DRK-president se huis afgebrand in beweerde aanval; een dood

Pres. Joseph Kabila (Foto: GCIS/Flickr.com)

Pres. Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se huis is in ʼn beweerde brandstigtingsaanval in die ooste van dié land afgebrand.

Volgens owerhede van die DRK is die hoofhuis op Kabila se plaas by die Musienene-nedersetting gedurende Sondagnag en Maandagoggend afgebrand. Kabila was glo nie tuis tydens die voorval nie, maar ʼn veiligheidswag het glo in die vlamme doodgebrand.

Die DRK gaan gebuk onder erge geweld nadat Kabila geweier het om uit te tree, dít ten spyte daarvan dat sy termyn in 2016 geëindig het.

Van dié geweld sluit grusame gevegte in wat uitgevoer word deur die sogenaamde Ugandan Allied Democratic Forces (ADF)-groep – ʼn rebelliegroep wat baklei vir grond en minerale hulpbronne.

Die DRK en die Ugandese weermag het verlede week ingetree om die situasie te probeer kalmeer.

Meer inligting oor die voorval by Kabila se huis is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tyd ·

Daar is ‘n tyd om te kom maar nie om te gaan, nogal wyd versprei in Afrika.

Piet ·

Kabila se pa wat eers president was neem die land in ‘n staatsgreep oor en jaag die ander diktator Mobuto Seseseko weg met geweld. Kabila sterf later van ouderdom en sy seun neem ewe demokraties by sy pa oor, maar nie voor hy die land se naam verander het van Kongo na die “Demokratiese Republiek van die Kongo”. Sal dalk n goeie ding wees as iemand vir hulle vertel wat damokraties beteken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.