Drie supermane binnekort te sien

Supermaan oor Kaapstad Foto: James Gradwell Photography, satravelista.com

Supermaan oor Kaapstad Foto: James Gradwell Photography, satravelista.com

As die volmaan op 12 Julie, 10 Augustus en 9 September besonder groot lyk, is dit nie die verbeelding nie. Op daardie dae sal die volmaan en die maan se naaste besoek in sy wentelbaan aan die aarde saamval om sogenaamde supermane te vertoon.

Die maan is dan sowat 14% groter, en kan tot 30 keer helderder wees as gewoonlik.

Supermane kom betreklik dikwels voor – gemiddeld een keer elke 13 maande.

Klik hier om na ‘n video en klankopname met meer inligting oor die komende supermane te luister.

Bron: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Dankie vir U kunssinnigheid, Meester.

Ek weet U gaan die verfkwas nie spaar dat ons weer, in verwondering na ons asems gaan snak wanneer ons U handewerk gadeslaan.

Des te meer het U die verfkwas mildelik ingelê toe U, U kroonjuwele, op die verfdoek geskep het!

U kinders is ‘n kordaatstuk.
Daarop, uit dankbaarheid se ons.

AMEN.

Petro ·

Die “of” in die eerste paragraaf maak nie sin nie. Moet dit nie “en” wees nie, of gaan die maan net op een van daai drie dae besonder groot wees?

Sune van Heerden ·

Dagsê Petro

Dankie vir die wysiging, ons het dit so aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.