Driejarige skiet pa en ma

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het sy pa en hoogswanger ma in ʼn motelkamer in Albuquerque, Nieu-Mexiko geskiet.

NBC News berig die voorval het Saterdag plaasgevind. Die pa is in sy boud geskiet waarna die koeël by sy heup uit is en die ma in die skouer getref het. Volgens die polisie het die seuntjie die vuurwapen uit sy ma se handsak gehaal en een skoot afgevuur.

Justin Reynolds, die pa, het aan KOB gesê hy en sy vriendin, Monique Villescas, het gereed gemaak om pizza te bestel toe hulle ʼn skoot hoor afgaan het. Volgens Reynolds het hy gesien Villescas bloei waarna hy 911 geskakel het. Hy het eers later besef hy is ook geskiet.

Villescas, wat agt maande swanger is, se tweejarige dogtertjie het langs haar gesit. Sy is nie beseer nie. Villescas is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Reynolds is reeds ontslaan.

Die voorval kom presies ʼn maand nadat ʼn tweejarige seuntjie sy 29-jarige ma in ʼn Wallmart-winkel in Idaho in Amerika doodgeskiet het (lees meer hier). In November het ʼn driejarige seuntjie sy 26-jarige ma in Oklahoma, Amerika doodgeskiet (lees meer hier).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wian ·

Ag nee Francois, kies darem net n gepaste voorbeeld… Hoe kan n ongeluk van n driejarige nou tekens van die tye wees…?!?!

annatjie ·

Ouers moet meer verantwoordelikheid neem, wanneer hulle vuurwapens wil aanhou en dit buite bereik van kinders plaas.

Lindie Lourens ·

Sal nogal graag wil weet waarom hulle wapens saamdra in daardie “meer veilige” lande. Dis mos net in SA waar dit so “gevaarlik” is!

Louw ·

As jy nou sê: “veilige lande”, en “gevaarlik”, hoop ek nie dat jy beweer dat plaasmoorde nie NET in Suid Afrika gebeur nie, ek kan jou verseker dat dit BAIE gevaarlik is! Miskien moet jy bietjie na statistieke kyk en nie net jou eie mening vorm nie.

Rudi ·

Al is dit jammer dat mens sulke nuus moet lees, moet ‘n mens maar net wonder, “hoekom?”

Hoekom los die ma die geweer in haar handsak?
Hoekom is die wapen nie bevylig nie?
En hoekom is die kind(ers?) nie in gelig, en op gevoed oor die gevare van (enige) wapens nie??

My 3 jarige het al op die ouderdom van 2 geweet sy mag nie aan ‘n vuurwapen, mes of selfs sker vat nie.

nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.