Driejarige sterf by tandarts

Die driejarige Daleyza Hernandez (Foto: Fox News)

ʼn Driejarige se ouers is desperaat op soek na antwoorde nadat sy tydens ʼn roetine tandarts-ondersoek in Kalifornië in die VSA gesterf het.

Araceli Avila, die meisie se ma, het gesê sy wil net seker maak dit gebeur nie met enige ander ouer nie, berig Fox News. Sy het gesê ʼn tandarts van Western Dental het aanbeveel dat haar dogter Daleyza sjirurgie ondergaan vir twee kiestande en dat twee tande verwyder moet word. Hulle het haar na die kindertandartssentrum in Stockton, Kalifornië verwys.

“Ek het my dogter tandarts toe gevat omdat hulle haar tande sou regmaak, en 30 minute later het hulle haar dood teruggebring,” het Araceli gesê. Sy het foto’s gewys van haar dogter voor die operasie: Daleyza was ʼn lewenslustige meisie.

“Toe ons op pad was hospitaal toe, het sy agter my aan gehardloop, in die motor geklim en sy was baie gelukkig,” het die meisie se pa, Jose Hernandez, gesê.

Araceli sê sy was nie in die teater toegelaat terwyl die operasie plaasgevind het nie. Terwyl sy vir haar dogter gewag het, het sy ʼn ambulans gesien. “Ek het opgestaan en het gedink hulle kom dalk ʼn kind haal, ek het nooit kon dink dat dit my kind sou wees nie.”

Oomblikke later het ʼn verpleegster na haar toe gekom en gesê iets het skeefgeloop. Haar dogter se hart het gaan staan en die verpleegster wou weet of sy enige onderliggende kwale gehad het. “My dogter was baie gesond,” het Araceli gesê.

David Thompson, administrateur van die Children’s Dental Surgery Center, het gesê hy het die afgelope 10 jaar nog nooit só iets teëgekom nie. Hy het gesê met elke operasie is daar een tandarts, een narkotiseur en twee assistente. “Ons is toegewyd om kinders elke dag te help. Dit is ons missie, dit is hoekom ons hier is. Dit is ʼn risiko, nie almal wil dit doen nie.”

Daleyza se gesin wil nou antwoorde hê. “Hoe kan ʼn eenvoudige tandartsprosedure tot haar dood lei? Hulle het nie gesê hoe sy dood is of waaraan nie,” het Araceli bygevoeg.

Die Stockton-polisiedepartement ondersoek Daleyza se afsterwe. In hierdie stadium beskou hulle nie die saak as verdag of krimineel van aard nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Sjoe, as so iets met my moes gebeur skrik ek my uit my beroep uit.
Sou graag met ouers wou simpatiseer, maar nou woon hulle in California en is dit.biki moeilik.

Tandarts ·

Die kind is in teater dood agv narkose nie by n tandarts nie. Maroela media kry julle titels reg!

Asjas ·

Dankie!! Wou ek ook se. My kind moes soortgelyke prosedure ondergaan en dit is in ‘n Hospitaal Teater gedoen, nie by die Tandarts se Spreekkamer nie. Deesdae se opskrifte soek sensasie.

MissDemeanor ·

Stem saam ja. Die is nie n gewone “tandskoonmaak” besoek aan tandarts gewees nie. Narkose kom met n risiko.Wel ‘n klein waarskynlikheid, maar tog wel risiko.

Franette ·

Hoekom word mense nie getoets vir narkose alvorens hulle dit moet kry nie? So kon n lewe gespaar word.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sê net

Beide “chirurgie” en “sjirurgie” word in Afrikaans erken.
Die berig is dus korrek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

lisaan ·

Darem snaaks dat met so hartseer storie nogsteeds na spelwoorde deur n vergrootglas gekyk word.

Francois ·

Lizaan,
Dit is ‘n hartseer storie wat die lewe van ‘n kind geëis het en ek weet hoe die ouers moet voel. Maar al bloei al ons harte is daar niks wat ons aan die saak kan doen nie. Soos die spreekwoord lui: Gedane sake het geen keer.
Die opmerkings rakende spelling is maar net op- of aanmerkings en hoef nie gritiseer te word nie. Sommige van ons gee nog daadwerklik om en is besorg oor die Afrikaanse taalgebruik selfs in die lig van al die verskriklike gebeure wat daagliks plaasvind. ons kan nie almal oorhoops raak en bloeiende harte wees vir elke tragiese gebeurtenis wat plaasvind nie. Betuig medelye en beweeg aan……die lewe lê voor ons, nie agter nie.

