Drie tieners tydens huisbraak doodgeskiet

Argieffoto

Drie tieners van Oklahoma in die VSA is Maandagaand doodgeskiet nadat hulle glo in ʼn huis net buite die dorpie Broken Arrow ingebreek het.

Volgens ʼn verklaring van die polisie is drie tienerseuns Maandag kort ná middernag op die toneel dood verklaar. ʼn 21-jarige vrou, wat glo die bestuurder van die motor was waarmee hulle wou vlug, is intussen in hegtenis geneem.

Die drie tieners, wat in swart geklee was en balaklawas gedra het, is deur die eienaar van die huis se 23-jarige seun geskiet nadat hulle glo die agterdeur van die huis oopgebreek het.

Een van die verdagtes het ʼn mes gehad en ʼn ander het koperkneukels, wat met impak ʼn persoon se liggaam erg kan skend, aan sy hande gehad.

Volgens ao. Nick Mahoney, woordvoerder van die polisie, het ʼn woordewisseling kort ná die inbraak tussen die 23-jarige man en die verdagtes ontstaan. Skote is afgevuur, en al drie verdagtes is noodlottig gewond.

Twee van die verdagtes het in die kombuis aan hul beserings beswyk, en die derde verdagte is op die sypaadjie dood aangetref.

Mahoney het aan CNN gesê die voorval word tans as selfverdediging hanteer.

Die name van die verdagtes is nog nie bekend gemaak nie, maar volgens owerhede is al drie tussen 16 en 18 jaar oud.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

Bron: CNN, Wagoner County

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

LOSKOP ·

Drie tieners dood geskiet en n saak van self verdediging word ondersoek , hier sou dit n klag van moord gewees het

huggy bear ·

Chris, ek wens ek kon met jou saamstem.
Hier is twee sake van belang.
1. Die tieners.het hulself deur hul optrede blootgestel en gekry wat hulle gesoek het.
2. Ongelukkig is dit n gegee dat enige on – natuurlike dood op n Geregtelike ondersoek uitloop. As jy oortuig is van jou saak as selfverdediging moet jou prokureur dit in n hof kan.verdedig. In so n geval sal saak teen jou teruggetrek word en sal jy onskuldig verklaar word.
Die Kritieke woord hier is “selfverdediging”. Selfs di SA Grondwet erken hierdie reg op selfverdediging.

Ronel ·

Net jammer ons mag ons nie meer self verdedig in Suid Afrika nie, dan word dit moord genoem

Sê maar net. ·

Indien jy beseer is tydens ‘n aanval waar jy jouself verdedig het en die aanvaller dooi met sy wapen nog in sy hand, dan alleen word jy nie skuldig bevind aan moord nie. Of dit nog so is weet ek nie.

tom ·

Wag om te weet of slag offers wit of swart is as dit swart is gaan amerika weer brand kyk maar hulle gaan se dis rassisme

Bert ·

Die area is deel van ‘n Native American Tribal area. Ry gereeld daardeur. So die kanse is goed dat dit Native Americans sal wees. Die areas gaan gebuk onder erge armoede en baie misdaad. Maar ja hier word jou regte op lewe baie beter beskerm en as iemand in jou huis in kom, doen hy so op eie risiko.

pieterdp ·

Dis hard verskeerind. So jonk en dan word hul deur n 21 jarige vrou gedryf om so n misdaat te pleeg en so doende hul lewe verloor. Sy moet op gaan vir beplanning tot moor.

Sarie Laing ·

Dit is wonderlik om te lees dat die jongman se daad as selfverdediging beskou word. Waarom die agterdeur oopbreek indien jy nie beplan om kwaad te doen nie? Ook die mes en koperkneukels is ‘n duidelike bewys dat hulle met slegte bedoelinge daar was. In Suid-Afrika sou daar seker ‘n saak van moord ondersoek gewees het !!!!!

abc ·

huggy bear,jys reg. 5 hofverskynings en R 40 000 later, maak dit vir jou sin

Mooiso ·

Daarsy, julle wou kwaad doen, julle het gekry wat jul verdien.

Coenie ·

Amerika se wetgewing maak nog voorsiening, dat jy jouself en besittings mag verdedig, terwyl ons wette bepaal jy jouself net mag verdedig, indien jou lewe fisies bedreig word. Die feit dat die ouens gewapen en die deur gebreek het, is genoegsame rede om op te tree. ‘n Ander geval het ‘n vrou in Amerika die inbreker betrap toe hy uit die huis klim met gesteelde besittings en hom net daar geskiet, sy is ook onskuldig bevind, alhoewel die inbreker se familie te kere gegaan het, dat hy mag steel on sy gesin te onderhou en vir hom nuwe klere te kan koop!!!

Chris Ws ·

My pa,toe al amper 80,het in dieselfde Rustenburg by Boumateriaal iets gaan soek.”n swart rower het sy beursie uit sy agtersak gepluk maar my pa was reg vir hom en het blitsvinnig omgedraai en met sy motor sleutel wat tussen sy voor en middel vingers uitsteek,die boef in die gesig gesteek.Hy het sy oog waarna hy gemik het,met milimeters gemis maar die sleutel weg gesteek onder sy oog.Dit was die einde van die rooftog!Dit help om met iets te kan terugveg.Kaalhande maak nie maklik ‘n boef skrik of seer nie tensy jy goed opgelei is.

Jaco ·

Waars die Chris waarvan huggy bear en Klippie praat?
Meer sulke 23 jariges en die wêreld gaan n baie beter plek word.

Theresa ·

Mense wat nie genooi word om te kom inval by mens se huis nie en wat mens nie ken nie – moet leer om te klop…

Hennie ·

Duidelik selfvedediging! Ons regering het iets om te leer.

Verdagte ·

Ek wens so die media wil begin reg praat. Wie kan vir my sè wat is ‘n “verdagte”? Diè ouens is op heterdaad doodgeskiet. Hoekom is hulle ‘verdag’? Patetiese Afrikaans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.