Drie sterf in ‘wrede’ mesaanvalle in Duitsland

Die polisie en nooddienste Vrydag in Würzburg, Duitsland. (Foto: Karl-Josef Hildenbrand / dpa / AFP)

Drie mense is dood en vyf ernstig gewond in “ongelooflik wrede” mesaanvalle in Würzburg, Duitsland.

’n 24-jarige Somaliese man het Vrydag omstreeks 17:00 eers op ’n winkel en toe in ’n bank in dié stad in die Beierse streek toegeslaan.

Joachim Herrmann, Beierse minister van binnelandse sake, sê die verdagte, wat sedert 2015 in Würzburg woon, is in hegtenis geneem nadat die polisie hom in die bobeen geskiet het.

Herrmann sê dit nie seker of sommige van die gewondes gaan oorleef nie. Reddingswerkers het volgens die minister die aanvalle as “regtig ongelooflik wreed” bestempel.

’n Duitse koerant het intussen ’n foto van die aanvaller gepubliseer, dié van ʼn man geklee in ʼn beige langmou T-hemp en langbroek wat ʼn lang mes vashou.

Joachim Herrmann, Beierse minister van binnelandse sake, spreek lede van die media in Würzburg toe. (Foto: Daniel Karmann / dpa / AFP)

Video’s van die voorval toon hoe verbygangers probeer om die verdagte met opvoustoele te keer terwyl daar in ’n ander video gesien kan word hoe mense die aanvaller konfronteer en agternasit voordat ’n polisievoertuig op die toneel aankom.

Herrmann sê voorts ondersoekbeamptes het intussen dokumentasie gevind wat toon dat die man vroeër in ʼn psigiatriese inrigting behandel is.

“Die polisie se ondersoek sal bepaal of die aanval ʼn Islamitiese daad is of spruit uit die psigiatriese toestand van die man.”

ʼn Ooggetuie het gesê dat die verdagte “Allah akbar” tydens die aanvalle geskree het.

“Dit moet alles in verdere ondervragings opgeklaar word, maar ons het nog geen aanduidings oor die motief nie,” sê Herrmann.

Die Islamitiese Staat (IS) het sowat vyf jaar gelede verantwoordelikheid aanvaar vir ’n aanval in Würzburg toe ’n man vier mense ernstig met ’n byl op ’n trein gewond het. Die verdagte, ʼn Afgaanse burger, het destyds op die vlug geslaan en ʼn verbyganger probeer aanval voordat hy deur die polisie doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tipper ·

Die man was desperaat,nou sit hulle weer met hom opgeskeep.

Johan ·

Ek dink jy moet jou tyd gebruik om die arme immigrante te gaan help Tipper, hulle sal so bly wees oor jou…en jy kan dalk iets leer van hulle ook…baie sterkte, laat weet hoe jy vorder. Vat vir Dr.Thom ook saam.

Leeuwyfie ·

Dis waar wetsgehoorsame mense van wapens ontneem is. Dis hoekom stoele en baadjies gebruik is. Moet nooit toelaat dat die staat jou ontwapen nie.

Werner ·

As daar nou n gewapende burger was sou dit nie so baie gewondes en dooies gewees het nie

Johan ·

“Opvoustoele”….ja nee, waar is die eens trotse Duitse volk! Bewapen maar n paar burgers om jul mense te beskerm, daar kom nog baie sulke moeilikheid. Ek sien anderdag n vid. hoe meisies hul hare donker kleur en selfs bedek sodat die moslem immigrante hul minder moet teister op straat. N moslem video, wat trots vertel hoe hul hul geloof “bevorder” in Duitsland. Terloops “Allah Akbar” is n gevegskreed, daar behoort geen twyfel te wees oor die motief nie.

ES ·

Hulle moet ophou om die vlugtelinge in hul land toe te laat. Daar is soveel Lebanese in Duitsland en hulle het ‘n hele mafia-monopolie begin met die tweedehandse motorhandel in Duitsland dat geen Duitse burger dit kan waag om in daardie tipe besigheid in te gaan nie.

Maggies ·

Dit is waansinnigheid.
Hoe kan mense hulle self wysmaak dat hul reg optree om te glo dat ons God, die Skepper en Heerser van hemel en aarde dit goedkeur om mense te vermoor en dan “Allah akbar” (God is groot) te skreeu?

Wikkelwillie ·

Een goeie burger met n selfverdedigings vuurwapen is al wat kort

Daniel ·

Hy sal sekerlik verdoem word deur die librales as hy die arme immigrant skiet

marius ·

Die beste prokureurs , dokters en psigiaters vir die arme man , waarvoor jou volk moet betaal , nie so nie merkel ?

Louis ·

Ja, en nou sit Duitsland met nog ‘n gratis loseerder wat tot aan die einde van sy lewe in weelde gaan leef in hulle tronke. Dit is hulle verdiende loon met hulle weelderige imigrasie beleid.

Tipper ·

presies,wat ek hier bo geskryf het,kry nogal n thumbs down,seker sy broer.maar ek stem saam met jou.

NEO ·

Met komplimente van Angela Merkel wat haar grense nes Biden oopmaak vir onwettige immigrante.

JohanR ·

Jy is vriendelik genoeg om iemand in jou land in te nooi en ‘n dak oor die kop te gee, en dit is hoe hulle dankie se. Laat my asseblief in Duitsland in. Ek wil weg kom van die ANC!

lodewyk ·

Dit is wat gebeur as jou leiers imegrasie goed gepraat het en hulle grense oopgestel het vir immergrante ,Europa is nou al basies n 2de Afrika,Duitsland en ander lande gaan nog hulle hande vol he……. nie eers te praat van die midde ooste se vlugtelinge wat hulle geloof en tradisies daar kom afdwing nie

Daniel ·

Dis vremd, Somalië is nie in oorlog sover ek weet, hoe kon hy daar inkom?

Autobahn ·

„Allahu Akbar“ beteken nie „God is groot“ nie. Dit beteken „Allah is groter“. Daar is ´n beduidende verskil! En ´n belediging vir die Christelike God.

Buitendien het „Allah“ niks met die Abrahamitiese gelowe te doen nie. Allah is niemand anders as „Bel“ (of Baal) nie.

Autobahn ·

´n Vriendelike wenk aan Maroela Media: „Allahu Akbar“ beteken nie „God is groot“ nie. Dit beteken „Allah is groter“. Daar is ´n beduidende verskil!

Kokerboom ·

Die Europese land dra nou gevolge van emosionele immigrasietoelatings uit 3e wereldlande. Sulke goeie gebare los nie probleme in die lande van oorsprong op. Inteendeel dit kondoneer net wanbestuur en outkorasieë.

Harley Davidson ·

Gaddafi het gesê die muslims sal Europa oorneem sonder om een skoot te skiet

Danie ·

Kry vir julle nog n paar skeepsvragte vol.
Ek word soos n misdadiger ondersoek en behandel wanneer ek n eerstewereld land wil binnegaan.
Maar hierdie manne wat geen bydrae tot die ekonomie kan lewer nie word met ope arms verwelkom.
Kry vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.