Dringende afsonderingsperiode in Auckland ingestel

(Argieffoto: Unsplash)

Jacinda Ardern, die eerste minister van Nieu-Seeland, het ʼn drie dag lange afsonderingsperiode in Auckland aangekondig ná drie Covid-19-gevalle in die gemeenskap aangemeld is.

Die stad se 1,7 miljoen inwoners is aangesê om van middernag af by die huis te bly wanneer die vlak 3-afsonderingsperiode begin. Alle skole en ondernemings, buiten noodsaaklike dienste, word gesluit.

Ardern het gesê die afsonderingsperiode is “net ingeval dit een van die Covid-19-variante is wat meer oordraagbaar is en ons met ʼn hoë graad van versigtigheid moet optree”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harry ·

En dan kla en huil SA mense oor ons reels, so hou op moan en doen wat vir julle gese word……..dra jou flippen masker, was jou hande en ” sosial distance”

OW ·

So praat eerste wêreld bestuur.Afrika is vas aan die slaap.Sal eers wakker skrik as “tea time,lunch, en tjaila tyd” verby is.

Anti-Verkramp ·

Nanny state. Kan in elk geval nie NS met groot lande vergelyk nie, dis ‘n klein landjie met ‘n klein bevolking.

Robert ·

Nou hoe gebeur dit dan in ‘n afgesonderde land wat al maande geen gevalle gehad het nie? Dalk ‘n vrot vis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.