Drie ton vuurwerke in woonstel ontdek

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het na ‘n wenk drie ton vuurwerke in ’n woonstel en motorhuis in Hamburg, Duitsland gevind.

Die vonds word as die grootste van sy soort ooit in Hamburg beskryf. Die vuurwerke was in lae verpak, en sluit vuurpyle en klappers so groot soos ’n bofbal in.

Alle inwoners in ’n radius van 200 meter om die woonstel is ontruim sodat die polisie op die vuurwerke beslag kon lê en op ‘n veilige plek gaan berg.

’n Man (45) is in hegtenis geneem.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.