Druk word al meer vir Theresa May

Britse eerste minister Theresa May verlaat ʼn mediakonferensie by ʼn EU-beraad in Brussel op 22 Maart 2019. (Foto: Frank Augstein/AP)

Theresa May, die Britse eerste minister, is onder toenemende druk van haar eie party om óf te bedank óf ʼn datum bekend te maak wanneer sy sal bedank in ʼn poging om Brexit te red.

Britse media berig wetgewers glo May se uittrede sal help om steun vir ʼn Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie te werf. Senior lede in die Konserwatiewe Party het May aangemoedig om haar verswakte politieke posisie te erken en die tuig as eerste minister neer te lê.

Daar was tot dusver egter nog geen aanduiding vanuit Downingstraat dat ʼn bedanking op die horison is nie.

May kon tot op hede nie daarin slaag om genoeg steun in die parlement te kry vir die onttrekkingsooreenkoms wat haar regering en die EU laat verlede jaar aangegaan het nie. Wetgewers het twee keer teen die Brexit-plan gestem en May het die moontlikheid geopper om die ooreenkoms ʼn derde keer terug te bring indien genoeg wetgewers gewillig is om hul stemme om te keer.

Die Verenigde Koninkryk se onttrekking aan die EU was veronderstel om op 29 Maart te gebeur, maar in die lig daarvan dat daar steeds nie saamgestem kan word oor die onttrekkingsooreenkoms nie, het May verlede week die leiers van die 27 oorblywende lede-nasies vir uitstel gevra.

Die leiers het May se versoek dat die sperdatum na 30 Junie geskuif word, verwerp, maar wel ingestem dat Brexit tot 22 Mei uitgestel kan word indien die eerste minister die parlement kan oorreed om die ooreenkoms wat twee keer vantevore verwerp is, te steun.

Indien May nie genoeg steun vir die onttrekkingsooreenkoms kan werf nie, het die Europese leiers gesê Brittanje het net kans tot 12 April om te kies tussen die EU verlaat sonder ʼn ooreenkoms, ʼn radikale nuwe pad soos om die besluit om die EU te verlaat te herroep of om nog ʼn kieserreferendum oor Brexit te hou.

Die parlement sal na verwagting ʼn reeks stemprosesse in die komende week hou om te bepaal watter voorstelle, indien enige, het die meerderheidsteun.

Konserwatiewe Party-wetgewer George Freeman het Saterdagaand getwiet die VK kort ʼn nuwe leier voor die Brexit-proses kan vorder. “Ek is bevrees dit is heeltemal verby vir [die eerste minister]. Sy het haar bes gedoen. Maar oral in die land kan jy die woede sien. Almal voel verraai,” het Freeman getwiet.

“Dit kan nie so aangaan nie. Ons kort ʼn nuwe eerste minister wat kan uitreik en ʼn nuwe tipe koalisie vir ʼn Plan B bewerkstellig.”

ʼn Beeld van Britse eerste minister Theresa May word deur Trafalgar-plein getrek tydens ʼn teen-Brexit-optog in Londen op 23 Maart 2019. (Foto: Tim Ireland/AP)

Volgens die Konserwatiewe Party se reëls kan May se leierskap nie weer formeel uitgedaag word vanuit haar eie party nie, aangesien sy drie maande gelede ʼn mosie van wantroue oorleef het. Sy kan dalk egter oortuig word dat haar posisie onuithoudbaar geraak het indien kabinetsminister en ander senior party lede hul rug op haar draai.

Haar pogings om hernude steun vir haar onttrekkingsplan te werf het tot dusver nie geslaag om die steun van noordelike Ierland se Democratic Unionist Party te werf nie, ʼn party wat gewoonlik noodsaaklike stemme vir May se minderheidsregering bied.

Intussen is May ook onder toenemende druk van groepe wat eis dat ʼn tweede Brexit-referendum gehou moet word. ʼn Groot skare het Saterdag opgeruk na ʼn teen-Brexit-optog in Londen. Organiseerders beweer meer as ʼn miljoen mense het aan die optog deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Meanie ·

Die ander 27 lande van die EU het dit duidelik gestel dat hulle geen wysiging aan die plan gaan aanbring nie. Indien hulle wel besluit om geringe wysigings aan te bring, sal dit minimaal wees en as ‘n laaste uitweg. UK sal dit so aanvaar en die eerste minister sal dieselfde dag haar bedanking indien. Maar die britte gaan tot einde Mei moet wag vir die verwikkelinge.

Waarheid ·

Ons is ook al verraai deur n president en ken die gevoel.Onthou julle de klerk en roelfie?

Cherokee ·

Nie roelfie nie maar bloot meyer. Verdien geen vertroeteling nie.

tienie ·

Wie sal ooit die wigte en teenwigte vergeet.Ons vra net n mandaat om te onderhandel.Ons Ons sal altyd hier wees.

Ellisras ·

Die gemiddelde Brit het nie ‘n idee gehad waarvoor hul gestem het met die Brexit referendum. Hoekom anders het so baie ge Google : What is Brexit na die referendum. Die Politici het blatant vir die kiesers gelieg. Dit wat vir die kiesers voorgehou is, was nie wat hul nou sien gebeur nie.

Hartenbos ·

Die gemiddelde Brit het nie ‘n idee van enigiets nie.

