Driejarige skiet eenjarige dood in VSA

Argieffoto

Argieffoto

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het ʼn een jaar oue baba doodgeskiet in die Amerikaanse deelstaat Ohio.

NBC News berig dat die voorval Sondag in ʼn huis in Cleveland plaasgevind het. Die eenjarige Braylon Robinson se ma het na hom en ʼn vriendin se twee kinders omgesien. Die driejarige het glo ʼn vuurwapen in die hande gekry en die eenjarige in die gesig geskiet.

Die eenjarige seuntjie is voor sy aankoms by die hospitaal dood. Volgens die polisie was Braylon se ma in dieselfde vertrek as die kinders, maar het met haar rug na hulle gestaan toe sy ʼn skoot hoor afgaan het.

Die polisie probeer intussen vasstel waar die vuurwapen vandaan gekom het en die omstandighede wat tot die tragedie gelei het. Die ander twee kinders is nie beseer nie en terug in die sorg van hul ma.

Die voorval volg nadat ʼn driejarige seuntjie in Februarie sy pa en hoogswanger ma in ʼn motelkamer in Albuquerque, Nieu-Mexiko, geskiet het. Die pa is in sy boud geskiet waarna die koeël by sy heup uit is en die ma in die skouer getref het (lees meer hier). In Januarie het ʼn tweejarige seuntjie sy 29-jarige ma in ʼn Walmart-winkel in Idaho doodgeskiet (lees meer hier). In November verlede jaar het ʼn driejarige seuntjie sy 26-jarige ma in Oklahoma doodgeskiet (lees meer hier).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

faith ·

My vraag wat soek die wapen daar. ‘n drie jarige kind wat weet hoe om veiligheidsknip aftehaal en sneller te trek. Ek glo dit nie, hoop die persoon wat die wapen so oop los en dalk afgehaal het van veiligheid af sit in die tjoekie

Uys ·

Ek glo dit is deels ook die ouers se skuld wat n kind toelaat om teveel TV kyk en veral na geweld. Die ouers moet die wapen aan hom/haar dra by die huis of in die kluis toesluit.

KarooKlong ·

Net ‘n voorstel,
Nieteenstaande die intensiteit van die voorval, sal dit nie beter klink as die berig lei: per ongeluk doodgeskiet nie?
Ek twyfel of ‘n kind van genoemde ouderdomme doelbewus sal doodskiet.

Louw ·

Dankie KarooKlong vir die opmerking, dit lyk darem beter. Ons moet ook onthou dat daar meer as 300 miljoen mense in die VSA is teenoor die ongeveer 45 miljoen in Suid Afrika, en dat die VSA burgers wapens mag besit sonder enige lisensies of polisie betrokkenheid teenoor die geskatte 5% van Suid Afrika se bevolking wat wettige wapens het. Alhoewel almal in die VSA mag wapens hê, mag niemand ‘n wapen aan sy/haar persoon (versteek) hê sonder ‘n lisensie nie, wat dan ook ‘n groot rede is vir wapens wat by die huis bly eerder as aan die persoon. Dit bly steeds ‘n tragedie wanneer ‘n kind een van die wapens in die hande kry en per ongeluk iemand daarmee skiet, en die eienaar moet meer verantwoordelikheid neem.

Tonginniekies ·

Baie baie hartseer. Maar gebaseer op die berig sal ons moet begin uitkyk vir die 2-3 jariges. Lyk my hulle is besig met ‘n sameswering…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.