Drie weke lange afsondering begin in Zimbabwe, Lesotho

Grafika deur die Afrika-Unie (Twitter)

Algehele landswye afsondering het Maandag in Zimbabwe en Lesotho begin om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te beperk. Albei lande het nog lae infeksiegetalle.

Afsondering van twee groot stede in Nigerië, Lagos en Abuja, word ook Maandag ingestel. Pres. Muhammadu Buhari het opdrag gegee dat “alle beweging gestaak word” en dat alle ondernemings tydens die afsonderingsperiode, aanvanklik vir 14 dae, gesluit word. Teen Maandag is 111 Covid-19-gevalle en een sterfte in Nigerië aangemeld.

Daar is meer as 4 000 bevestigde Covid-19-gevalle in Afrika en minstens 130 sterftes, aldus die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO).

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

Grafika deur die Afrika-Unie (Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.