Johan ·

Dit was nie net n optog teen Brexit nie, maar een teen demokrasie. Tipies wanneer liberale nie hulle sin kry nie

Andreas ·

Dié een van Engeland word met ‘n welige digte bos wit hare, ‘n lang gepunte neus, wrede oë en groot tande uitgebeeld, maar as ons die een van Suid-Afrika met lang dun ore wat aan die punte gerond en die gesig van groen is, uitbeeld, word dit gesensor, en name, soos bv ‘n ‘troetelnaam’ is taboe.

Pieter ·

Ek verstaan nie so lekker nie. Het die souties dan nie vir brexit gestem nie ? Hoekom dan nou die bohaai ? Of het hul nou hul fout agtergekom en antie Theresa moet die skuld kry ?

Johan ·

Liberale wereldwyd dieselfde. Huil as hul nie hul sin kry nie

Marthinus Willemse ·

As ek reg onthou, was Theresa May gekant teen Brexit. Sy is eintlik baie dapper, deur die demokraties-gekose ‘Ja’ te bestuur, en te sorg dat die demokrate se reg geskied.

Miskien moet hulle by BRICS aansluit.
Dan is Engeland dadelik deel van die drie goot ekonomieë en weermagte China, Rusland, Indië, met Rusland as die wêreld se grootste kernmoondheid. Tussen SA en Rusland is hulle deel van die grootste natuurlike hulpbron-lande op die planeet. Die BRICS-ontwikkelingsbank vervang die IMF en Wereldbank. ensovoorts

Dries du Toit ·

Jaaa die britte moet weer n referendum kry. Dit wil voorkom dat hulle nie besef het wat vir hulle voorle na Brexit nie. Wens ons kon ook weer n kans he om te besluit hoe De Klerk en sy leuenaars ons bedrieg het

Leser ·

Sy het mos onlangs baie baie geld aan ramapaddapot ook belowe vir “sy mense”
So ek voel n veer vir May.

Anneli ·

Johan slaan die spyker op die kop. Die liberales wil nog ‘n referendum hê en waarskynlik nog een todat hulle met die hulp van hoofstroom media die uitslag kry wat hulle wil hê. Soveel respek het hulle vir demokrasie…………………,,
Brittanje het hul tyd gemors met onderhandelinge want die EU wil nie dat Brittanje onttrek nie. Die EU kan eenvoudig nie sonder Brittanje se geld nie. Geen ooreenkoms sal vir hulle werk nie.
Mevr May was ook ‘n “ remainer” wn te lig in die broek vir die geslepe Juncker en Garnier.
Eintlik, om regtig die uitslag van die referendum te eer, moet Brittanje sonder ‘n ooreenkoms die EU verlaat.

Adam ·

Interessante ooreenkoms tussen die SA referendum en die Brexit een. In Brittanje word teen die verwagting in vir Brexit gestem, Cameron bedank en gee ‘n “hospital pass” vir May wat hom opvolg. In SA stem die meederheid “ja”, De Klerk vergeet die res van sy voornemens en soek op ‘n opportunistiese wyse ‘n ander skuilplek. In beide gevalle was dit op ‘n demokratiese wyse gedoen en in beide gevalle word die demokrasie verkrag. Hoe op aarde die Britte wil aandring op ‘n tweede referendum is om van naar te word: Hoe op aarde kan jy vir kiesers laat verstaan dat jy weer moet stem omrede jou eerste poging “verkeerd” was. Uiters ondemokraties en duidelike bewys dat dit nie net in Afrika is waar demokrasie nie verstaan word nie.

Akademi Buktu ·

Die hele petalje bewys ook iets wat ek nog in geen kommentaar waar ookal gelees het nie. Die EU wat baas speel oor ‘n lidland wat nie meer deur hulle gemanipuleer wil word nie. Hoe dan nou met China et. al. se baasspeel oor die SA situasie? Dis dan seker maar OK?

trucebob ·

Ek geniet elke oomblik van die engelse se huiwering.Het jy al ooit so impotente ou volkie teegekom?
Is dit dieselfde mense wat ń ‘Empire’ gebou het? Wat het van ‘Rule Britannica’ geword?

DelaRey ·

Reg opgesom Anneli.

Wes Europa se geskiedenis en vooroordele gaan baie ver terug. Theresa May het met baie deursettingsvermoé probeer om ‘n goeie ooreenkoms te beding. Die EU het egter meer mag as Brittanje in dié onderhandelinge en wil ten alle koste die EU in stand hou. Enige land wat die EU sou wou verlaat moet dus gestraf word.

Interressant genoeg blyk dit dat baie van die senior EU onderhandelaars Frans is. En die Franse en die Engelse was nog nooit lief vir mekaar nie.

Macron is ook die grootste voorstander van die EU ten spyte van die “yellow vest” protes en tot 40% van gewone Franse wat in ‘n peiling wat laasweek gedoen is te kenne gee dat hulle ‘n geweldadige rewolusie ondersteun ten einde ‘n totale verandering aan hulle politieke bedeling te weeg te bring. Eintlik is dit maar net gewone mense wat siek en sat is vir die liberale globalistiese elite wat immigrante laat instroom en toelaat dat China al die beter werksgeleenthede na die Ooste toe migreer. Dit beteken dat dit so sleg gaan met die gewone Fransman dat hy geweld as ‘n opsie sien.

En so polariseer die Weste al meer.

Vir die van u wat vertroud is met Siener van Rensburg se visioene. Daar is heelwat oor geskryf met onlangse gesaghebbende publiekasies en dit lui dat daar in die “verre toekoms” ‘n rasse polarisasie in die Weste is en dan burgeroorlog en hongersnood in Brittanje…!

Sterk staan en vertrou Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.