Driejarige deur krokodil in Zimbabwe gegryp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige meisie van Zimbabwe is die derde persoon in haar familie om deur ʼn krokodil doodgemaak te word, het die Southern Eye Donderdag berig.

Volgens die koerant is Lubelihle Nyoni op 22 Februarie deur ʼn krokodil gegryp toe sy op die oewer van die Zambezirivier in Hwange, in die noorde van Zimbabwe, gespeel het.

Nyoni het saam met ʼn agtjarige maatjie, Mawili Reno, gespeel toe die krokodil haar aangeval het.

“Ek was so paar meter van die rivier af besig om iets te doen, toe ek gille gehoor het. Toe ek opkyk toe sien ek hoe ʼn groot krokodil haar gryp,” het Margi Reno, ʼn familielid, aan die koerant gesê. “My brein kon vir ʼn oomblik nie verwerk wat gebeur het nie, maar ek het herstel en na Mawili gehardloop.”

Nyoni se liggaam is nog nie gevind nie.

Volgens inwoners is die kind se oupa en oom ʼn paar jaar gelede oor deur krokodille doodgemaak.

Dit was die derde krokodilaanval op kinders wat in die laaste twee maande in die land aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Hoekom as jy weet daar is krokodille laat jy jou kind toe om by die water te speel? Hoekom sukkel ek om hierdie voorvalle te verstaan?

Gina Slabbert ·

Hoe kan enige mens, veral klein kinderjies hul self verdedig. Wat soek hul daar as hul weet daar is gevaar. Hoe kan die mense so onverantwoordelik wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.