Drie musikante sterf in karnaval-optog

Argieffoto van die karnaval

Argieffoto van die karnaval

Vier mense is dood en meer as 60 beseer toe ʼn voetbrug bo-op ʼn groep musikante tydens ʼn karnaval in Oruro, Bolivië, ineengestort het.

“Drie van die persone wat gesterf het, was musikante,” het Carlos Romero, minister van binnelandse sake, gesê.

Dosyne mense was tydens die karnaval-optog op die brug toe dit meegegee het. Die vier dae lange karnaval is Bolivië se grootste fees met meer as 20 000 musikante en dansers en tienduisende toeriste wat dit jaarliks bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.