Dubai gaan “jetpacks” kry vir brandbestryding

Een van die "jetpacks" word vertoon Foto: Gizmag

Een van die “jetpacks” word vertoon Foto: Gizmag

Dubai se departement van burgerlike beskerming het ’n memorandum van verstandhouding met Martin Aircraft Company gesluit om 20 stralerpakke (“jetpacks”) en twee opleidingsimulators te lewer. Die ooreenkoms sluit opleiding in.

Die idee is om die stralerpakke te gebruik vir brande en ander noodgevalle in die land se talle wolkekrabbers. Die stralerpakke wat bestel is, kan vragte van tot 120 kg dra, en kan ook deur afstandbeheer hanteer word, berig Gizmag.

In ’n vroeëre uitgawe van Gizmag is berig dat die firma Jetpack Aviation sy nuutste model op skouspelagtige wyse bekend gestel het waar die vlieënier om die Statue of Liberty in New York gevlieg, en ook voor die standbeeld gaan stil hang en gesalueer het. Hierdie tuig bied sowat 10 minute vliegtyd en kan baie hoog en vinnig vlieg. Dit is baie meer kompak as die model van Martin Aircraft Company maar is nog nie kommersieel beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Die eerste wat by my opkom is die avontuur in die een wat die ding moet vlieg. Hoogtevrees, bang haar op die kop en gebrek aan behendigheid sal jou beslis laat dop.

Piet ·

Baie interresant en eenvoudig die werk van die jetpakke.watestofperoksied wat met aanraking van silwer in groot volume superverhitte stoom omskakel en so die dryfmedium verskaf?

Gerhardt ·

Die 120kg is bietjie min vir ‘n “fris’ boerseun wat nie ‘bant” nie. Ek dink net hoe red jy iemand as die ding so min kg kan dra?

Flippie ·

Ek wil so ding hê!!!

Dink net ek kan gou oor Nkandla flits voordat ek vlugtig voor Zuma se kantoorvenster gaan hang om in vingertaal die boodskap aan hom te stuur.

Sune van Heerden ·

Dagsê Koos

Dankie! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eddie ·

Vrek ek soek so een. Sal lekker peak traffic mis werk toe en terug.

SNEL ·

Wel, daai stralerpakke wat net 120kg kan dra, gaan beslis nie vir n boerseun wat hou van gebraaide aartappel, biltong en koeksisters werk nie, daai stralerpak gaan met n boerseun in hom net op die grond straal en geen persoon sal uit n hoë gebou gehelp kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.