Seooknet ·

Maklik hoe ons ander oordeel vir hulle dade en onsself vir ons intensies… “Siende” dat media titels kies vir sensasie… Sit ander en wag om te kritiseer of korigeer … So wil ons mos net almal ons eie 5c werd wees… Die mensdom… Lagwekend! #moesnet #my5c

Nel ·

Nee nie lagwekkend nie. They call it ‘part of the human condition’ .
En so terloops wwas jou kritiek 5c werd gewees?

Deon ·

Al is die storie hartseer moet daar mos nog steeds standaarde wees.

Leana ·

Baie hartseer inderdaad. Glo die ouers sal antwoorde kry sodra daar ‘n outopsie gedoen is.

Regtig!!! ·

Dankie aan Maroela Media dat jul ons voorsien van gratis nuus, dat jul, jul tyd op offer om info aan ons deur te gee, jammer vir mense wat kla oor onbenullige twak, keep up the good work!!!.

Ungela ·

Die kind was waarskynlik allergies vir iets soos narkose scoline of wat hulle ookal moes gebruik het eerste keer wat dit op haar gebruik is en nie geweet sy is allergies nie m.a.w hulle het nie gese enige een in familie is allergies en dat sy ook moontlik dan kan wees nie wnt dit is in ons familie so geen een kry ‘n spesifieke middel a.g.v allergiese toestand waarvan driegeslagte ernstig as in teater na toediening

Johan ·

Of jy nou aan narkose of n kar ongeluk omkom jou pad word uitgele die dag as jy gebore word

DS ·

100 % korrek Johan. Sy kon net sowel geval en haar kop gestamp het toe sy agter haar pa aangehardloop het. Jou tyd is jou tyd. En hoe is klaar bepaal. Niks kan dit verander nie. Sterkte en alle meegevoel aan ouers.

Franette ·

Liewe Jesus kom haal ons en ons kan nie weg hardloop nie, maak nie saak hoe en waar nie

Anoniem2 ·

sou nooit kon dink dat n klomp volwasse mense so kan aangaan oor spelfoute en titels en mekaar so kan uithaal nieterwyl die eintlike rede van die artikel mis gekyk word. ggg.. groot mense LOL

louise ·

Hoekom skryf julle oor goed wat nie eers in ons land gebeur het nie…dis mos on-nodig..daar is daagliks mense wat in ons land seer kry…gaan skryf bietjie oor wat in ons hospitale gebeur…daar is nuus vir julle

Liendempers ·

Ek waardeer die gratis nuus, ja. Indien ek daarvoor moes betaal en die spelfoute was daarin, sou ek sekerlik dit gekanselleer het. As ek moet betaal vir iets, verwag ek goeie standaarde. Veral ook omdat Maroela juis roem op “Afrikaanse kuierplek”. Ek verkies maar om te dink dat die berigte op die nuwe selfone getik word. Soms lyk dit of ek ook my tone gebruik……..

Laurika ·

Die storie laat my dink aan die 3 jarige seuntjie in die Vaal Driehoek wat so ‘n paar jaar gelede ook dood is onder narkose. Dit was onlangs bevind dat die narkotiseer te veel narkose toegedien het wat sy hartjie laat staan het. Ek wonder of dieselfde ding hier gebeur het?

VanAfrika ·

Louise, dis goed as sulke nuus gepubliseer word. Dit laat my dink aan my seun wat omtrent so 10 jaar oud was en n visgraat ingesluk het en ons gedink het dit het in sy keel vasgesit. Hy is teater toe sodat hulle onder narkose kon kyk waar die graat sit en dit toe sou uithaal. Ek was in die teater toegelaat en hulle het my nie voorberei op wat ek toe sou ondervind terwyl n kind onder narkose gesit word. My seun se ligaampie het begin ruk soos iemand wat epilepsie het. Ek probeer hom kalmeer sodat hy kalm raak en die narkotisier se toe vir my dis normal want dit gebeur met alle kinders wat klein is en onder narkose gaan. Dit was n nagmerrie ondervinding vir my om te weet dis wat met jou kind gebeur as narekose toegedien word. Dit laat my wonder of dieselfde met die dogtertjie gebeur het??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.