Dronk eekhoring saai verwoesting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Eekhoring, wat vermoedelik besope was, het groot skade aangerig by ʼn privaatklub.

Sam Boulter (62), sekretaris van die Honeybourne-spoorwegklub het gesê hy het aanvanklik gedink iemand het by die klub se saal, in Worcestershire in Engeland, ingebreek toe hy die gebreekte bottels en gemorste bier sien.

Hy het egter net daarna gesien hoe die eekhoring agter ʼn boks skyfies uitstrompel.

“Hy het moontlik oor die kroeg se pompe geloop en een van die krane oopgedraai,” het Boulter bygevoeg. “Hy het seker op die handvatsel gehang en van die bier gedrink.”

Boulter reken het hy ongeveer £300 se skade opgedoen.

Hy het uiteindelik die eekhoring gevang en uitgelaat.

Lees meer: Western Daily Press, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre Celliers ·

Party ‘Koring jou doring! Daar word jy toe ge-koring!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.