Druk op Poetin neem toe

Foto: Lede van Pussy Riot loop onder die rottang van ‘n Kossak-veiligheidsbeamte deur tydens die Olimpiese Winterspele in Februarie in Rusland. Foto: AP

Foto: Lede van Pussy Riot loop onder die rottang van ‘n Kossak-veiligheidsbeamte deur tydens die Olimpiese Winterspele in Februarie in Rusland. Foto: AP

Terwyl ‘n stille anneksasieproses van die ooste van Oekraïne deur Rusland so ongesiens moontlik voltrek word, verloop dinge nie voor die wind vir pres. Wladimir Poetin van Rusland nie.

Beperkende maatreëls teen veral sy vertrouelinge word al strenger, die weermag van Oekraïne is geleidelik besig om gebiede by die rebelle af te neem, en Poetin word deur wêreldleier op wêreldleier gebel en oor die kole gehaal oor die neerskiet van ‘n Maleisiese passasiersvliegtuig.

Die oorname van die rebelle-besette gebiede word onder meer weerspieël deur die proses waar die leierskap van die rebelle met mense vervang word wat van Rusland self kom. In die jongste verwikkeling het Igor Borodai, leier van die separatiste in die “volksrepubliek Donesk” vir Wladimir Antjoefejev (63) as adjunk-premier aangewys. Borodai self het na Rusland vertrek en die regering is die hande van Antjoefejev gelaat. Soos Borodai is Antjoefejev gebore Russe, en Antjoefejev het nog vir Rusland in die Tsjetsniese oorlog en verskeie ander konflikte geveg.

Swaar bewapende Russiese “vrywilligers” kom oor die grens om die rebelle te steun.

Van die uitgeskuifde “inheemse” leiers blaker nou ook lustig uit hoe die vurk in die hef steek, en bevestig onder meer dat die rebelle oor die tipe wapentuig beskik wat Vlug MH17 van Malaysia Airlines sou kon neerskiet.

Druk op Rusland neem egter ook vanuit ander oorde toe. Die VSA beskuldig Rusland daarvan dat hy ‘n kruisermissiel, wat kernplofkoppe dra, getoets het in stryd met die ooreenkoms tussen Rusland en die VSA.

Intussen het die permanente hof van arbitrasie in Den Haag gelas dat Rusland $50 miljard kompensasie betaal aan die aandeelhouers van die genasionaliseerde oliemaatskappy, Yukos. Rusland sal na verwagting appèl aanteken.

Byna as ‘n kantlyn-aantekening het twee lede van die popgroep, Pussy Riot, elk ‘n eis van €130 000 by die Europese hof vir menseregte teen die Russiese staat ingedien. Hul eis spruit voort uit die gevangenisstraf wat hulle in ‘n strafkamp moes uitdien.

Bron: Verskeie berigte van Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MM Wiese ·

Die agter die Amerikaanse regering sal teen enige koste n oorlog teen Rusland begin . Lees bietjie oor “false flag operations” tot dusver ,.wat onlangs gedeklassifiseerd is . Bekyk die vliegramp beeldmateriaal onder n vergrootglas , dis duidelik deur ateljees voorberei . n Hele afdelingswinkel se mannekyne . Nou moet die hele wereld se publiek daarby betrek word . Net soos al die vorige konflikte , n “banksters war” Oorloe van die bankiers . Putin , se’ hy en ander hou van cash en kontant Nie die $ nie .G;H;I;J-ew York hou nie daarvan nie . Danie 11:44 Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref..

Paplepel ·

MM Wiese, jy brabbel.
Jy moet altyd onthou, net omdat jy hulle nie kan sien nie, beteken nie dat hulle nie uit is om jou te kry nie….

MM Wiese ·

En hier dag ek niemand lees dit nie . Die Russe of die virusse ? . Kennis is mag Fraulein , Jy moet altyd darem net n bietjie meer weet as jou opponent . Altyd . Ons word ore aangesit omdat ons dinge nie weet nie . Soos nommer een , Wie is ons ? Isa_5:13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors. Hoe’s burgerskap deesdae ? Pro_24:14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
Die “hulle ” bring hier en daar n enkel een om ,(wat belangrik genoeg is) , die res , soos Paplepel , en ons ,… massas . O , en laat jou hare eerder groei , sal goed lyk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.