Twee mans en ʼn vrou is tydens die voorval doodgeskiet. Die skieter het hierna in ʼn motor van die toneel gevlug.
Victor Avila, woordvoerder van die polisie in Thornton, het gesê daar word nie in dié stadium vermoed dat die voorval met terreur verband hou nie.
“Dit is ʼn gruwelike daad,” het Avila gesê. “Ons weet nie presies wat die motief van die persoon was nie, maar dit was beslis ʼn verskriklike daad.”
Die twee mans is op die toneel dood verklaar terwyl die vrou in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk het. Die owerhede het nie onmiddellik enige ander inligting oor die slagoffers bekend gemaak nie.
Aaron Stephens (44) was besig om vir sy inkopies te betaal toe hy ʼn skoot hoor afgaan het gevolg deur nog twee sarsies skote. “Mense het begin skree en na die uitgange gehardloop,” het hy gesê.
Die polisie is besig om beeldmateriaal van kringtelevisiekameras na te gaan en getuies te ondervra om die verdagte te probeer identifiseer. Volgens Avila is dit nog nie duidelik presies hoeveel skote afgevuur is nie.
Ragan Dickens, ʼn woordvoerder van Walmart, het gesê hulle werk nou saam met die polisie en wou geen verdere kommentaar lewer nie.
Help my verstaan, daar was n man wat met n trok gister 8 mense dood gery het ” 29-year-old man drove a truck into a Manhattan crowd, killing eight in the deadliest terror attack to hit the city since 9/11″ maar ons in S.A. doen net verslag gewing oor n vuurwapen aanval? Wie is in beheer van die nuus? George Sorros en gfsa?