Drie wen Nobelprys vir Chemie

mikroskoopTwee Amerikaners en ʼn Duitser het Woensdag die Nobelprys vir Chemie ontvang.

Die drie wetenskaplikes is bekroon vir hul werk om mikroskope kragtiger as wat ooit vantevore gedink is, te maak. Wetenskaplikes kan nou sien hoe siektes in die kleinste selle ontwikkel.

Eric Betzig (54) en William Moerner (61) van Amerika en Stefan Hell (51) van Duitsland het alle vorige beperkings op die resolusie van optiese mikroskope oorkom deur gloeiende molekules te gebruik om binne klein selletjies te kyk.

Danksy hul werk, wat reeds in die 1990’s begin het, kan wetenskaplikes nou siektes soos Parkinson se siekte, Alzheimer se siekte en Huntington se siekte op ʼn molekulêre vlak ondersoek.

Die drie deel saam agt miljoen Sweedse krone (ongeveer R12.4 miljoen) wat op 10 Desember tydens die toekenningsgeleentheid aan hulle oorhandig sal word.

Klik hier om meer oor die drie se werk en agtergrond te lees.

Die Nobelprys vir Letterkunde word Donderdag aangekondig, die Nobelprys vir Vrede word Vrydag aangewys en die Nobelprys vir Ekonomie word Maandag aangekondig. Klik hier om die Nobelprys-webwerf te besoek.

Lees vorige berigte oor die Nobelprys op Maroela Media of klik hier om te sien wie die Nobelprys vir Fisika gewen het en klik hier vir die Nobelprys vir Geneeskunde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.