat ek dink aan my bucket list – ‘n bus ry see toe en dan in ‘n hotel gaan bly – en dan ne dan bou ek OUTEHUISE en KINDERHUISE – dit is my grootste grootste droom om seker te maak ons oumense en kinders is versorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.