Drukkies vir die ruimtemanne

media_xl_2285057‘n Nuut-ontwerpte ruimtepak is só ontwerp dat geliefdes tuis vir die ruimtereisiger in die Internasionale Ruimtestasie, drukkies kan stuur.

Wanneer die persoon op aarde ‘n knoppie druk, blaas ‘n deel van die ruimtepak styf wat ‘n drukkie baie getrou naboots. Dié unieke ruimtepak het pas Nasa se International Space Apps Challenge gewen.

Die maatskappy wat die prys gewen het, Unlimited Theatre Company, hoop dat die ruimteman, Tim Peake die ruimtepak sal kan dra wanneer hy in 2015 na die IRS reis. Peake het die maatskappy met advies bygestaan in die ontwerp van die pak.

In die toekoms beoog die maatskappy om ook ‘n 3-D-drukker in die pak in te bou, enersyds dat die ruimteman vir homself gereedskap kan druk, maar andersyds dat familie op aarde vir om geskenke kan “stuur”.

Die ruimtepak het ook ‘n toestelletjie wat die draer op die hoogte hou van die weerstoestande by sy huis op aarde.
Tuis sal die mense ‘n liggie hê wat sal aangaan as die IRS oor hulle vlieg.

Meer in die Mail Online kan hier en Trouw hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.